DA kla vrou aan oor ‘ape’-uitlating

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing word wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing word wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Die DA het strafregtelike aanklagte aanhangig gemaak teen Penny Sparrow, die vrou wie se “ape”-uitlating op Facebook Maandag opslae gemaak het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn herrie het op sosiale media losgebars nadat Sparrow in ʼn inskrywing op Facebook swart mense met ape vergelyk het en gesê het sy sal alle swart mense in Suid-Afrika voortaan as “ape” aanspreek.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het op Twitter die vrou se uitsprake as beledigend beskryf en gesê sy moet strafregtelik vervolg word.

“Na aanleiding hiervan het die DA aanklagte van crimen injuria teen Sparrow aanhangig gemaak vir die oortreding van die waardigheid van alle Suid-Afrikaners en die vernedering van swart Suid-Afrikaners,” het die party gesê.

“Sulke houdings van giftige rassisme het absoluut geen plek in Suid-Afrika nie. Die DA in KwaZulu-Natal het daarom ook ʼn kennisgewing ingedien dat Sparrow se lidmaatskap opgeskort sal word en haar gedrag is verder na die Federale Regskommissie verwys om ondersoek te word. Rassiste is nie welkom in die DA nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Betsie Koekemoer ·

Ek steun nie die “aap” uitlating nie, maar wil net weet watter aksies neem hulle teen Malema wat na witmense verwys as “Kakkerlakke” en al die swartes wat skuldig is aan haatspraak op sosiale media. As die DA selektief is teen wie hul stappe neem en nie ‘n ieder en elk aankla wie neerhalende kritieke op sosiale media plaas nie, dra hul ook die vaandel van eensydigheid. Skeer almal oor dieselfde kam DA of jul dra n verkeerde boodskap oor aan die publiek.

Jo-anli ·

Ek sal ook graag wil weet wat teennoor Malema gedoen gaan word, met sy uitlating dat blankes kakkerlakke is ek neem geweldig aanstoot daaroor ek is nie n kakkerlak nie. Kry prioriteite reg. Mag Julius maak wat jy wil. Ek sal in sy gesig vot kom sê hys n kakkerlak.

johann muller ·

Ek is n Christen, Politiek bestaan nie in my Bybel nie, net twee dinge, as jy nie Lewe volgens God se wil en jy loop die pad van Satan, jy moor rape steel die lys gaan aan Dan noem God jou n goddelosemens, Psalm 12: Waneer jy Jesus aan neem as jou Saligmaker, dan word jy n Christen genoem Die Kind van God. Ons land is in die toestand want Ons Christene is nie bereid om daardie extra tree vir God vir God, en dit is om Sy woord uit te dra, al kos dit jou lewe, Ek wil net se die Afrikaners moet besef daar is net Een God, as die Jaar so moet begin met n getwistery, is dit nog n verloor teen Satan. Maak van dag met God reg, wat gaan kom is God met Geen GENADE, Dit is al besig om tegebeur. Dit is jou saak of jy God as jou Redder wil aan neem. > SOLDAAT VIR CHRISTUS <

Tiana ·

Ek stem! Daar word die vieslikste goed gese oor wit mense op sosiale media en wie doen iets daaraan?

Chris W ·

Die DA mislei in elk geval die publiek en veral blanke Afrikaners met waarvoor hulle staan en waarvoor nie.Hulle is die anc se kleinboet want hulle staan vir dieselfde dinge teen al wat wit is in die land.Ek wens net meer blanke Afrikaners wil wakker skrik.

Netso ·

Ditto!

En ook was die plek skoon, netjies soos die “MENSE” dit gekry het?

Ai dit maak die regering seer as die waarheid gepraat word.

GES ·

Die DA probeer nou politieke munt slaan uit hierdie geval net so voor die verkiesing. Elke keer wat daar ‘n boer vermoor word, is daar ‘n doodse stilte. Duidelik kan dit gesien word dat die DA slegte nuus is wanneer dit kom by dinge watregtig saak maak. Tog so voorspelbaar.

