DA kap terug oor Zille se oorsese reise

helen-zille-da-op-flickr

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap en voormalige leier van die DA. Foto: DA/Flickr.com

Die DA het aantygings dat Helen Zille, Wes-Kaapse premier, se reise na Thailand en Viëtnam ʼn vermorsing van openbare geld is, verwerp.

Dié reis het glo meer as R500 000 beloop. Opposisiepartye het Zille Dinsdag geroskam oor die reise aangesien dit volgens hulle “geen ekonomiese voordele” vir die provinsie inhou nie.

Zille het vroeër vanjaar ook na Londen gereis om ʼn onderwyskonferensie by te woon. Sy het na Singapoer en Ghana gereis om handelsmoontlikhede te ondersoek.

“Ons sien byna elke week hoe die premier oorsee reis en ons weet nie hoekom sy dit doen nie,” het Pierre Uys, ANC-hoofsweep, gesê.

“Daar is min waarde aan die reise, ons sien baie min ander LUR’e wat sulke geleenthede bywoon en dit word altyd deur Wesgro gereël. Dit is duidelik daar is nie waarde daarin vir landsburgers nie, dit is ʼn totale vermorsing van geld,” het Uys bygevoeg.

Ferlon Christians, provinsiale leier van die ACDP, het gesê: “As ons nie nuwe handelsooreenkomste teken en werk skep nie, hoekom gaan die premier so baie oorsee? Ons het handelsooreenkomste nodig om nuwe werksgeleenthede te skep.”

Die DA het egter gesê die aantygings van die ANC en die ACDP is ongegrond.

Daylin Mitchell, DA-lid van die provinsiale regering en die voorsitter van die staande komitee van die premier, het gesê die aantygings is “goedkoop pogings tot politieke sabotasie deur opposisiepartye wat desperaat is om almal se aandag af te trek van die feit dat die Wes-Kaap die provinsie is wat die beste presteer in Suid-Afrika.”

Volgens hom is Zille se internasionale teenwoordigheid verantwoordelik vir onder meer die volgende suksesse in die Wes-Kaap: Beleggings van nagenoeg R10 miljard in dié provinsie oor ʼn strekking van die afgelope vyf jaar wat 6 500 werksgeleenthede geskep het, dat Kaapstad aangewys is as een van die topstede vir buitelandse beleggings, die ondertekening van Halaal-uitvoerooreenkomste ter waarde van R110 miljoen tussen die Wes-Kaap en Senegal en ʼn toename van 18% in internasionale toeriste wat die provinsie ʼn hupstoot van R18 miljard gegee het.

Mitchell voer aan dit is juis die DA se handelsmerk van skoon, korrupsielose regering wat potensiële beleggers aantrek om in die Wes-Kaap te belê. “In ʼn regering wat 100% skoon oudits vir vier agtereenvolgende jare ontvang het, kan betroubare handelsooreenkomste gemaak word.”

Die DA voer aan Zille se oorsese reise het al bewys dat dit internasionale reusebeleggings in die Wes-Kaap tot gevolg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ada ·

Lyk my die DA is nou weer dik pelle met Zille – sy moes haar innerlike opinies oor kolonisasie oorboord gooi om by die DA se siening in te pas. Sy moes haar siel verkoop om maatjies met hulle te bly. Nou is hulle weer beste maatjies en sy het alle respek verloor. Hoe desperaat wil jy nou wees. Sy vergeet dat indien jy nie meer respek afdwing nie – jy waarklik niks het nie.

Karma ·

Pierre Uys (jou verloopte blanke Afrikaner) – R500 000.00 is maar ‘n druppel in die emmer vergeleke met R246 000 000.00 (waarvan die R7 800 000.00 wat Jay-Zee moes terugbetaal het, ook seker nooit sal gebeur nie).

En wat van missus Faith en al haar 30 fêmilie-lede wat so lekker op die belastingbetaler se onkoste rondrits “Cape Town” toe net om haar geliegtery in die Parly oor te hoor? Wat daarvan, huh?

Karma ·

‘Skuus julle, toe sit ek sommer maar nog 3 nulle by die bedrag wat Jay-Zee van ons belastingbetalendes gesteel het: dit moet lees R246 000.00.

Susan ·

Nee wat Ada, jy is nou hopeloos te krities. Sy is ‘n vrou wat baie vir Suid Afika beteken en veral die Wes Kaap. Moet nou nie saam met die opposisie haar prober afbreek nie. Sy doen goeie werk.

LoL ·

Ou mense hou van toere en vakansies ……ek gun dit vir enige iemand

14/88 ·

Pierre Uys die verswakte Afrikaner wat hom skaar by die kriminele “cartel” organisasie van die ANC. Wie het nou regtig tyd om te luister na sy dubbel standaard opinies.

Magda ·

Nes die mammas wat langs die kantlyn staan en probeer om hulle kinders te leer om sport te doen wat hulle nog NOOIT een oomblik self gespeel het nie. Whoop whoop!! Het JY al ‘n party gestig in SA? wat praat nog van die een wat nou hardloop vir die wen? Ag eintlik geweet wat jou antwoord is. DA was niks sonder Hellen Zille nie, en sy het nie een wat vandag in haar ou skoene staan, nodig gehad om van zero tot hero party te stig nie.

MM ·

Ag ou Uysie – vertel hoeveel word jy onder die tafel betaal om nou dit oor Zille te vra toe – en as daar gekyk moet word na geld besteding – kom geen ander Land se presie bo aan die lys as ons eie presie nie – miskien moet jy daar begin ondersoek instel en vir onse zille uitlos – kyk hoe goed gaan dit in die Wes Kaap en hoe bitter sleg gaan dit in die ANC provinsies – Dit is waar die problem le jong – jy is duidelik op verkeerde pad – jou verraaier.

Anika ·

ANC – vee eers voor julle eie deurtjie …. “jealousy makes you nasty” !!!!

Bernard ·

Ek is NIE ‘n DA-ondersteuner nie maar sovêr ek kan sien doen sy uitstekend in die Wes Kaap en vandat sy daar in beheer is word alles net beter en beter. Ten minste is daar nie sulke openlike korrupsie soos in die res van Suid Afrika nie en probeer hulle die provinsie regeer na die beste van hulle vermoë. Wat ‘n plesier om in die Kaap vakansie te gaan hou.
Doet so voort Helen en Kie……….

Johanna Botha ·

Sy lok besigheid na Kaapstad …en dit gaan BAIE meer werd wees as die familie lede wat rondgevlieg word van die anc. Haar pogings werp vrugte af vir die Wes Kaap …so dis tenbate van almal …kan ou Faith van die anc dieselfde se ….NEEE !

Marie ·

Dit gaan mos maar oor ou Uys wat ook nie kan optel nie en sy ou vrot eiertjie moet le. Sy maatjies in die ANC kos die land baie meer. Ek glo regtig nie sy sal Londen Singapoer of Ghana toe gaan vir vakansie nie daarvoor is daar baie lekkerder plekke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.