DA kry nuwe leier in Wes-Kaap

Bongikosi Madikizela. Foto: DA.

Bongikosi Madikizela, die Wes-Kaapse LUR vir menslike nedersettings, is as die nuwe leier van die DA in die Wes-Kaap aangewys.

Madikizela het sedert Januarie vanjaar in dié posisie waargeneem nadat Patricia de Lille uit die posisie bedank het. Hy is Saterdag by die DA se provinsiale kongres in Goodwood in Kaapstad verkies.

Albert Fritz, LUR vir sosiale ontwikkeling, is as Madikizela se adjunk aangewys, terwyl Anton Bredell, Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, as die provinsiale voorsitter van die party aangewys is.

Die drie ondervoorsitters vir die provinsie is JP Smith, Shaun August en Antoinette Steyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jaco Prins ·

Dit is uiters onaanvaarbaar dat die DA ‘n leier kies van buite die provinsie en boonop iemand wat nie eers afrikaans kan praat nie, die man se engels skiet selfs erg kort. Daar is ‘n duidelike vendetta teen die afrikaanse bevolking van die Wes-Kaap. Ek hoop mense neem sterk kennis hiervan en dat hul, hul stemme in 2019 ooreenkomstig sal aanpas. Die DA verdien nie die mooi provinsie nie en Afrikaans verdien iemand in die Wetgewer wat vir hom sal veg, ons het so ‘n mooi taal.

Johan Potgieter ·

Ek stem saam. Afrikaans sprekende kiesers word geminag deur DA. Tyd om vir ‘n party te stem wat ons respekteer. Maar wie?

Leahim ·

My opinie is as die ou bevoeg is om die leier te wees en die werk te doen soos dit gedoen moet word kan hy vir my part n dolfyn gewees het.

Leahim ·

En my raad is stem vir my party die VF+ dan het die DA nie n keuse as om n koalisie te vorm om te regeer nie.

wesley ·

Met daardie redenering sal jy sekerlik dan ook vir n Xhosa of Zulu sprekende in ander provinsies wil stem, sienend dat jy die meerderheid taal wil bevorder deur die leier van die provinsie. Hierdie “ek stem vir my stam” is rede vir die ellende wat soms met die politiek gepaard gaan. Afrikaans is ons mooi taal ja maar as hy werk kan doen, wie gee om?

Landi Slatter ·

Dagsê Haan,

Baie dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die bebrig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Boet Fasie ·

Die DA glo net in regstellende aksie kanidate vir die senior en bestuurposte. Die blanke afrikaner tel deesdae nie veel punte nie want die DA soek getalle vir die volgende verkiesing en sal die afrikaner vertrap om hul doelwit te bereik. Hoop nie hulle skrik wakker as hulle dieselfde pad as die ANC loop nie.

Erte ·

Presies…net jammer dat meeste blankes die DA as hul “vriend” beskou.

Ben ·

Gaan nie meer DA stem nie aangesien hulle nie daarin kon slaag om ‘n uiters belangrike lewens water bronne nie behoorlik te bestuur nie. Daar is tekort aan “common sense”. Geld wat gemors is op stadium in 2010, varswater swembad in see, parke en paaie wat nie onderhou word nie ens. Ek is jammer om julle wakker te maar die plan van water besparing met bevolkings groei en immigrasie gaan nie werk op die lang duur nie.

Kewpie ·

Ja in Thabazimbi Limpopo het ons ook soos dwase gestem Vir die D.A!
Ons het al Vir 3 dae omtrent nie elektrisiteit nie.
You can fool me once…..

Pop ·

En nou is die kragtekort die DA se skuld. Hoe werk jy dit uit kewpie. En al julle afrikaners sal een of ander tyd moet besef dat hierdie Afrika is. Wittes se stemme tel hoegenaamd niks. Dis n druppel in die emmer. Hou op vasstaar teen kleur. Mens is veronderstel om te stem vir die party wat die ANC uit die kussings sal lig en intussen darem iets doen vir die land.

Martie. ·

Stem saam, ons is in Afrika, al wat ons kan doen is om te onderhandel met n party wat ons goedgesind is…Die dae dat ons voorgetrek is, is verby!!

jaco ·

dis maar swak regstellende aksie van die DA: die leier is swart maar as ek so kyk na die name van meeste van die leierskap onder hom, is die meerderheid wit. So die DA pas net regstellende aksie toe waar dit hulle pas…

Boet Fasie ·

My magtig Pop, sien julle die blanke DA lede net iets wat gebruik kan word om die ANC uit die kussings te lug en aan bewind te kom, en die blankes moet maar hulle hande in dankbaarheid saam slaan.
Ek dink daar is ‘n party soos die VF plus wat by die volgende verkiesing moontlik baie beter kan vaar as in die verlede – hoop nie die DA kry ‘n skok by die stembus nie, want dan is dit te laat.

Adam ·

Boet Fasie, Pop is inderdaad korrek. Ons as blankes moet besef dat ons nie veel meer as 7% van die bevolking verteenwoordig nie en enigiemand wat die DA as ‘n “blanke” party sien is gewoon naief. Die DA se blanke ondersteuners kom ook in groot getalle vanuit ‘n wit konserwatiewe agtergrond, terwyl die res van die DA ‘n total ander politieke beskouing tov beleid het, iets wat grotendeels bydra tot die Babelse verwarring binne die DA tov beleid. Die VF Plus is vir alle praktiese doeleindes irrelevant, ten spyte van die feit dat hulle oor goeie politici beskik. Die realiteit is egter dat die blanke stem-getalle baie klein is. Indien ons as blankes rustig en nugter daaroor dink sal ons besef dat weens ‘n getalle oorwig teen ons, ons nie veel by die stembus kan uitrig nie. Wie dus die DA se provisiale leier is, is grotendeels irrelevant vanuit ‘n blanke perspektief.

Loeis ·

As die DA VF+ in ‘n koalisie nodig het, soos wat wel in 2006 in Kaapstad die geval was, is VF+ nie irrelavant nie. Jy vat dus hier ‘n vet (en ek vermoed kwaadwillige) kans, Adam.

‘n Ander voordeel van koalisies is dat die een oor die ander se skouer kan kyk.

Herman ·

@Jaco Prins @Boet Fasie Die blanke Afrikaner is die minderheid in die land (maar net 5%). Daar is ook meer swartes as wittes in die Wes Kaap. So wat maak dit saak as die man swart is? Solank hy sy werk reg doen dan is ek gelukkig. Jul spul is so rasisties; hoe kan mens dadelik begin kla oor ‘n man se velkleur? Pateties.

Martie. ·

DA is lig aan die einde van die tonnel, ons moenie tonnel-visie he nie! Die wit Afrikaner-minderheid moet homself afvra, watse party hom goedgesind is! Wel, die DA is hom goedgesind, al word die Afrikaner nie voorgetrek nie!! Ons moet besef en die realiteit aanvaar dat ons in Afrika bly en dat daar nooit weer n wit regering sal wees nie, maar wel weer n regering, (in die toekoms), wat ons belange op die hart sal dra!… Huidige regering moet eers uitgeskoffel word.

Herman ·

Die man se velkleur maak mos nie saak nie. Solank hy ‘n goeie werk doen dan sal ek hom ondersteun. Ek sien nie hoekom die Wes-Kaapse leier ‘n wit blanke hoef te wees nie. Ons die minderheid in die land, hoe vinniger ons dit besef en begin saamwerk, hoe beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.