Retha ·

Verwyder my kommentaar nou weer……………………….
Ek se moenie die aap uit die mou laat nie!

Sumari ·

Ek keer nie goed wat sy gesê het nie, maar hoekom op des aarde mag hulle sing kill the boer en al daai goed en daar niks word aan hulle gedoen nie. Vir my is dit ook rassisties net soos die vrou wat die naweek op facebook gesê het verkrampte blankes dit is ook vir my rassisties en let wel dit was ‘n kleurling vrou. Siestog want ons moet hulle jammer kry wat van ons witmense.

johann muller ·

Ek glo nie in Politiek maar ek het DA Gestem hul het gestaan teen werkloosheid. Nou waar trek jy die streep > Ek is n Rooi Seel Elektrisien, 20 jaar ondervinding > Government Ex Eployee Af van af 19/12/2014 – geen werk tot ophede. Daar is n volledig LinkedIn Profile op Internet onder my naam Johannes Christoffel Muller. Ek is een van die Top 16 Artisan Formans in Cape Town. Nou Wat Gaan Aan.

chrisp ·

Johann .
Doen jouself ‘n guns en gaan lees elke party se beleid voor jy weer stem.
Hoe kan jy vir ‘n party stem wat jou uit beee en dan wil jy kla omdat hulle juis doen wat hulle se?
Ag nee regtig mense soos jy is in aanvraag net nie hier nie juis oor jou party waarvoor jy gestem het.

Dee ·

johann Muller, jy stem vir ‘regstellende aksie’ en wanneer dìt waarvoor jy stem, toegepas word kla jy daaroor.

maritz ·

Ek stem volkome saam die DA is n stem wat aan die agterbeen kou. Pleks hulle Malema aankla ( wavoor te bang is , weet ook nie hoekom nie ) kla hulle n onskuldige vrou aan wat haar opienie gegee het . Ek voel net soos sy en daar is baie wat so voel . Dis nie ver nie dan gaan die popo die die fan slaan

Dee ·

As enige pôpô enige fan sou slaan, sou dit lankal gebeur het.

Jan Karsten ·

Goeie nuus, daar gaan nie krag wees om die popo flenters te slaan nie.

Danie ·

Ek wonder hoekom gaan die sogenaamde da leier nie so aan oor moord nie. Ek hoop die da eier kla daardie rasistiese studente se uitsprake op video ook aan. Daardie studente moet strafregtelik aangekla word. Ons weet tog wie is die regte rassiste. Hulle moet leer uit daardie woorde van haar. Ek verstaan nie dat daar ‘n wag voor sekere mense se monde gesit word nie maar voor die meerderheid in die land sin nie. Sy moes dit seker maar meer diplomaties gestel het want dit is ‘n groot probleem wat sy aangeraak het. Ons moet ook nie meer praat van BBBEE nie ons moet dit “high Jacking” van besighede noem.

Arie ·

Die hele land is n rasse gemors, wil julle almal in die tronk gooi? Ek dink DA wil munt hieruit slaan maar gaan kiesers verloor ook, soos duisende ander rassiste wat hulle bekke hou

GES ·

Arrie – Jy maak ‘n baie geldige punt. Die DA se toetrede gaan hulle heelwat stemme kos. En dit nogal uit engelssprekende geledere. Laat dit vir hulle ‘n les wees.

GES ·

Jammer Arie ek het per ongeluk Arrie geskryf. Ek vra verskoning.

Bennie ·

Wie sal sy kuierplek in so n toestand laat?? Ek gee nie om watter kleur jou vel is nie maar as dit vir jou aanvaarbaar is dat ander mense agter jou moet skoonmaak dan het jy n helse leemte in jou opvoeding.

