DA kla ANC aan van rampokkery

Mmusi Maimane, leier van die DA. Foto: DA/Twitter

Die ANC is nie meer ʼn politieke party nie, maar eintlik net “ʼn kriminele geldmaakskema” wat belastingbetalersgeld gebruik om hulself deur rampokkery te finansier, meen die DA.

Daarom het die DA-leier, Mmusi Maimane, en twee DA-LP’s, Natasha Mazzone en adv. Glynnis Breytenbach, die nasionale direkteur van openbare vervolgings, adv. Shamila Batohi, versoek om die ANC op ʼn aanklag van rampokkery en die bedryf van ʼn kriminele organisasie te ondersoek.

Maimane het vanoggend aan die parlementêre perskorps gesê dit help nie om aanklagte by die polisie in te dien nie want dit loop op niks uit nie.

Volgens Maimane is die polisie onwillig om dit te ondersoek omdat dit as ʼn loopbaanbeperkende ondersoek gesien word. Dus is Batohi genader.

Volgens Maimane het die DA reeds hard teen korrupsie en staatskaping geveg, met aanklagte oor onder meer die strategiese wapentransaksie, die VBS-fiasko, Bosasa, die gebeure voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping en die bevindings van die Nugent-kommissie van ondersoek na wanpraktyke by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien, maar min gebeur.

“Dit is duidelik dat die rampokkers in die ANC te werk gaan met ʼn vierpuntplan: Eerstens: stig ʼn politieke party. Tweedens: Kaap die staat. Derdens: Maak seker sommige maatskappye kry onwettige kontrakte wat groot bedrae van die belastingbetaler inbring. Vierdens: Kry daardie maatskappye om die party te finansier,” het Maimane gesê.

Die DA het omvattende dokumentasie ter stawing van sy standpunt ingedien.

Voorbeelde sluit in die maatskappye McKinsey, Trillian, verskeie Gupta- gekoppelde maatskappye, die suiwelplaas by Vrede in die Oos-Vrystaat en Eskom, sowel as die gedrag van individue soos oudpres. Jacob Zuma en sy seun, Edward.

Mazzone het aangedui dat Eskom byvoorbeeld deur sy steenkoolaankope glo rampokkery gepleeg het en dat die ANC daarby baat gevind het.

Breytenbach het aangevoer die ANC gebruik belastingbetalersgeld om die ANC te bevoordeel eerder as om dienste te lewer. Sy meen Batohi moet die ondersoek prioritiseer omdat dit die sambreelsaak oor staatskaping verteenwoordig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

DG ·

Ek hou daarvan, dit is egter net verkiesings-foefie. Ek hoop iets kom daarvan maar is maar skepties dat enige iemand genoeg tande het om iets te doen..

BlinkStephaans ·

Dis baie oulik moesie om hier kort voor die verkiesing n geraas te maak… al die ander partye doen maar dieselfde… en al is jou punte hoe gegrond ek het nie veel hoop dat dit enigsins êrens heen sal gaan. Adv. Bathoi moet nog haarself bewys… en dié een is bietjie van n warm patat.

Dafer ·

Die rampokkery is waar, maar ek dink die klaers het nie regtig erns met die saak nie. Ek dink die saak sal slaag by die wereld hof.

Gert van Wierdapark ·

Verkeerde klag van Rampokkery. Moet eintluk wees Verraad en Sabotasie!

Adam ·

Maimane is hier vir ‘n slag op die regte spoor, maar hoekom noem hy nie sommer die ANC se besigheidarm, ChancellorHouse, by die naam nie? Vir die ANC draai absoluut alles om selfverryking vir ‘n bevoorregte groep.

Sanet ·

Aaaaiaaaai….doen arme Musi nou NIKS, gee hy nie om nie en voel vere viri nasie…
Doen hy wél iets,dan is dit ñ verkiesings foefie…
Kan maar net nie wen teen pessimistiese dapper jan sleutelbord vegters op MM ?

Dries du Toit ·

Mooi Sanet is terug. Oppas jy gaan nou nou weer pakslae kry. Kom ons kyk wat rig Musi uit.

Sanet ·

Aaag,dankie ou Dries,jys ñ ware vriend al stem ons vir verskeie politieke partye!’?
Gelukkig skrik ek vir niemand nie en is ook nie bang vir ñ pakslae nie…INTEENDEEL ‘tart’ ek die humeurige WARMBLOEDIGES so biki uit en LAG te heerlik vir húlle reaksie ?

Wat kan ek sê? ·

Sanet, jy wil so graag ander mense “tart” maar jy verloor al jou geloofwaardigheid met jou swak taalgebruik en spelling. Jy kom oor as maar net nog ‘n sleutelbord vegter wat die storielyn verloor het. Dis jammer, want ek vermoed jy sou ‘n sinvolle bydrae kon lewer. Nag ou grootte.

