DA-kongres: Ons moet SA’ners verenig, nié verdeel, sê Maimane

Mmusi Maimane, leier van die DA, tydens ʼn debat oor die 2017 staatsrede.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag op sy party se federale kongres by die skouterrein in Pretoria-Wes ʼn duidelike skeidslyn getrek tussen sy party se beleid van nie-rassigheid en die rasgebaseerde beleid en aansprake van ander politieke partye.

“Wanneer ander politieke partye mense op grond van ras probeer verdeel, moet ons alle Suid-Afrikaners – swart, wit, bruin en Indiër – verenig,” het Maimane aangedring.

“Wanneer ander politieke partye probeer om die mure wat in die verlede tussen ons mense was weer te probeer oprig, moet ons as die DA dit afbreek. Wanneer ander partye aanvoer dat net swart mense namens swart mense kan praat en wit mense net namens wit mense, moet ons wys dat ʼn mens namens alle Suid-Afrikaners kan praat.”

Maimane het gesê dit is spesifiek vir hom lekker om in Pretoria te wees waar die DA in beheer van die Tshwane-metro is.

Hy het voorspel dat volgende jaar se verkiesing baie vuil taktiek van die ANC gaan insluit, maar het bygevoeg die DA moet nie self vuil politiek bedryf nie.

“Hoe laer die peil van hul gedrag is, hoe hoër moet ons standaarde wees,” het hy onder groot toejuiging gesê.

“Wanneer hulle stemme probeer koop met kospakkies, moet ons die stryd van idees wen met voortreflike logika,” het Maimane gesê.

Terwyl hy Afrikaans gepraat het, het hy voorspel dat die DA volgende jaar die provinsiale verkiesings in die Noord-Kaap en Gauteng sal wen.

Maimane het die DA opnuut verbind tot liberalisme, en spesifiek Afrika-liberalisme.

“Die liberale pad in Afrika is ʼn moeilike pad. Ons kies om weerstand te bied teen diktators en boelies, selfs wanneer dit ons ongewild maak. Ons kies om die vrye uitspreek en ondersteuning van idees te voor te staan, selfs as mense van ons verskil.

“Ons kies om die grondwetlike demokrasie te verdedig en uit te bou terwyl sommige ander die grondwet as sondebok vir ons gemeenskap se probleme blameer. Ons is verbind tot gelykheid voor die reg en die vryheid van die individu om bepaal te word deur die gemeenskap, tradisies en gebruike waaruit hulle stam,” het Maimane verklaar.

Hy meen net die individu kan bepaal hoe hy of sy gedefinieer wil word. Maimane kies om homself te definieer as ʼn trotse swart Suid-Afrikaner, ʼn trotse Soweto-persoon, ʼn toegewyde Christen en die trotse seun van Xhosa- en Sotho-ouers.

Maimane meen liberale mense in Afrika moet nie kleurblind wees nie – hulle moet verstaan hoe kolonialisme en apartheid mense se vryheid vernietig het.

“Daar is mense wat beweer ek word deur wit mense beheer. Die waarheid is dat ek nooit swart genoeg sal wees vir hulle nie, want hulle wil nie hê dat swart mense vir hulself moet kan dink nie. Hulle wil hê dat swart mense vasgevang word in raspolitiek want dis hoe die ANC aan bewind bly.

“Hulle is bang vir die nuwe generasie swart mense wat anders dink en hul eie toekoms wil bepaal. Hulle is bang vir die Suid-Afrikaners van alle rasse wat saamwerk om arm swart mense te help,” aldus Maimane.

Dit is die DA se oortuiging dat armoede die grootste bedreiging is wat verhoed dat mense tot hul volle reg kan kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Gerrit ·

Hy maak sin ek dink nie die probleem lê by hom nie maar die slinkse witmense wat eers by die np was todat hulle uitverkoop was,ek hou van wat hy sê maar ek bly by die VF+ hulle leierskap kan n koalisieregering met hom aangaan

Paul ·

Pragtig, heel bo aan die berig, gestel. Maar nie soos hulle in die praktyk tekere gaan en ons ervaar nie. Mooi woorde van Mainane, en die dade? Kom ons wag nog so tyd en kyk die kat uit die boom, want verseker gaan die meerderheid besluit.

Oom Kalahari ·

Hierdie heuning kwas is maar net aanloop tot die 2019 verkiesing. Soos genoem, stem liewer vir my VF+ waar hul om dietafel op sekere voorwaardes onderhandel op koalisie ondersteuning. Gee die DA al die mag en so gaan misbruik van mag ook maar ontstaan.

