DA kies nuwe parlementêre leierskorps

Dr. Annelie Lotriet. Foto: DA/Flickr.com

Die DA se parlementêre koukus van 97 lede het vanoggend sy nuwe leierskorps aangewys, en verandering was aan die orde van die dag.

Mmusi Maimane bly uit hoofde van sy posisie as partyleier ook aan as parlementêre leier. Hy kan uit daardie posisie ook die hoofsweep aanwys, en hy het John Steenhuisen aangewys vir nog ʼn termyn.

Behalwe die hoofsweep in die Nasionale Raad van Provinsies – wat nog aangewys moet word – is al die ander posisies in die DA verkies.

Afrikaanse kandidate en swart kandidate het spesifiek sterk vertoon in die verkiesing, met Jacques Julius van Randfontein – ʼn parlementslid bekend om sy kennis van en aanhalings uit die Afrikaanse letterkunde – wat die sittende adjunk-hoofsweep, Mike Waters, ontsetel het.

Die nuwe voorsitter van die koukus is dr. Annelie Lotriet van Bloemfontein. Sy het Alf Lees geklop. Die nuwe ondervoorsitter is Haniff Hoosen van Durban wat Desiree van der Walt geklop het.

Chris Hunsinger van Malmesbury is onbestrede verkies tot tesourier van die koukus. Cathy Labuschagne van Bellville is herkies as DA-leier in die Nasionale Raad van Provinsies. Sy het gewen teen Jaco Londt.

Tot die DA se 12 swepe is verkies (in volgorde van die hoeveelheid stemme wat hulle gekry het): Natasha Mazzone van Pretoria, Phumzile van Damme van Kaapstad, Erik Marais van Bellville, Solly Malatsi van Polokwane, Geordin Hill-Lewis van Edgemead, James Lorimer van Johannesburg, Chris Hunsinger van Malmesbury, Darren Bergman van Johannesburg, Nomsa Tarabella-Marchesi van Bloemfontein, Annette Steyn van Burgersdorp, Willem Faber van Kimberley en Patricia Kopane van Bloemfontein.

Al die verkose posisies is vir ʼn termyn van twee en ʼn half jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hendrik ferreira ·

Dit is snaaks hulle het nie n paar van die eff ook in nie die twee partye is dan juis nou so close

gert cronje ·

Ek stem n blou t hemp en rooi beret sal nogal snaaks wees

Gert van Wierdapark ·

Johanna DA haal jy as’t ware die woorde so uit my mond uit! He-he-he.

Andreas ·

Die Afrikaanse kandidate hoort nie daar tussen die voorstanders van kwotas en SEB wat hulle benadeel nie, hulle sal meer tuis voel by die VF Plus.

Boerboel ·

Stem saam Andreas. Hulle mors hulle tyd daar by die Blou. Ons nooi hulle na die VF plus . Hulle is seker nog baie verward. Ogies moet nog oop gaan.

TN ·

@ Boerboel __ die VF+ is meer verward maar sorg darem dat mulder en groeneeald nie werkloos is nie !

Cherokee ·

Andreas, kan nie sy naam onthou nie maar ek onthou so deurmekaar haar ou wat, toe hy sien hy word nie (weer) by die DA aangewys as kandidaat nie, het hy omgespring en by die VF+ aangesluit. Dit gaan dus nie oor die beleid maar suiwer oor die inkomste.

Johanna Botha ·

DA het n ander leier nodig …Muzi is te lig in die broek !

Cherokee ·

Dit geld nie net vir Maimane nie Johanna, maar vir die DA as sulks.

Basjan ·

Maimane is ‘n kwota aanstelling (????). Die DA sit met ‘n probleem: Hulle kan nie bekostig om hom weg te laat nie, én hulle kan ook nie bekostig om hom daar te hou nie.

Neewat ·

En dis nuus hoekom? Wat gaan hulle doen wat anders is?, wat die DA die afgelope jare NIE vir die minderhede gedoen het nie? Ek weet in my wyk is die DA raadslid so treurig, jy kan met haar toor. So nee wat die DA is te lig in die broek. En vir my gesin, en my self het julle boggerol gedoen. Politiek is mos ‘n lekker werk, jy kry ‘n salaris, al doen jy niks. Dit maak nie saak watter politieke party jy vandaan kom nie, hulle almal is dieselfde, daar om vir hulle eie voordeel te wees, nie vir die gemeenskap nie.

Barry ·

Ek het van 1962 tot vandag nog nooit n parlements lid of vroeer jare Provinsiale Raad of munisipale Raadslid gehad wie my besoek het vir enige rede nie
Net die laaste jare sms en eposse gekry waarin gevra word vir geld.
Het by tye daardie jare briewe geskryf en vrae gevra en nooit eers antwoorde gekry nie.
Nou nog dieselfde. Sien darem nou my raadslid as ek in SA is want hy sy vrou en my een dogter is vriende.
Hulle steur hulle nie aan n persoon nie
Barry
Thailand

Theoman ·

Ag siestog Barry jy was en is seker nie SO belangrik nie, het skoon trane in my oe vir jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.