DA lê klag ná dokter se ‘rasopmerking’ teen LP

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Die DA in Limpopo het bekendgemaak dat hy die kliniese bestuurder van die Bela-Bela-hospitaal in Limpopo onder meer by die Menseregtekommissie (MRK) verkla het nadat hy na bewering ʼn rasgelaaide opmerking teenoor een van dié party se LP’s gemaak het.

Jacques Smalle, leier van die DA in Limpopo, het gesê hy en Lindy Wilson, DA-LP en die party se woordvoerder van gesondheid in Limpopo, het ʼn oorsigbesoek by die hospitaal afgelê ná verskeie “raaiselagtige sterftes” by die hospitaal.

“Daar is gevalle waar mense die dag ontslaan word en dan die volgende dag tuis sterf. Daar was ongeveer ʼn maand gelede ook ʼn geval toe ʼn ma haar baba na die hospitaal gebring het omdat sy gemeen het die baba haal nie normaal asem nie. Die personeel het haar eers aangespreek oor sy die baba in die vroeë oggendure na die hospitaal gebring het. Sy het die baba daar gelaat en toe sy die volgende oggend die hospitaal besoek, was die baba dood,” het Smalle gesê.

Volgens hom het dr. Dan Sithole, die kliniese bestuurder, toe op ʼn baie onsimpatieke wyse vir die getraumatiseerde ma gesê: “Baie babas gaan dood. Vandag was nou net jou beurt.”

Tydens Smalle en Wilson se besoek het hulle met die personeel vergader en in die vergadering is dié voorval deur Wilson geopper. “Sithole het dit verloor en vir haar gesê sy moenie hierheen [na die hospitaal] kom met haar wit mentaliteit nie.”

Smalle meen dit is glad nie gepaste gedrag vir ʼn dokter nie en het die saak reeds by die MRK sowel as die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe aangemeld. “Ek is van plan om dit Maandag onder die gelykheidshof se aandag ook te bring; ek dink daar is genoeg meriete daarvoor. Ek sal dit nie daar laat voordat ek bevestiging het dat die departement interne stappe gaan doen nie.”

Neil Shikwambana, woordvoerder van die departement van gesondheid in Limpopo, het Vrydag aan Maroela Media gesê die departement ondersoek die voorval. “Niemand, werker, gas, werkgewer of enigiemand anders, verdien om neerhalend, wat nog te sê op ʼn rassistiese manier, behandel te word nie. Ons ondersoek sal dit wat verkeerd gedoen is regstel indien daar iets [verkeerds] was.”

Shikwambana het bygevoeg dat die departement oorsigbesoeke verwelkom, maar dat dit ook op so ʼn manier uitgevoer moet word dat dit nie konflik uitlok nie. “Ons wil hê as die LP’s die hospitaal verlaat moet hulle die inligting gekry het waarvoor hulle gekom het, maar dat die personeel ook moet glimlag. Dit moet ʼn wen-wen wees”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Katerina ·

WOW..just Wow..as die etnisiteite nou omgeruil was,het die hospitaal nou al gebrand. Dan Sithole klink baie rassisties en wat hy gese het vir die ma wie se baba dood is, is SIEK..

CJ ·

Dis daardie “maar” wat my laat wonder of daar iets hiervan gaan kom… rassisme is rassisme, uit en gedaan.

Andre ·

Die land is besmet met sogenaamde “Dokters en ook Doktors”. Meeste van die se kwalifikasies is vals of gekry op die regering se vereiste kwotas.

Koos ·

Niks gaan hiervan kom nie, die swart doctor sal beskerm word.

Jerry ·

Empatie bestaan nie in die menswees van hierdie dokter en sy tipe mense nie. Hulle kan net doodeenvoudig nie verpleegsorg doen nie agv hulle gebrek aan empatie teenoor siek pasiente wat hulself nie kan help of verdedig nie. Die probleem is hulle is by verre in die meerderheid by hospitale en verpleegsorgsentrums. Jy kan kameras versteek by enige van hierdie instellings en dan self sien hoe behandel hulle pasiente wanneer niemand anders hulle sien nie. Dit is om van te huil!

Anoniem ·

Ek sukkel om te verstaan wat hy bedoel het met sy opmerking aan Wilson.

a) Is hy (swart + manlik) vies omdat sy (wit + vroulik) hom “teiken”?
b) Is hy vies omdat hy reken daar is niks fout met hoe hy die ma van die baba hanteer het?
c) Is hy vies oor die kritiek op sy hospitaal?
d) Is hy dalk op een of ander manier betrokke by die raaiselagtige sterftes?
e) Ander rede?

Selfbeskikking ·

Onderhandel vir ons eie hospitale en skole, ons eie veilige land. Dis al wat gaan help oor die lang termyn.

Katerina ·

@Selfbeskikking – DIT sal nimmer as te nooit gebeur nie. Die ANC wil dan juis die witmense se grond vat, hulle sal mos nooit juis n groterige stuk grond afataan aan die gehate wittes. Daar is twee opsies vir witmense: 1) Emigreer as jy kan . 2) Krepeer hier totdat jy uitgemoor word as jy nie kan emigreer nie. Dit is die aaklige realiteit.

Geloof ·

Glo, ons volk moet terugkeer na ons God, Hy sal ons red uit ons benoudheid, Hy het dit in die verlede gedoen, maar ons moet terugkeer op die regte pad.

EDP ·

Hoop hier kom iets hiervan….vlek hom oop almal in Limpopo gesondheid weet daars reeds ander klagtes teen die Dr.
Hy is ‘n verleentheid vir ons ander dokters sy etiese benadering tot pasiënte is skokkend.
DA krap dieper julle gaan baie vind!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.