DA kondig sespuntplan vir skoolveiligheid aan

skool-skoene

Foto: Pinterest.com

Die DA het vanoggend ʼn taamlik lustelose parlementêre debat oor Menseregtedag gebruik om ʼn nuwe sespuntplan vir skoolveiligheid op die nasionale agenda te plaas.

Ian Ollis, DA-LP, het gesê dis ʼn skande dat daar hoegenaamd van menseregte gepraat word terwyl skole onveilig is, en voorbeelde in Springs, Soweto, Richardsbaai, Brakpan, Kuruman en Kakamas genoem waar leerders onlangs deur onderwysers of skoolpersoneel verkrag is.

Die DA dring dus daarop aan dat die register van seksuele oortreders van die departement van justisie behoorlik op datum gehou en versprei word, dat die departement van maatskaplike ontwikkeling die vordering van dissiplinêre verhore van onderwyspersoneel behoorlik monitor en dat die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders genoeg kundige personeel kry.

Verder wil die DA hê dat genoegsame sekerheidspersoneel by skole in probleemgebiede ontplooi word, dat die beroepe van sleutelpersoneel tot noodsaaklike dienste verklaar word sodat kinders nie sonder toesig gelaat word nie en dat die Veilige Skole-hulplyn in die Wes-Kaap na alle provinsies uitgebrei word.

Die minister van justisie, adv. Mike Masutha, het gesê menseregte gaan oor die regstel van die verlede se onregte, waaronder grondhervorming een van die belangrikste is.

Hy het na die verowering van swart mense se grond as die oersonde verwys, en daarop aangedring dat die regstel daarvan binne die bepalings van die Grondwet geskied.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het aangevoer die kern van menseregte is die erkenning van en respek vir verskille soos taal en kultuur. Hy het luidrugtige teenkanting van ANC-LP’s ontlok toe hy gesê het hoewel oudpres. Nelson Mandela geveg het teen wit dominasie én swart dominasie, is die parlement tans ʼn voorbeeld van swart dominasie.

In ʼn emosionele toespraak het Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, die geskiedenis van die Sharpeville-slagting op 21 Maart 1960, wat deur Menseregtedag herdenk word, opgehaal en ontken dat onteiening sonder vergoeding die wraak van swart mense op wit mense verteenwoordig.

“Die basis van menseregte is toegang tot grond. Sonder grond is ons vir ewig soos bedelaars op ons knieë. Onteiening sonder vergoeding is nie uit haat gebore nie.

“As dit was, sou ons met gewere, honde en gepantserde voertuie die grond afgevat het. Ons bied as die benadeeldes ʼn geskenk aan die bevoordeeldes, maar dit lyk asof hulle nie in staat is om dit te aanvaar nie,” het Ndlozi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CJ ·

My geheue laat my skandelik in die steek. Wat was die doel van die Waarheids- en Versoeningskomitee nou weer?

Lolla ·

Ndlozi, jou mense het 24 jaar geleentheid gehad om te leer, werk, lenings bekom en eiendom aan te skaf, wat hulle het! Selfs die blinkste ingevoerde motors, meer as enigge wit gemeenskap in SA…. Kyk!, al my bure is swart, beskaafd en geleerd met eerlikke werk en salarisse. Meer beskaafd en eerlik as politikuste daar langs jou Ndlozi. Daar is wel swart boere wat boer op plase. Daar is swart kinders in elke skool en in elke klas van my kinders. Daar is geen verskoning vir enigge swart mens om vingers te wys na ander rasse, as jy 24 jaar van begunstigde en bemagtigde van en in hierdie land jou geskiedenis en voordeel was nie. Daar is baie swart mense wat n voorbeeld is. Dis bloot net soos by ander rasse gevind word, te kort aan ambussie, selftrots en “lack to desire or hungry for achievement”, wat lei tot gesonde selfbeeld, selfvertroue en waardigheid. En wat gaan julle daaraan doen? Alle rasse vandag, het hierdie boodskap van positiewe invloed, motivering en stimulasie nodig, maar word vanuit hul huise en parlement op tv, in hul verstand, siel en gees vergiftig met haatdraendheid en 400 jaar terug se geskiedenis wat nie een van ons pers, geel, groen, pampoen kleurigges voor kan help nie! Wat julle uiters onregverdig en ondemokraties maak en meer woede opwek uit onverstaanbaarheid. Juis swart mense het die khoi verjaag en vermoor, hul land geneem, wat ons ook nie voor kan help nie….maak nie saak wie jy is nie.

Lolla ·

Onteiening IS uit haat en verweit gebore Ndlozi. Al hoekom julle nie met gewere en honde en weermag voertuie opdaag nie, is omdat jy weet dat dit verkeerd sal wees op menigte opsigte. Se my Ndlozi? Hoe oud was julle klaers 24 jaar gelede? …dink en top n bietjie op daardie feit, terwyl jy weet en in ag neem hoe bemagtig en bevoordeel die swart ras was en steeds is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.