Eish ·

Goeie beleidstelling en voornemens.
Die afleiding is ook korrek dat die meerderheid raspolitiek bedryf.
Maar so het die duiwel ook lustig uit die Woord aangehaal toe hy Yeshua versoek het na Sy 40 dae van vas.
Edele woorde en voornemens egter, bly slegs dit wanneer die werklikheid die pad van minste weerstand neem.

Gatvol ·

Gerrit….
Dis tyd dat ons nou reguit praat.
Ek hou ook van die VF.
Wees nou net eerlik en dink wat is die VF se kanse teen die ANC….?
Ons enigste kans op ‘oorlewing’, is die DA.
Asseblief? Ons kan nie een stem verloor nie!!!
Kom ons staan vir eens saam.
Ons moet!!!
Kyk deur die jare ons reputasie met kerke, politieke partye…?
Ons volkie gun nie die son wat oor die ander opkom….(ek praat van die son oor ons eie mense!!!)
Daar is miskien dinge wat die DA sê en doen wat nie heeltemal na ons sin is, maar dis ‘mighty beter’ as wat ons nou het!!??
Die VF is ‘n illusie, hoe graag ons ookal wil hê dit moet ‘n werklikheid wees.
Breek weg, mede Suid-Afrikaners!!!
Stem DA!!!
Gooi die ANC op sy alie!!!
Kom ons staan saam!!!!!

Tokkolos ·

Jo Gatvol sê jy die ding by die woord Ja kom ons kry eers iets waaraan ons kan vasklou Ek luv ook FV maar en ek sê maar kom ons try vir 1 keer in ons lewe bymekaar staan al is dit hoe moeilik Maar nee elkeen neuk mos sy eie rigting DA het nog kans Net uit my oogpunt gesien

Gerhard ·

Ag asb. Die DA het nog nooit iets vir die Afrikaner gedoen nie. Bg. is bloot oe verblindery. As jy wil saamstaan doen dit ten minste agter ‘n party wat na jou belange omsien, nie een wat net jou stem met bog koop nie.

Rita ·

Ek stem volmondig saam, laat ons asb hande vat en saam staan.

L ·

Jy VERRAAI net jouself! Ek weier om myself soos n hipokraat te gedra en myself met leunaars te vereenselwig. Ek stem VF Plus! My Afrikaner trots en patriotisme is meer werd as “slinkse” anders kultuuragtigge tegnieke wat ons nie pas nie! Vryheids Front Plus was nog net eerlik, opreg en met volle integriteit, sonder enige skandes.

Marietjie ·

Ai Gatvol, u droom dat DA die ANC kan wen. Dis onmoontlik. Die DA wil alles vir almal wees, maar is NIKS vir niemand. Een voorbeeld: Hulle kan nie vir grondonteiening en ook nie teen dit wees nie. Dié dat hulle tans wipplank ry. Dieselfde oor plaasmoorde. So kan ons aangaan. Dis tyd dat jy jou kruisie moet trek by ‘n belangegroep soos die VF+ wat onbevange veg vir dit wat vir ons belangrik is. Gelukkig is daar baie mense wat begin besef dat indien die VF+ net 10 of meer mense in die Parlement verteenwoordig kan kry, hulle die ANC en EFF gaan rondjaag met goed gedefinieerde argumente. VF+ se 4 manne in die Parlement is nie manteldraaiers nie. Hulle staan by wat hul doen en sê!

Pieter ·

Lyk my Mmusi begin stadig die lig sien. Ek is bly oor die klem wat hy op armoedeverligting plaas. Daar is ‘n verskil tussen die probleme van armoede en ongelykheid . Samelewings met lae vlakke van armoede mag baie ongelyk wees, terwyl samelewings met relatiewe gelykheid steeds hoë vlakke van armoede kan hê. Dit verklaar byvoorbeeld waarom burgers van sodanige lande na SA migreer. Geoordeel aan die manier wat mense “met hul voete stem” is ongelykheid met minder armoede meer aantreklik as gelykheid met armoede.

Andrea ·

Ek glo ons moet met ons kop en nie ons hart stem nie. Die DA is al party wat enigsins opposisie vir die ANC kan wees. Al stem elke een van ons vir die VF+, sal hul geen hond haaraf kan maak teen die ANC en EFF oor sake soos onteiening nie. My hart sê VF +, maar my kop sê DA…

Eish ·

Dis loutere onsin.
Wie gaan jy vertrou met jou pensioenbelegging, die regering wat reeds die staasdienspensioenfonds met R5miljard gemelk het ten einde Eskom likied te hou, of PSG?
Die spesialis te natuurlik!
Koalisies het gewerk en sal weer werk in sake van gemeenskaplike belang.
My kultuur en belange word die beste gedien deur my mense, punt.
Enige pragtige beleidstelling van eenheid en mooiklinkende woorde, weet ons mos teen die tyd, word verweer deur die werklikheid soos die grondwet.
Bloed is dikker as water.