Trolle ·

Stem maar vir julle twee gevreet DA.Hulle een been is in SA en die ander een in die UK

arie plaasboer ·

Trolle,
Onder watter klip het jy uitgebroei ou?
Die houding van jou is al 50 jaar gelede uitgediend geword!

jankarsten ·

Daar gaan my stem vir die da, het gedink hulle is nou op die regte pad. Wat van ek begin strafregtelike sake maak teen zuma, malemma en alle swart mense wat my ‘n wit hond, wit vel en allerhande ander name noem, ons uitmoor asof dit uit die mode gaan, waar is die da leier dan? Hoekom se hulle niks teen plaas moorde en selfs moorde onder hulle eie mense nie. Ek het nog altyd gese die da en anc is bed maatjies. Ongelukkig hou ons wit honde en wit velle ons nie op met strooi nie. Pas op die dag as die wiel draai, dan kom bedel en smeek hulle weer. Verskoon maar party woorde is gesensor en mooi AFRIKAANS gebruik.

P J ·

Politikuste is die grootste rassiste. Jy kan om jou kyk en sien dat verskillende rasse mekaar n plek onder die son gun, Politikuste sal altyd iewers in hulle toesprake die rasse kaart uitruk. Die DA het lankal tret verloor met die sogenaamde opposisie hulle soek net stemme en gee nie n hel om oor wie hulle loop om dit te kry nie. Hulle sal derduisende rande van die belastingbetaler mors in sake soos die. Hulle vat die klein vissies hof toe en die groot visse waarvoor hulle bang is kan maar maak en se wat hulle wil.

onbekend ·

Die da volg in anc voetspore so ook ander partye buiten 2 partye wat nog beskaafd is.VF plus en FN.

chrisp ·

Ek probeer maar weer.
He he he.Nou giggel ek soos Zuma vir die mense(DA).
Ek se al oor en oor daar sit groot rassiste in die DA . Eientlik in die kas rassiste en die mense weet dit daarom doen hulle met ‘n groot geraas al hierdie skorsings en hekse jag op al wat ‘n persoon is wat dit durf waag om ‘n swartman te na te kom . Maar as dit omgekeerd is bv BEEE ,SEB ,grondhervorming ens is hulle so stil soos die graf want dis hulle beleid.
Plaasmoorde is ook nie rassisties nie net ‘n ou roofie wat verkeerd geloop het (seker omdat die boer ‘n rassis is?).

Nee wat hierdie huigelary maak my naar.Hulle vry so na die swartstem en gaan lekker pak kry deur die EFF .Al waarop ek hoop as dat hulle die Afrikaner stem sal verloor.
Hulle probeer twee Gode dien.

Nel ·

In my opinie wat ń oningeligte dame, almal weet mos by nou dat blankes se Regte, soos vervat in die Grondwet, en Handves van mense Regte ondergeskik is aan die landsburgers wat nie blank is nie … Bv AA, BEE, Kwotas etc

Sarel Strydom ·

Kan die DA vir my verklaar hoekom die man wat mense op FB uitgestkel het as “F………Afrikaners” en die perso wat op FB gepraat het van ‘ White B…ch) nie ook vervolg word nie. Die DA moet nou voor die verkiesing verduidelik hoekom die Professor wat vertel alle blankes is rasisite nie by die MRK aangekla word nie.

Moeks ·

Ek het ook op facebook gesien van ‘n sekere groep wat openlik geskryf het dat blanke vrouens waar daar ingebreek word, verkrag moet word en waar daar ‘n baba is, moet die kind in ‘n mikrogolf oond gesit en aangeskakel word. Selfs hulle name was openlik daarby. Wonder waar was die politieke partye toe gewees? Geen haan het daaroor gekraai nie.

Gertjie ·

Genl. Bheki Cele, polisiehoof het na Dewani as ‘n aap verwys.
“Ons het tans twee opspraakwekkende misdaadsake in Suid-Afrika. Een aap het al die pad van London af gekom om sy vrou hier te laat vermoor.” het Cele in Limpopo gesê toe hy oor misdaad in die land gepraat het.

Kuifkop ·

DA speel politieke speletjie. Dit is waar, bewys my verkeerd, as die strande skoon is na een dag se “party”, sluk ek my woorde. BIBI DA, ek gaan julle nie mis nie.

