John Steenhuisen is verkies tot die nuwe parlementêre leier van die DA. Steenhuisen se termyn as DA-hoofsweep kom tot ʼn einde nadat Mmusi Maimane, nou voormalige partyleier, vroeër vandeesweek ook as parlementêre leier bedank het.
Die DA het Steenhuisen se aanstelling vanoggend in ʼn verklaring bekend gemaak.
Dr. Annelie Lotriet, DA- parlementêre koukusvoorsitter, sê in die verklaring benoemings vir die pos van parlementêre leier het Vrydag amptelik om 20:00 gesluit.
“Ek kan bevestig dat die posisie nie met een benoeming betwis is nie. Die nuwe parlementêre leier is dus John Steenhuisen. Die parlementêre koukus van die DA sien daarna uit om saam met mnr. Steenhuisen te werk en hy kan van ons steun verseker wees,” het Lotriet gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
41 Kommentare
Wel gedaan – wag nou maar vir die voorspelbare rassistiese “fall out” van die “usual suspects”.
Sterkte.
YEAH! The best decision ever made. May God bless John abundantly in this new position.
YESSSSS….!! WELGEDAAN DA
Wat n wonderlike besluit. Hierdie man gaan heelwat politici op hul plek sit. Enigste persoon in die parlement wat elke reel en regulasie ken. Hier kom vuurwerke
Yess! Baie goeie aanstelling. Seenwense vir die pad vorentoe Johan!