DA laat vaar hofsaak oor entstofplan

John Steenhuisen, leier van die DA. (Foto: DA/Twitter)

Die DA het Vrydag sy aansoek in die Wes-Kaapse hooggeregshof oor die regering se entstofplan laat vaar.

Die DA het die hof in Januarie vir ʼn verklarende bevel gevra dat die regering se optrede met die aankoop van entstowwe, asook sy voorbereiding vir die verspreiding van die entstof, ʼn skending van verskeie grondwetlike beginsels is.

Dit nadat pres. Cyril Ramaphosa nie gereageer het op ʼn regsbrief wat die DA hieroor gestuur het nie.

Die DA se laat vaar van die aansoek kom nadat die regering ʼn antwoordende verklaring by die hof ingedien het waarin hy stappe uiteensit waarvolgens die entstof bekom, versprei en toegedien sal word.

Die president se kantoor het die onttrekking van die hofaansoek Vrydag verwelkom.

“Dit is belangrik om te noem dat dié inligting reeds in die openbaar bekend was, aangesien die regering voortdurend lede van die publiek hieroor in kennis gestel het. Die DA het dus in die eerste plek geen rede gehad om die aansoek te bring nie,” lui ʼn verklaring van die president se kantoor.

Maroela Media het Woensdag berig dat die proses begin het om die eerste gesondheidswerkers met die Johnson & Johnson-entstof in te ent. Soveel as 80 000 dosisse van dié entstof het Maandag in Suid-Afrika aangekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Moet nooit dink veral met die ANC, al self is ‘n hofsaak laat vaar dat dit was van geen nut was nie. Die ANC het vinnig beweeg toe die hofgeding ingedien is. Ons sou miskien nog sonder entstof gesit het as die DA nie die hofe genader het nie? Die ANC het een rat…..stadig in trurat!

Johann ·

So die ANC se standaarde en planne en duimsuig statistieke en ondeurdagte onbekwame standaarde is OK met en vir die DA? Sê als!

Jedi Knight ·

Wel…..die VF het nog minder gedoen. Nie dat ek hoegenaamd die DA ondersteun nie. Ek wys maar net daarop dat beide partye eintlik maar useless is.

Jaada ·

Daar is nog geen plan nie! moes dit in die hof uitgesort het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.