DA kap regering oor Oos-Kaapse polisiereserviste

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die DA het Maandag sy skok uitgespreek oor die provinsiale departement van veiligheid en sekuriteit in die Oos-Kaap se onthulling dat slegs sowat 15% van polisiereserviste in die provinsie vuurwapenbevoegdheidsopleiding ondergaan het.

Bobby Stevenson, skadu-LUR van veiligheid en sekuriteit, het Maandag gesê dit beteken slegs 136 uit 2031 polisiereserviste kan gebruik word vir patrollies. “Enige regering wat ernstig is daaroor om misdaad te bekamp, sou alles in hul vermoë gedoen het om alle moontlike polisiehulpbronne te benut,” het Stevenson gesê.

Volgens Stevenson het Weziwe Tikana, die Oos-Kaapse LUR vir veiligheid en sekuriteit, onlangs in ʼn parlementêre reaksie onthul 1 895 polisiereserviste moet nog hul vuurwapenbevoegdheidsopleiding voltooi. “Reserviste sukkel al twee jaar lank om hierdie noodsaaklike opleiding te ontvang. Mense het onlangs sewe dae kennis gekry om ʼn weeklange opleiding in Graaff-Reinet by te woon. Dit is baie moeilik vir mense wat ook voltyds werk,” het Stevenson gesê.

“Mense moet die keuse kry om in die aande opleiding te ontvang waar geriewe beskikbaar is. Vrywilligers moet behandel word met die respek wat hulle verdien.”

Stevenson het beklemtoon hoë polisiesigbaarheid kan misdaad met tot 40% laat afneem. Daarenteen het vier uit tien huishoudings in die Oos-Kaap in ʼn onlangse opname aangedui hulle het nog nooit ʼn polisiebeampte aan diens in hul woonbuurt gesien nie, het hy gesê.

“Alle beskikbare hulpbronne moet deur die SAPD aangewend word om misdaad effektief te beveg,” het Stevenson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Veritas ·

Dit behoort ‘n voorvereiste te wees wanneer enigeen as polisiereservis gebruik word. Dit is soos om ‘n diepseeduiker aan te stel wat nie kan swem nie.

Max ·

Hulle stel die ou wat nie kan swem nie aan sa n diepseeduiker-instrukteur !

MM ·

Dit was altyd verpligtend gewees. Ek was ‘n reservis in Pta gewees en het ‘n verpligte 3 maande funksionele kursus gedoen waarvan die hanteering en skiet ‘n vereiste was. Jy kan al jou eksamens met lof slag, maar as jy jou vuurwapen prakties druip, dan druip jy die hele krusus,
maar nou ja dis mos die nuwe SA. Ons was gekeur, vingerafdrukke, medies en natuurlik jou gewig ook. Jy was vir ‘n sekere tyd in die aanklags kantoor gewees en jy moes jou wyk 200% ken voor jy toegelaat was om buite op ‘n voertuig te werk.

Johann Marx ·

Die doodstraf word nog gereeld in SA toegepas. Gaan lees maar net die koerant. ‘n Regter, met jare se ondervinding, genoeg tyd om ‘n saak aan te hoor, al die bewyse wat daar is, en hulp van assistente, mag NIE die doodstraf uitspreek nie. Maar ‘n jong konstabel met ‘n vuurwapen kan om ‘n hoek stap, ‘n man sien wat oor ‘n lyk buk nadat hy die vuurwapen opgetel het wat daar lê, in ‘n split sekonde die situasie “verkeerd” opsom…..sy vuurwapen uithaal en die bukkende persoon onmiddelik verhoor, (verkeerdelik) skuldig bevind, vonnis en die doodsvonnis voltrek. Is dit nie skrikwekkend nie?

Anoniem ·

Presies Johann. Maar dis net die begin van erger dinge wat ons piesang republiek gaan tref. Wees paraat ten alle tye as jy jou lewe lief het.

GES ·

Johann dit is verskriklik maar ongelukkig ‘n realiteit. Hierdie situasie het ook baie newe effekte soos onbetrokkenheid. Ek moet erken dat as ek op ‘n misdaadtoneel afkom ek eerder sal padgee om nie betrokke te raak nie. Dit het met verskeie mense wat ek ken al gebeur dat hulle ook op die toneel gearresteer word en baie duisende Rande aan regskostes moes spandeer om hulle onskuld te bewys.

Johannes Meintjes ·

… en wat doen al die slim burgers? Is jou buurt se Buurtwag en GPF ten volle funksioneel? Is jou SAPD streek se Reserviste korrek ge-administreer … of klink ons almal net baie slim op die gerieflike kantlyne van sosiale media?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.