DA kry bloedneus in stryd met De Lille

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, kort voordat die uitspraak gelewer is. Foto: Chantall Presence/ANA

Die hooggeregshof in Kaapstad het Woensdag in die guns van Patricia de Lille, die burgemeester van Kaapstad, beslis nadat sy die DA hof toe gesleep het oor die beëindiging van haar partylidmaatskap.

“Die bepaling deur die eerste respondent dat die aansoeker se lidmaatskap beëindig is, word onwettig en onregmatig verklaar en is hiermee hersien en ter syde gestel met kostes,” het regter Andre le Grange in ʼn eenparige uitspraak voorgelees.

Die hof het bevind die DA het sy eie grondwet en reëls oortree toe hy De Lille van haar lidmaatskap onthef het.

De Lille is in Mei in kennis gestel dat haar partylidmaatskap beëindig is op grond van ʼn klousule in die DA se grondwet wat dit stel dat enige lid wat in die openbaar sy of haar voorneme aankondig om die party te verlaat, se lidmaatskap outomaties beëindig word.

De Lille het in April tydens ʼn radio-onderhoud gesê sy sal die DA verlaat sodra haar naam in ere herstel is.

De Lille se regspan het tydens die hofverrigtinge aangevoer sy het bedoel sy sal haar posisie as burgemeester verlaat, maar die DA se regspan het dit betwis.

Die DA meen dit is duidelik wanneer daar na die konteks van die onderhoud geluister word dat sy van voorneme was om die DA te verlaat gegewe die feit dat haar verhouding met die party “onherroeplik beskadig” is.

De Lille het reeds in Mei die eerste ronde van haar regsgeding gewen nadat sy tydelik weer in haar pos as burgemeester aangestel is totdat die hof ʼn finale beslissing kon maak oor die wettigheid van die manier waarop sy verwyder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Rynhardt ·

Dit is reg De Lille,vat die liberale DA oftewel ook genoem, die “Britse DA” aan!Hulle liberale se optrede is verkeerd teenoor haar, net soos wat die liberale DA rassistiese wetgewing teen Boermense goedkeur vir jare en internasionaal ontken die einste DA ook dat n volksmoord teen ons Boermense bestaan.DA wys net oor en oor sy ware optrede teenoor De Lille en Boermense.n Party wat klaar homself vernietig!???

Pietman ·

Hmm, juis gewonder wat het van DA se beginsels en intelligensie geword.

Nettie ·

Ek is nou nie juis ‘n aanhanger van dié “Antie” nie (ek dink sy hét die party versaak, want sy hét gesê sy sal die PARTY verlaat sodra haar naam in ere herstel is), maar ek dink die DA het sy hand oorspeel ….. en bloedbek gekry (met reg ook).

Die DA is lankal nie meer was hulle was nie – hulle party-politiek laat die blanke stemgeregtigde ver agter en hulle is duidelik glad nie meer geïnteresseerd in hul blanke lede en stemgeregtigdes nie. Gelukkig het ek nog net twee keer DA gestem, kort na sogenaamde “demokrasie” en nog nie weer nie.

Ek sit en kyk maar hoe die verskillende partye dan híérdie kant toe beur, dan dáárdie kant toe sukkel …. en intussentyd kry omtrent niemand niks reg nie en gaan die land teen snelle skrede agteruit.

Hennie ·

Goed gesê Nettie, meeste mense is maar aan die slaap en weet nie wat aangaan nie.

There are two types of people in the world; people who think the government is looking out for their best interest and people who think.

TDW ·

Ek kan nie kleurlinge en witmense verstaan wat so gewillig is om haar te ondersteun nie!
Sy het die spesiale taakmag wat ingestel is om bende geweld en dwelm verkope te voorkom, het sy ontbind, iets waaronder die kaapse vlaktes gebuk gaan.
En hoeveel keer het sy gesê sy wil wit mense dood hê? Haar “one settler one bullet” slagspreuk is alombekend.

volla ·

Iemand moet vir my verduidelik wat hier aangaan. Die ANC verwyder herwaarts en derwaarts ministers en presidente sonder om redes aan te voer. Lyk my daar is ‘n ander stel reëls vir ander partye. Gaan in elk geval nie vir De Lille werk nie want die DA lede gaan haar posisie ondermyn.

volla ·

Sy het nou haar punt bewys. Gaan sy nou vanself bedank soos sy belowe het?

Daan Erasmus ·

As sy enige selfrespek gehad het, sou sy geloop het. Ek het geen respek vir haar oor nie.

Danie ·

Ja da gekry wat jul verdien! Mosie en daai blonde kop + is nie opgewasse nie. DA jy gaan nog huil oor jy kleurling en wit mense verraai het.

