DA kies nuwe Noord-Kaapse leiers

Harold McGluwa is die DA se nuwe leier in die Noord-Kaap. (Foto: DA)

Harold McGluwa is die nuwe leier van die DA in die Noord-Kaap nadat hy Willie Aucamp en Fawzia Rhoda in die leierskapwedloop verslaan het.

Die vorige Noord-Kaapse DA-leier, Andrew Louw, het uitgetree.

McGluwa is ʼn lid van die provinsiale wetgewer en is die broer van die voormalige DA-leier in Noordwes, Joe McGluwa. Albei broers was prominente lede van die Onafhanklike Demokrate (Patricia de Lille se vorige party) voordat hulle by die DA aangesluit het.

Dr. Isak Fritz, lid van die provinsiale wetgewer, is die onderleier en die drie provinsiale ondervoorsitters is Priscilla Isaacs, Rodney Kritzinger en Elize Niemann.

Die provinsiale finansies-voorsitter is die parlementslid Dirk Stubbe.

Die nuwe leierskap is vir ʼn tydperk van drie jaar verkies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Was ‘n Prominente persoon by Opposissie Party en oorgeloop na DA nou Lrier in die NK.
Ek vertrou nie oorlopers nie jammer

Jaco ·

Darem die “regte” ras vir ‘n verandering. Die DA se gedurige volstop van hulle top poste het my al laat wonder, want dis dan ‘n party wat vir regstellende aksie en BEE gestem het.

Oom Hennie Pennie ·

Enigeiets net om die ANC uit te hou. Welgedaan.

Marcello ·

Moontlik is daar nou hoop vir die inwoners van Kimberley, wat gedurig sonder lopende water is, dit bly net by beloftes en so karring die Solplaaitjie-Munsipaliteit aan !!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.