DA-kongres: Spanning heers voor stemmery begin

‘n Foto van die DA se federale kongres by die skouterrein in Pretoria-Wes (Foto: ANA/Brenda Masilela)

Spanning is aan die oplaai by die DA se federale kongres by die skouterrein in Pretoria-Wes waar sowat 2 000 afgevaardigdes byeen is om te stem vir leiersposisies en beleidskeuses.

Mmusi Maimane sal onbestrede herkies word tot DA-leier, maar ʼn groot stryd is aan die gang oor wie die party se nasionale voorsitter gaan wees. Die nasionale voorsitter is die tweede mees senior persoon in die party.

Daar is drie kandidate: Athol Trollip, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth, Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro in Pretoria, en dr. Annalie Lotriet, provinsiale DA-voorsitter in die Vrystaat.

‘n Foto van die DA se federale kongres by die skouterrein in Pretoria-Wes (Foto: ANA/Brenda Masilela)

ʼn Taai stryd heers tussen Trollip en Msimanga, en hul ondersteuners beweer dié twee loop kop aan kop.

Een van die mees omstrede beleidspunte is ʼn voorstel dat raskwotas in die DA verbied word. In ʼn onderhoud met Pretoria FM het Alf Lees, die DA se tesourier-generaal, sy teenkanting teen kwotas en rasgebaseerde gedrag in die DA uitgespreek.

Die beleidsaspekte word vanmiddag bespreek en die uitslag van die interne verkiesing sal teen môremiddag bekend wees.

Maimane se toespraak om 11:15 is die fokus van Saterdagoggend se verrigtinge.

Behalwe Maimane, was die grootste applous tot dusver by die DA-kongres nie vir ʼn politikus nie maar vir die sanger Kurt Darren.

Darren het sy treffer “Kaptein” gesing direk na ʼn toespraak deur die DA se federale voorsitter, Athol Trollip.

Darren het afgevaardigdes in die gestoeltes en die gange, wat die woorde van “Kaptein” kennelik uit hul koppe ken, aan die sing en dans gehad soos niemand anders tot dusver nie.

Afrikaans het Saterdagoggend ʼn pertinente rol by die kongres gespeel met verskeie sprekers en kunstenaars wat die taal gebruik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eish ·

Dit is verstommend dat daar nog soveel blankes by die trog drink. Die verafrikanisering van demokrasie gaan sy pond vleis eis, of hul wil of nie.
Die meerderheid stemvee hier gaan eis dat die watertjies die pad van minste weerstand volg, afdraand.

snoefie ·

hoekom wil julle rassekwota’s uit die da hou? helen zille het dan so hard geknoei om dit daar te hou! kyk hoe her sy almal gevra om vir mazibuko te stem teen trollip. en waar is haar protegé nou?

Mielie ·

Wat eens n belowende party was gaan nou ten gronde, wonder hoekom. Ek dink die party het n tekort aan intigriteit en nes die ANC tipiese faksies.

Oom Kalahari ·

Al die binne gevegte en kwota stelsels asook hul party ondersteuning ten gunste van grond onteiening sonder vergoeding plaas ‘n groot demper op die party veral met die rassekaart. Stem maar liewer vir my VF+ al is hul nou hoe klein, maar my gewete is reg in hoe hul werklik veg vir minderheids regte. Hoe meer stemme hul kan kry hoe meer verteenwoording kan daar wees.

rollie ·

DA ondersteun NIE onteiening sonder vergoeding nie. Steeds een van die weinige partye wat se missie en doelstellings nie op ras gemik is nie. VF+ is ‘n ras en Afrikaans gefundeerde party, sal nooit vir hulle stem nie. In elk geval so klein en onbenullig is om van te lag.

Johan Strydom ·

@rollie, die VF plus is nie op ras gebaseer nie en het lede van alle rasse groepe. Hulle staan vir die selfbesikking vir minderhede, veral die Afrikaner. Die DA ondersteun regstellende aksie en BEE en binnekort sal ons uitvind of hulle gesluit het om hul leirers volgens kwotas verkies word. Die DA van vandag is nie die DA van 2009 nie. Hulle is n ANC lite. Ek sal liewers vir Cope, ACDP of IFP stem voor ek vir hulle stem maar ek gaan egter VF Plus stem omdat ek aan Afrikaner selfbesikking glo. Kleiner partye maak n verskil en die DA sal nie die metros en sommige van die ander munisipaliteite regeer sonder hul koalisie vennote soos die VF Plus nie. Kleiner partye kan groot word, onthou die DP het slegs 1,7% van die stemme in 1994 gekry. Die DA dink hul traditionele kiesers sal onvoorwaardelik vir hulle stem al word hul uit verkoop. Lees die VF Plus en Da se belied en beginsels en maak n ingelugte besluit want jy is onder die van induk dat die DA nie-rassig is en dat die VF Plus op ras gebaseer is, die teendeel is waar. Die DA het ook baie links beweeg met hul ekonomiese belied. Lees die party manefeste!

Gerhard ·

In ‘n land waar die mense so baie van mekaar verskil soos SA moet ‘n party kies tussen iets wees vir ‘n spesifieke groep en daarvoor veg, of niks wees vir almal en stemme koop met paaipolitiek.

Vannessa ·

Ek het na die uitsending van die kongres op TV gekyk. Dit het meer soos ‘n ANC kongres geklink. Daar is net op “kolonialisme”, “apartheid” en “rassisme” gehamer met gereelde ANC struggle tussenwerpsels soos amandla.
Die blanke kongres gangers het ook nie veel hande geklap nie, besef seker hul tyd is uitgedien met die DA se nuwe verteenwoordigende beleid.

Koos ·

Ek kan nie glo daar is nog so baie wit mense by die d.a nie het julle nie julle les geleer toe kortbroek julle aan.die anc uitverkoop het nie.

Blondie ·

…….en die Captain is aanboord van daai skip! Eisj….met ys ja!

rollie ·

So terloops – het gewonder of die AWB nog aan die gang is, die klomp is doodstil. Google toe en voorwaar die generale staf en dié se trawante is nog aan die gang, nogal ‘n eie webtuiste ook. Die klomp praat mos van die boervolk en nie die boerevolk nie. Boervolk klink soos ‘n trop skape. LOL

Lola ·

Dit is nog steeds lekkerder om jou in jou moedertaal uit te druk ne? So on-liberalisties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.