DA-koalisie in Knysna onttroon

Levael Davis (Foto: Demokratiese Alliansie, Twitter)

Die DA is Woensdag in die koalisieregering in Knysna onttroon nadat raadslede ten gunste van ʼn mosie van wantroue teen burgemeester Levael Davis en onderburgemeester Mark Willemse gestem het.

Die wantrouemosie is Woensdag tydens ʼn spesiale raadsvergadering deur die ANC, die Plaaslike Besorgde Inwoners (PBI) en die Patriotic Alliance (PA) ter tafel gelê.

Die ANC se Aubrey Tsengwa het nou die leisels as burgemeester by Davis, ’n DA-lid, oorgeneem terwyl Alberto Marbi van die PBI nou as onderburgemeester sal dien.

Die speaker van die Knysna-munisipaliteit, Julie Lopes, is ook van die raad verwyder en is met Mncedisi Skosana van die ANC vervang. Hierdie stap volg op ’n mosie van wantroue deur Beauty Charlie van die PA.

Willemse het tydens ’n onderhoud gesê die mosie van wantroue is “ligsinnig”.

“My eerste plig as raadslid is om voort te gaan om die gemeenskap – wat my verkies het – te dien en om ’n effektiewe opposisie te wees om die huidige uitvoerende gesag tot verantwoording te roep,” het Willemse gesê.

“My deur sal altyd oop wees vir die gemeenskap, soos dit nog altyd was.”

In die verkiesing van 1 November het geen party ’n meerderheid setels in die Knysna-raad gekry nie. Die DA het toe ’n minderheidskoalisieregering saam met die Knysna Independent Movement gevorm.

Volgens Dion George, die DA se kiesafdelingshoof in Knysna, het die mosies van wantroue wat aanvaar is, niks te doen met swak dienslewering nie, maar gaan dit oor “eiebelang”.

“Hierdie is ’n koalisie van korrupsie (insluitend die ANC, PA, EFF en PBI) wat daarop uit is om te plunder en te steel,” meen George.

“Die mosies wat vandag voor die raad gedien het, demonstreer duidelik dat ’n stem vir enige ander party as die DA ’n stem vir die ANC is. Ons het gewys dat ons omgee vir die mense van Knysna en ons sal voortgaan om dit te doen.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Marius ·

Dit is die begin van die einde vir Knysna as dit nie vinnig uitgesorteer word nie. RIP – Knysna.

Republikein in die Wes Kaap ·

En so sal die ANC die hele Tuinroete oorneem, ingesluit George en Mosselbaai. Die migrante sal daarvoor sorg. Waarheen gaan pensioentrekkers uit Gauteng dan vlug?

Republikein in die Wes Kaap ·

Jacobus, die burgermeester spog met derduisende nuwe inwoners waarvoor voorsiening gemaak moet word. Hy sê nie wie hulle is en waar hulle vandaan kom nie. Jy is in vir ‘n verrassing.

Perdeby ·

Totsiens Knysna julle afdraande het so pas begin. Julle sal nooit weer dieselfde wees nie.

Christo ·

Op Stellenbosch is die humeure ook besig om op te laai teen die burgemeester en onderburgemeester en die onrealistiese buitensporige watertariewe waaraan inwoners blootgestel is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Stellenbosch verdien niks beter as die EFF nie.

Hennie ·

En daar gaan Knysna weer….. Gebeur as daar duisende squatters rondom n dorp intrek. Afrika demokrasie op sy beste!

Sobymykoolkop ·

Dis maar net ń bewys dat ieder en elke sogenaamde politikus van alle partye NET hul eie sakke dien .

Piet ·

Die Wes-Kaap beter nou vinnig afstig anders word hulle binnekort deur die anc oor gevat.

Republikein in die Wes Kaap ·

Allan Winde sal nie saamstem nie. Sover ek weet is hy van Knysna.

Di ·

Ons sal nou sien hoe VINNIG hierdie Munisipaliteit bankrot raak! Wanneer mense dit sien gebeur moet hulle nie huil nie

Jack ·

Ja jammer Knysna.Die gif van verwoesting,onveboegdheid en korrupsie het sopas ook by julle kop uitgesteek.Sterkte.Vir die DA.Julle gaan moet baie meer doen om die mense in die klein dorpies geletterd genoeg te kry sodat hulle verstaan hoekom die ANC nie ‘n goeie keuse is nie.Begin solank want die taak is fenominaal groot en die 2024 verkiesing kom.

Wiehan ·

Nog ‘n munisipaliteit in sy kanon. Kyk hoe lyk Sebideng ( Van der Bijl Park en Vereeniging ). Ry met Limpopo str van Drie Riviere ( Vereeniging ) en gaan oor Blackwood str (R42) na Rissiville (Midvaal) en dan lyk dit of jy in ‘n ander land in ry. Net Blackwood str ski Vereeniging en Midvaal. Die bewys is daar dislike te sien wie regeer waar. Sterkte Knysna, het as kind daar groot geword maar as dit so gaan wil ek nie terugkom nie.

Nie Verbaas ·

In hande van ANC. Hou dop, Knysna so pas ook in die drein in.

Mariana ·

Innige simpatie Knysna. Hoop julle oorleef die oorname van iets na niks.

Scholtz ·

Die DA is bo blink en onder stink. Hier in Johannesburg maak hulle nie hond haaraf nie, want die amptenary – voorheen deur die ANC aangestel – beheer in werklikheid ‘n munisipaliteit, nie die vandag-hier-more-weg politici nie.

Boer ·

Nog ‘n pragtige plek in ons land is nou weg want alles waaroor die ANC in beheer is, word in die afgrond gedryf. Daar kry al die ANC-raadslede nuwe motors en huise.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.