Sê maar net ·

@Wat kan ek sê,word nou asb groot toe.
Let eerder op jou eie aggressie en taalgebruik en hou op blaf vir ander

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Sanet’ki jys vet pret en laat my heerlik lag as die Wat Kan Ek Sê oompies en tannies hulle vererg vir jou!
Ek geniet jou humor terdeë

Nugter ·

100% van die korrupsie-pleeërs stem vir die anc, blf en eff, want hulle leiers is voorbeelde van korrupsie pleeg.

leser ·

mmusi, jy kan soveel skree, hoes, po#p of slegpraat soos jy wil, niemand gaan na jou luister

willem Botha ·

Al wat maimane reg oor is is die polisie verder het ek nog nooit gehoor dat hy sê dit is verkeerd om teen minderhede te diskrimineer soos die wetgewing verys in sa nie,of die moorde op die plaasboere en die verkragting van mense regte veral as hulle vel n ligte pigment bevat.

CW ·

Korrek, dis da beleid net soos anc en eff, Hulle is voels van enerse vere al stry hulle

CW ·

En soos altyd gaan niks gebeur nie al is dit n regverdige klag. Sal nooit ondersoek word nie en indien wel sal n SA hof nooit in ewigheid n fout find met anc ensy klomp kriminele nie.
Probeer liewer internasionale strafhof.

Neef ·

En steeds wyk mense soos Dries en Wat kan ek sê van die onderwerp af en val ander mense aan.
Bepaal julle by die onderwerp mense.
Welgedaan DA julle probeer darem die korrupte ANC aanvat.
Of julle gaan slaag is n ander vraag

Katerina ·

Ek is soms meer bekommerd oor die stand van onverdraagsame politiek,onder ons mede volksgenote teenoor mekaar hier op MM, as oor dit wat in die regte politiek aangaan

kolla ·

Thank you Mr. President Maimane. You are a good leader for all South Africans.

kolla ·

Oh, Griet. My Afrikaans is deliciously okay soos vlekvrye staal.

GRIET ·

Oooo…GRIET!!! ?
Kolla en Sanet julle twee, gaan nounou weer raas kry,oor julle TAAL,taalkundige flaters en steun viri DA by die kwaai regse oompies en tannies hierso

Ongeduldige Job. ·

Dit is ‘n groot jammerte dat daar nie jaarliks verkiesing gehou word nie. Ewe skielik is al wat politikus besig om, vir ‘n verandering, te doen wat hy/sy veronderstel is om te doen en dit is om SA te laat werk.

Basjan ·

Kan iemand asseblief aan my verduidelik wat is “rampokkery”?

kolla ·

Om deel te neem aan oneerlike en bedrieglike besigheidstransaksies.

aj ·

As Helen Zille of Tony Leon die klagte gaan lê het … sou dit gewig gedra het.

Maar wie steur hulle aan Moesie?

Riaan ·

Moesie is nou nie ‘ n goeie of waardige politikus nie, maar hy is ‘n UITSTEKENDE komediant!
Ek geniet al sy grappies terdee.

kolla ·

Dis die verskil tussen die DA en ander partye. DA doen iets daadwerkliks terwyl ander net moan en beloftes maak.

Riaan ·

Wat “doen” die da? Hulle lewe in ‘n fools paradise as hulle dink die ” publicity stunt” gaan enigeiets bereik! Dit is presies wat dit is, n PUBLICITY STUNT!!!
So ek vra weer, wat doen die da?

Salomé ·

En ek, wil graag weet, wat jy en jou party doen,hieromtrent Riaan?
Ek sien jou naam en jou party sin nêrenste nie….?? ?
Maklik om te praat en geraas te maak…
Maar die dóén en geld uitgee is ñ ander storie,dan is ons tjoepstil

Riaan ·

Goed om te weet dat die da en hulle ondersteuners nou “als wetend” ook is want jy weet blykbaar alles van my af, bv. wie my party is? Miskien wil jy my ook inlig wie my party is?
Ek stem dit is maklik om te praat en geraas te maak SOOS MOESIE NOU DOEN!!!!
Laastens ‘ n bietjie advies. Sluk ‘n kalmeerpil want jy verloor dit heeltemal en maak glad nie sin nie! “maar die doen en gelduitgee is ‘n ander storie, dan is ons tjoepstil”????

Sê maar net ·

Nee,Riaan ou vriend, jy verloor want jy kan nie antwoord op ñ ordentlike vraag en terloops kort JY ñ kalmeerpilletjie hoor

Riaan ·

Nie dat ek omgee wat jy of enige moesie aanhanger dink nie, maar jy bewys maar net die da se dubbel standaarde. Ek “verloor” want ek antwoord nie ‘n “ordentelike?” vraag nie, maar julle wen ten spyte dat julle nie twee ordentlike vrae kan of wil beantwoord nie?
Dit is hoe die da maar funksioneer en hulle aanhangers vind dit aanvaarbaar.

Salomé ·

Pssst…Riaan…ek persoonlik stem ACDP! Jy sit die pot skoon mis ou vriend! ?
En elkeen kan mos stem vir wie hy wil!
Jy vrees die DA met als in jou, lyk my?
Seker omdat hulle,jou party gaan ore aansit…

Riaan ·

@Salome

Ek wag nog dat jy se wie is my party?

So jammer om te verneem dat ACDP ook nou die verkleurmannetjie taktiek aangeneem het! Met onderseuners soos jy gaan hulle ook nie ver kom nie, maar ten minste is dit nie sell- out da nie!
Ek vrees nie die da nie, ek vrees wat gaan gebeur as hulle weer amptelike opposisie is want hulle is te sleg om teen CancER op te staan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.