Reynardt ·

Daars ñ groot gedeelte van baie dom wit mense wat nie hul monde kan hou nie. Besef julle nie dat julle die haat net meer voed nie? Hoe gan ons ooit wen as ons net meer haat skep deur sulke dom goed te sê? Dis julle wat die oorlog gan bring!

Reynardt ·

Ek verwys natuurlik na dié rasistiese komentaar van hierdie vrou.

chrisp ·

Reinhardt.

Ja maat ek gee jou gelyk met die een.Daarom se ek bly weg ons kan nie wen met al hierdie speletjies nie.
Ek wil egter so ietsie in jou skoot gooi vir nadenke.
1.)Rasse haat gebeur grootliks in ‘n veelrassige samelewing( reenboog)/
2.)Al meer en meer Engelssprekende mense en DA lede raak hierby betrokke(hulle kan nie meer hulle “ons is beter as julle” geloof wegsteek nie.)
3.)Rassisme is beleidsbeginsels van al die groot partye,hoekom?
4.)Emosies word opgejaag(ek dink met opset) aan alle kante(wit ,swart,gekleurd,ook liberal konserwatief en selfs die fassiste en kommuniste ) hoekom?

chrisp ·

Paul.
Kom ek se jou hoekom.
Hier kom groot probleme vir die ANC en die ander groot partye.
Die reenboog droom werk nie en al wat geweld tussen die swart groepe keer is die sogenaamde wit “rassiste”.Solank ons die vyand is is daar eendrag teen ons,daarom probeer hulle elke geleentheid gebruik om witmense uit te wys as rassiste.Dit is tog duidelik oor en oor en oor gebruik hulle dit.
Sodra dit ophou begin hulle probleme .Hiervan is ek oortuig.

Daarom is dit uiters nootsaaklik om nou van alle tye kalm en denkend op te tree.

Gousblom ·

Die DA kan nie almal tevrede stel nie, al dink hulle hulle kan! Wit blanke minderheid se Geskiedenis in hierdie land word weggewens, want DA het NIKS gedoen toe ons monumente bedreig is nie… Hulle is maar net lee blikke wat n groot geraas maak!(sic)

Rynhardt ·

Die DA en Mmusu Maimane is gou om haatspraak van blanke vrou te veroordeel, maar vir 22jaar word die Afrikaner/Boervolk van n toekoms ontneem! Dit veroordeel die DA oftewel tweede Anc nie! Die DA weier om ook om die wrede moorde op witboere te veroordeel asook Afrikaanse skile wat verengels! My mense is van hul land en toekoms vir 22jaar ontneem op n bedrieglike manier.Ek weier om aan n nuttelose en dooie verkiesing deel te neem.Ek sterf liewer voor n vuurpeleton as om n stem vir die liberale DA te gee! SA politiek kan Rynhardt nie breinspoel nie,”Tweede Obama” van die liberale DA! Die DA bedryf anti-Afrikaner poliriek!

pieter ·

Ek sien baie vrae, soos ek sal baie graag dit wil sien en dat wil hoor..ek het ‘n vraag. Wat doen jy daaromtrent om ‘n verskil te maak behalwe om kommentaar te lewer? Dan kom die verdompte boere subject op. Hoeveel van die boere het besluit genoeg is genoeg. Ek ondersteun nie meer die een wat ons volk uitmoor nie. Arm mense wat als verloor het, kom bou ‘n huisie op my grond en ons begin ‘n massa bestaansboerdery vir ons volk. Nee, ek breek my huis af en niemand sal daar bly nie, daar is sulke gevalle..ons hammer op die boer, wat de hel van die res van ons volk wat suffer onder onderdrukking? Ek sien geen boer wat sy kant daar bring nie, ons mense wat middel klas sillarisse verdien, sorg dat die armes eet..eks nou moeg daarvoor ook. My simpatie begin uit hardloop en haat my vir dit. Dit benadeel jou net so baie. Kan jul dink hoe gaan dit lyk vir ‘n gov as hul massa blankes van ‘n stuk grond wil verwyder? Dan het ons ‘n voet om op te staan. Tot dan, weet ek nie meer hoe lank ek nog kan jammer voel vir iemand wat ons haters se rakke vol hou en niks vir ons volk na regte iets betekin nie. Tye het verander, en ons moet saam dit verander en stratageties begin finksioneer.

