DA dien klag in teen Arthur Fraser

Arthur Fraser, nasionale kommissaris van korrektiewe dienste (Foto: DKD)

Die DA gaan Donderdag ʼn strafregtelike klag teen die voormalige kommissaris van die departement van korrektiewe dienste (DKD), Arthur Fraser, indien.

Die klag hou verband met sy verdoemende bewerings as spioenasiebaas én bewerings dat miljoene glo onreëlmatig bestee is deur die Principle Agent Network (PAN), wat onder Fraser se leierskap gestig is.

Dit is die einste Fraser wat verlede jaar Zuma se vrylating op mediese parool goedgekeur het.

Hy word ook daarvan beskuldig dat hy ʼn parallelle intelligensiestruktuur by die Staatsveiligheidsagentskap bedryf het.

Fraser is in 2018 as hoof van die DKD aangestel, ondanks die bewerings teen hom.

Volgens Dianne Kohler-Barnard, die DA se skaduminister van polisie, is Fraser lankal op die DA se radar.

“Die party het in 2009 reeds ʼn klag teen hom ingedien, en toe weer in 2017,” bevestig Kohler-Barnard.

“Hoewel nie een van daardie aanklagte vrugte afgewerp het nie, glo ons dat die ‘klimaat’ in die land só is dat mense nie politieke inmenging in die land sal duld nie.”

Die DA meen ook Fraser se goedkeuring van Zuma se vrylating op mediese parool verlede jaar was onwettig, aangesien die adviesraad vir mediese parool aanvanklik die aansoek afgekeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

JohanR ·

Onder watter klip kruip die goed uit? As jy maar weer kyk dan is daar nog ‘n ANC gemors kader!

Witbaard ·

Hulle is ALMAL korrup, dit weet ons mos al teen hierdie tyd.

domheks ·

‘Our people’ sorg die een vir die ander, want daar kan dalk net uitgepraat word van AL die skelmstreke!

marius ·

Geen hof steur hom aan die vergrype van die spul wat die regstelsel in hul sakke het nie . Dit is die waarheid . Geregtigheid bestaan nie in die hool nie . Punt .

Kokerboom ·

Kader verrotting skrei ten hemele ten koste van jan alleman

Androclus ·

Nog ‘n kader wat dink hy ontasbaar,skuil agter sy beroep klein knapie.

Philip ·

Ek het al voorheen n ou kennis wat ek jare lank geken het gekonfronteer ivm n diefstal waarmee hy betrokke was van sy werkgewer se eiendom.Sy antwoord aan my was dat n mens nie uit die huis uit praat nie en dit was n witman en goed 25 jaar terug.

Piet ·

En jou punt is? En hoekom het jy nie die diefstal gaan aanmeld nie? Jy het mos bewyse gehad.

Swerwer ·

So lank as wat die ANC met hul Voorvadergeeste die land probeer bestuur sal de probleme net al hoe groter word. Kyk na hul ouderdomme en hul gedrag, dit is tipies opsweping wat hul aanspoor. Nie een van hul het die vaagste benul van hierdie land se werklike geskiedenis nie.

Jacobus ·

Die ANC bly steeds net ‘n korrupte terroriste organisasie, wat nog nooit, of wil nie na ‘n politieke party verander nie. In hul sogenaamde “struggle” het alles net oor vernietiging en haat teenoor witmense gegaan, daar was geen gedagte, hoe om ‘n land met integriteit en orde te bestuur nie. Wanneer mens na hul leermeester, Russiese kommuniste kyk, sien jy ook dat Putin en sy kaders hulself verryk, terwyl die gewone mense net sukkel om te oorleef.

annie ·

Die man is ou nuus, ‘n Zuma-kader zo glad soos ‘n paling en zo giftig zoos ‘n adder. Die klag? Wie gaan dit waag om daarop te reageer?

Eugene ·

cANCer moet beslis die grootste bende misdadigers wees wat ooit iewers in die wereld ‘n land regeer het. Kan hulle nie iewers by ‘n internasionale hof aangekla word van misdadigheid teen hulle land se inwoners nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.