Die DA sê hy neem kennis van mediaberigte dat Tshepo Mhlongo, DA-LP, hom volgens EFF-LP’s tydens ʼn virtuele parlementêre sitting in ʼn drankwinkel bevind het, eerder as tuis voor sy rekenaar.
Die DA het Vrydag in ʼn verklaring erken Mhlongo was nie voor sy rekenaar nie, maar sê hy was “net” in ʼn kruidenierswinkel en nie ʼn drankwinkel soos wat die media en EFF beweer nie.
Maroela Media het vroeër berig oor ʼn video van die virtuele parlementêre sitting wat wys hoe eerw. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, aan die woord is in die Nasionale Vergadering. Die selfoonkamera van een van die LP’s gaan dan vir ʼn oomblik aan en dit lyk of die betrokke LP homself in ʼn drankwinkel bevind. Die video word dan oomblikke later kortgeknip. Die LP is as Mhlongo identifiseer.
“Mhlongo is nou gedwing om sover te gaan as om ʼn beëdigde verklaring af te lê as bewys dat hy nie in ʼn drankwinkel was nie,” lui die verklaring.
Natasha Mazzone, die DA se hoofsweep, sê die party regverdig nie die feit dat Mhlongo die virtuele sitting nie met volle aandag bygewoon het nie. “Dit is om hierdie rede dat Mhlongo behoorlik berispe is voor die parlementêre koukus van die DA, waar hy om verskoning gevra het vir die swak beeld wat hy na die publiek uitgedra het.”
Die DA het gesê hy is “teleurgesteld” dat die media hieroor berig.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Hiekom is die DA teleurgestel dat daaroor berig word die waarheid moet mos uit
‘n Beëdigde verklaring? Hy het mos ‘n strokie gekry by die kruideniersware winkel, hy kan dit mos toon as bewys.
Die eff en acdp is ook nie by vergadering nie want hulle hou ander dop in plaas van werk. Die parlement is n grap vir almal behalwe vf÷!
Die DA is teleurgesteld… ?? Oor dat die LP uitgevang is dat hy nie sy werk doen nie?
Ons wens media wil plaasaanvalle so berig en eff skip en die rasiste.