frans ·

Ek wonder net wie maak die groot geraas dit kan net we n.spil wit boere wees wys jou we ons kani saam staan nie dis hkm dit so gaan met ons volk

anne ·

Miskien moet party mense eerder ophou om hulle eie mense af te breek en te beledig dan sal ons seker kan saamstaan. Die vrou word nou uitmekaar getrek oor die uitlating was sy gemaak het (en baie van ons gedink het) maar wat van al die rassime wat ons elke dag moet beleef en aanhoor van ons president en sy kaders. Nie eers te praat van by die werkplek nie. Nee wat, rassisme werk twee kante toe. Die DA is volgens my in elke geval nie ‘n party vir ons blanke afrikaners nie.

Henri ·

My siening was nog altyd die volgende aangaande die DA. Daar die Wit hand wat die anc vlag vashou in die anc embleem, is die hand van die DA.
Onthou Zille was of is steeds deel van die black sash (anc) beweging. Patricia de Lille was en is steeds lid van die p a c. Direk of indirek is hulle steeds verrot

Johan ·

Totsiens DA julle het sopas nog ‘n ingeskrewe lid verloor. Gaan so aan en ons kyk waar julle staan met die volgende algemene verkiesing.
Kry maar vir Malema om vir julle te stem.

Karen ·

Vanoggend sien ek op Facebook ‘n groep genaamd ‘Penny Sparrow must fall’ wat kommentaar soos byvoorbeeld die volgende insluit: This is why Andrew Zondo bombed these motherf…. I think it’s time to bomb them again”.
Ek veronderstel daar gaan niks daaromtrent gedoen word nie?

Boet ·

Ek het onlangs my dogter vir n opvoedkundige besoek na die Sterkfontein Grotte geneem. “The Cradle of Human Kind” word dit met goedkeuring van die swart regering deur doktore genoem. Dit word daar uitgebeeld dat die mens van die aap afstam, en die plek het selfs wereld erfenis status wat lekker baie geld vanaf toeriste genereer. Die gidse wie die toeriste begelei en die afstammelingsteorie verduidelik is swartmense. Sal ons nou hierdie goudmyntjie moet sluit? Of moet ons dit maar behou ten spyte van die weersinswekkende gedagte dat alle mense dalk tog van die aap mag afstam.

Corrie Steyn ·

Die da kan na sy maai vlieg, ek het vir hulle gestem voorheen (2 keer) maar nooit weer,ons boere word vermoor en daar word niks daaraan gedoen nie die persoon wat ons verraai het is doodstil hy bly mos nou veilig in Griekeland.

Wilhelm ·

Ja dit is maar soos dit gaan in die gebroke wereld waarin ons leef, mense praat die waarheid dan word hulle veroordeel, ander praat die grootste onsin dan ontvang hulle applous. Laat ons maar voortgaan om die waarheid te verkondig – die ander sal wel hul moses teenkom die een of ander tyd. Die wiel draai; soms net baie stadig!

alida ·

Ek sal ook seker ‘n rassis genoem word maar wie besoek die KZN strande die meeste? Dit is ‘n gemors en lyk soos ‘n varkhok na een dag se swem. Ry maar liewer die 14 ure Hartenbos toe en kry ‘n skoon strand. Dit is oor en oor die koste en moeite werd. Glo my.

Riana ·

Die DA was vreeslik vinnig om hof toe te hardloop oor Penny Sparrow se “ape” uitlating, maar ek het nog nerens iets gesien dat hul Velaphi Khumalo se facebook post veroordeel of regstappe teen hom neem nie. Sy uitlatings kan veel erger gevolge hê as om iemand ‘n “aap” te noem!! Waar is die rassisme nou??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.