DA kap regering oor chemiese storting in KZN

Giftige stowwe het in die see beland nadat die aanleg tydens die oproer aan die brand gesteek is. (Foto: Carol Booth/Facebook)

Die Demokratiese Alliansie sê hy neem met kommer kennis van die uitslag van ʼn verslag oor die UPL- chemiese ramp. Dié ramp het vroeër vanjaar tydens die pro-Zuma-betogings plaasgevind toe die UPL- chemiese aanleg in Cornubia in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek is.

Groot hoeveelhede giftige chemikalieë is in die plaaslike vleilande en atmosfeer vrygestel en dit het ernstige omgewingskade tot gevolg gehad.

“Die verslag het bevestig wat die DA nog al die tyd vermoed het: dat die plaaslike en provinsiale ANC-geleide regerings in KwaZulu-Natal versuim het om seker te maak dat die regte prosedure gevolg word om seker te maak die giftige chemikalieë word veilig gestoor in ʼn omgewingsensitiewe gebied,” sê Dave Bryant, die DA se woordvoerder oor omgewingsake. “Die verslag bevestig dat die UPL nie vooraf die vereiste omgewingsgoedkeuring of beplanningstoestemming bekom het vir die fasiliteit om oop te maak nie.”

Bryant sê die verslag wys opnuut hoe ANC-geleide regerings oor die land heen nie in staat is om die basiese dinge te doen nie. “Ongelukkig sal daar ook nie enige direkte aanspreeklikheid wees vir die ANC-politici wat hierdie regerings lei nie en hulle sal óf in hul posisies aanbly óf bloot elders ontplooi word.”

Hy sê die realiteit is dat die katastrofiese skade aan die Umhlanga-omgewing die gevolg is van nóg ʼn ANC-mislukking wat nie omgekeer kan word nie.

Die gebied waar United Phosphorus Limited (UPL) geleë is

Maroela Media het vroeër berig United Phosphorus Limited (UPL) kan moontlik aanspreeklik gehou word. Groot hoeveelhede onkruiddoders, swamdoders en plaagdoders het in Julie vanjaar in die see beland toe oproermakers onder meer die UPL-aanleg in Durban aan die brand gesteek het.

Die storting het sedertdien tot die vrekte van duisende visse en ander seediere langs die kus van Umdloti en Umhlanga gelei.

Luidens die verslag word ʼn hele ekosisteem, nie net in die omgewing van die UPL nie, maar ook etlike kilometers noord van die monding van die uMhlanga -riviermond, ernstig geraak deur die chemiese storting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
annie

… en wie sou uiteindelik die gifstowwe gebruik, waar en waarvoor? Mens eis om te dink dat mens en dier dié middels inkry en hoeveel plante en visse moet vrek om geldgieriges se onthalwe. Soortgelyke onwettige store was in Libanon en… wat ‘n ramp. Daar is regtig nie hoop op beterskap onder die ANC se swak en sluwe kaders se kamma-bestuur nie.

Chris dupreez

En dit onder die neus van madam kopdoek wat daar bly.

Suzette

Die regering gaan hulle beslis nie aan die DA steur nie……

Belinda

Ek wonder maar net…. hoekom sulke tipe ondernemings in elk geval so naby aan die see of enige ander natuurlike bronne vestig as mens weet wat die risiko’s kan wees sou so iets gebeur?
Dink mense nie bietjie verder nie?
Eks seker as dit meer binnelands was sou daar nie so probleem gewees het nie, nou moet die dierelewe lei omdat die mensdom te simpel is om verder te dink.
Of het hul stilletjies in elk geval sulke chemikalies in die see gestort sonder dat ons agterkom?

JohanR

Another successful ANC story…..