Keelvol ·

De Lille is glad nie my gunsteling politikus nie. Sy is soos ‘n verkleurmannetjie tussen politieke partye. PAC, DA, EFF??? Wat volgende?

Lerato ·

Volla
Dis die president se prerogatief om ministers en adjunk ministers aan te stel.
Omdat die DA nie die regerende party is nie, kan hulle nie sommer iemand sonder grondige redes afdank nie.
TDW
Wat jy sê, klink nogal interessant. Mens wonder wat werklik agter die skerms gebeur. Dis baie nodig dat die DA, ons sy ondersteuners inlig

volla ·

Wat het dit met regerende party te doen? Die ANC roep dan presidente terug en het al talle direkteure van staatsdepartemente en burgemeesters laat loop. Malema is lidmaatskap is ook deur die ANC beeindig.

volla ·

Lyk my dis moeiliker om van ‘n burgemeester ontslae te raak as ‘n president van die land. Belaglike situasie.

Colleen ·

Ek is baie bly oor die uitspraak. Patricia, staan jou man en baklei vir wat reg is.

Ben ·

Verstaan nie wat hier aangaan nie. Die howe se regs mag geld net by die regstelsel en regering sake van Suid Afrika maar hulle het geen reg in die bestuur van private maatskappy of individue nie. Hierdie onderskeiding is belangrik anderste gaan die howe netnou vir jou se jy mag net een keer per dag “poep”. Dan het ons ‘n Kommunistiese regering. Die vraag is of die DA ‘n privaat instansie is of nie? ‘n Privaat Maastkapy het nog steeds publieke kliente maar die kliente het geen reg in die bestuur nie? Ek glo so ook in die geval van die DA?

Lerato ·

Ben
De lill is n werknemer van die DA en as sulks kan sy haar beroep op wetgewing wat haar kan beskerm teen konstruktiewe ontslag

volla ·

Lerato – Sy is nie ‘n werknemer van die DA nie. Sy is ‘n lid van die party wat haar in ‘n politieke posisie aangestel het.

Daan Erasmus ·

Die uitspraak is twak. Of dit die Posduif klub is of die Blomme rangskikking Klub is. As jy gesê het jy gaan loop en jy is nie meer welkom nie. Dan moet jy WEG. Klou sy soos dinges aan ‘n wolkombers net om nog salaris te kry.

Irene ·

Hierdie mense wat so kla oor DA gaan stem dan vir die eff julle maak mens siek

Nettie ·

@Irene, gaan stem jy maar gerus vir die DA – die Dom Alliansie. Of miskien moet jy ANC gaan stem – die meeste mees-dommes stem vir hulle!

Daar is mense wat níé met oogklappe deur die lewe gaan nie en dit is diegene wat die DA (of enige ander party) kritiseer en hul stem weerhou. Ons laat ons nie aan ons neuse rondlei nie. Kyk ‘n bietjie om jou: kan jy régtig sê dat as die DA enigsins ‘n WIL gehad het, dit so sou gelyk het soos dit tans lyk in die land?

Die DA het sy wit- en kleurlingstemmers versaak ter wille van die oorgrote swart mag. Hulle sal ENIGE IETS doen net vir die poging tot die meerderheidstem (waarin hulle in elk geval sal faal, want ‘n jakkals verander van haar, maar nie van snaar).

Daar is miskien ‘n KLEIN groepie swartes wat dalk in 2019 vir die DA sal stem omdat hulle gegrief is deur goed soos haweloosheid, onvervulde beloftes, werkloosheid, armoede, maar dit gaan nie hou nie. En dit is vir hierdie groepie moontlike swart stemmers wat die DA sy jarelange, stoere ondersteuners en stemmers uit die blanke- en kleurlinggemeenskap versaak het.

nic ·

ek het ook altyd DA gestem maar dis laaste nie weer nie VF julle is op regte pad DA versaak OK ns blankes en kleurlinge

Lerato ·

Nettie
Ek het jou kommentaar só geniet. Jy het ‘n fyn sin vir humor en ironie.

Koos ·

Dis slegte nuus maar die DA het dit op verkeerde en amper kinderagtige wyse aangepak. Kla haar nou maar dissiplinêr aan.

Chrisjan ·

Mooi gestel, Nettie. Ek stem vir die ACDP. Enigste leier wat telkemale in openbaar by steun aan Israel toesê.

kas ·

De Lille het nou by twee geleenthede die DA op hullu neuse laat kyk.Wat wil hulle nou nog bewys?Dit lyk vir my sy geniet nog baie steun vanuit die gemeenskap.Hoekom wil die DA en ANC so graag van haar ontslae raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.