Lerato ·

Hallo Gatvol
Ek stem saam. Die VF+ is net te klein om hond haaraf te maak.

marianna ·

Die DA is nie ‘n party voor te stem nie. VF+ is al wat oorbly.

Dit help nie ons is verdeelt nie ·

Tokkolos en Gerrit, dis nes julle daar sê. Die geheim is in by mekaar staan en vir een sterk party stem. Geen verdeeltheid nie.

Gerhard ·

Julle Da-kaners stem nou al vir meer as 20 jaar vir die klomp, wanneer gaan julle agterkom julle mors julle tyd. Selfs ‘n donkie stamp sy kop nie sy kop nie soveel keer nie.

Gerhard ·

Ek dink daai “onbenullige” partye het meer invloed as die groter nuttelose partye. Hulle doen darem iets om die Afrikaner saak te sterk en praat nie die ANC na vir omtrent 90% van die tyd nie. Waar het die DA al iets gedoen om Afrikaner regte te beskerm. Hulle praat maar net die ANC na met ‘n ligter toon. Rasformasie, herverdeling, verengelsing, ens maar net nie so hard soos die ANC nie sodat hulle as ‘n beter opsie vir hul Afrikaner-stemvee voorgehou kan word. So asof dit ‘n verkil gaan maak aan die Afrikaner op straat se probleme.

Marietjie ·

Al stem al die blankes vir dje DA gaan hulle nog nie teen die oormag wen nie. Wat is amper 30% teen die miljoene?? DA wil alles vir almal wees maar is tans NIKS vir niemand. Voorbeeld: Hulle kan nie vir Grondonteiening wees nie en ook nie teen dit. Net so ook met die plaasmoorde. Sit op 2 stoele. Dr Groenewald van VF+ is ‘n yster en VF+ stel my belange voorop in die Parlement. As daar net 10 of meer sulke manne in die Parlement kan wees gaan ons blankes ‘n stem hê. Kyk maar hoeveel respek VF+ afdwing in die mengelmoes tans in die Parlement. Maak hulle sterker en weet dat dit gaan oor ons toekoms vir ons nageslag.

Pop ·

Gerhard sover ek kan sien gebeur positiewe dinge ten minste in die DA beheerde stede. Ander partye kry miljoene steun deur ras haat aan te blaas. Want hulle weet dis die “magic” om stemme te kry. Verdruk die wittes en die swartes juig. Ek stem vir eniveen wat mense wil herenig en ten minste doen die DA dit. Niemand wen iets deur die onmin tussen rasse aan te help nie. Die land gaan net al meer ten gronde. En daars baie swartmense wat ook al hartlik moeg is vir die ewige aanblaas van gal oor die wittes soos Malema en ANC.

L ·

Da kry niks reg nie. Behalwe asblikke skoon hou. Jammer dis nie genoeg nie. DA kry reg om te lieg. Verraai. Skreeu “kill the boer child”… saam hul eff kollegas. Maak oop jou oe en beledig nie jouself nie.

Manie Strydom ·

Is daar niemand wat weet hoe werk die kiesstelsel nie as 10 mense vir die anc stem en 5 stem vir die VF+ en 8 stem DA dan kan die Da beheer oorneem deur n koalisieregering te vorm met die VF+ so daar is geen rede om jou gewete te verkrag deur vir n party te stem omrede hy die grootste blyk te wees nie.

DJH ·

En Manie, ek stem nou weer saam met jou. Ons moet regeer deur koalisie politiek. Hou op om vir die DA te stem en stem vir die party wat jou eie belange op die hart dra asook jou geloof. Die VF+ is vir alle rasse wat in hulle beleid glo…….ons MOET vir n party stem wat tenminste jou eie wit belange OOK in ag neem as ook n toekoms vir jou kinders om in te kan oorleef…..DEUR KOALSISIE MET DIE DA…….KRY DIT NOU REG MENSE…..dwars oor die wereld doen koalisie regerings beter.

Lerato ·

Pop
Jy som dit pragtig op. Ek stem heelhartige met jou saam.

Reguit ·

Die spul naïewes darem wat steeds “glo” dat ‘n gestemmery in SA enige iets gaan verander sal wel eendag ontnugter word terwyl hordes ander intussen geëmigreer het.

Gerrit ·

Die Rasse/ mense wat n beter toekoms wil he vir hulle kinders met die beste onderwys, medies veiligheid , wat het ons almal vandag in die land?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.