Die DA se parlementêre koukus van 97 lede het vanoggend sy nuwe leierskorps aangewys, en verandering was aan die orde van die dag.
Mmusi Maimane bly uit hoofde van sy posisie as partyleier ook aan as parlementêre leier. Hy kan uit daardie posisie ook die hoofsweep aanwys, en hy het John Steenhuisen aangewys vir nog ʼn termyn.
Behalwe die hoofsweep in die Nasionale Raad van Provinsies – wat nog aangewys moet word – is al die ander posisies in die DA verkies.
Afrikaanse kandidate en swart kandidate het spesifiek sterk vertoon in die verkiesing, met Jacques Julius van Randfontein – ʼn parlementslid bekend om sy kennis van en aanhalings uit die Afrikaanse letterkunde – wat die sittende adjunk-hoofsweep, Mike Waters, ontsetel het.
Die nuwe voorsitter van die koukus is dr. Annelie Lotriet van Bloemfontein. Sy het Alf Lees geklop. Die nuwe ondervoorsitter is Haniff Hoosen van Durban wat Desiree van der Walt geklop het.
Chris Hunsinger van Malmesbury is onbestrede verkies tot tesourier van die koukus. Cathy Labuschagne van Bellville is herkies as DA-leier in die Nasionale Raad van Provinsies. Sy het gewen teen Jaco Londt.
Tot die DA se 12 swepe is verkies (in volgorde van die hoeveelheid stemme wat hulle gekry het): Natasha Mazzone van Pretoria, Phumzile van Damme van Kaapstad, Erik Marais van Bellville, Solly Malatsi van Polokwane, Geordin Hill-Lewis van Edgemead, James Lorimer van Johannesburg, Chris Hunsinger van Malmesbury, Darren Bergman van Johannesburg, Nomsa Tarabella-Marchesi van Bloemfontein, Annette Steyn van Burgersdorp, Willem Faber van Kimberley en Patricia Kopane van Bloemfontein.
Al die verkose posisies is vir ʼn termyn van twee en ʼn half jaar.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Dit is snaaks hulle het nie n paar van die eff ook in nie die twee partye is dan juis nou so close
Die Afrikaanse kandidate hoort nie daar tussen die voorstanders van kwotas en SEB wat hulle benadeel nie, hulle sal meer tuis voel by die VF Plus.
DA het n ander leier nodig …Muzi is te lig in die broek !
En dis nuus hoekom? Wat gaan hulle doen wat anders is?, wat die DA die afgelope jare NIE vir die minderhede gedoen het nie? Ek weet in my wyk is die DA raadslid so treurig, jy kan met haar toor. So nee wat die DA is te lig in die broek. En vir my gesin, en my self het julle boggerol gedoen. Politiek is mos ‘n lekker werk, jy kry ‘n salaris, al doen jy niks. Dit maak nie saak watter politieke party jy vandaan kom nie, hulle almal is dieselfde, daar om vir hulle eie voordeel te wees, nie… Lees meer »
Klomp almal net daar vir die geld. En te wit!!