DA-leier gekap oor twiet

'n Skermskoot van Maimane se twiet.

‘n Skermskoot van Maimane se twiet.

ʼn Twiet van die DA-leier Mmusi Maimane het verskeie sosiale media-gebruikers warm onder die kraag terwyl sy woordvoerder meen dit is “onbenullig” binne die groter prentjie van wat in die land aangaan.

Maimane het ʼn foto getwiet van drie mans wat klippe in hul hande vashou, om ʼn hoek staan en kyk en lyk of hulle gereed maak om iemand met die klippe aan te val. “Waiting for the two #coffincase people who act in despicable manner against the South Africa we ought to build. Racism must be destroyed,” het Maimane geskryf.

Maimane het dit getwiet kort nadat Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) in die Middelburg-landdroshof verskyn het nadat hulle na bewering ʼn man in ʼn doodskis ingedwing het.

Maimane is deur talle gebruikers gekritiseer terwyl ander gemeen het dit is net ʼn grap. Mabine Seabe, Maimane se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê dit is “verstommend” dat Maimane se twiet as “nuus” beskou kan word.

“Die twiet is regtig nie ʼn kwessie binne die groter prentjie nie. Die Grondwet word ondermyn, die president lieg en steel, 8,9 miljoen Suid-Afrikaners is werkloos en die DA werk om korrupsie en rassisme te beveg en dienste te lewer in plekke waar ons regeer. Die DA sal voortgaan om te veg teen rassisme en alle vorme van dwepery.”

Op ʼn vraag aan Seabe of Maimane se twiet nie as aanhitsing beskou kan word nie, het hy gesê die DA is ʼn party van die oppergesag van die reg. “Ons sal nooit geweld aanhits of goedkeur nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

Johann ·

Dit bring die prentjie wat in die land aan gaan, in perspektief.

Johann ·

In die algemeen:

Ek dink ons het in hierdie land toetentaal perspektief verloor oor wat rassisme is, ‘n grap is, sommer net vies wees vir iemand van kleur, veral as hy swart is, jy kan niemand oor die kleurgrens meer skeef aankyk nie, ek praat nie eens van geweld nie, en natuurlik is Julius en sy radikales aan die voorpunt om dit nog meer aan blaas en uit te buit, hy floreer daarop, dis deel van stemme werf, lede werf, mense aan sy kant kry.

Maak nie saak hoe reg of verkeerd, hoe absurd of laakbaar die handeling is nie, maar as dit tussen rasse is, word dit byvoorbaat aan die grootklok gehang, groter as lewensgroot opgeblaas as rassisme en die ontvanger sal altyd die verontregte wees, veral as hy ‘n voorheen benadeelde is.

Die land is kookpot verby.

Bennie ·

Sy twiet is onaanvaarbaar veral in die lig gesien van al die geweld op blankes hoekom twiet hy nie daaroor nie. Sy twiet kom oor of hy die geweld goedkeer en kan nie as iets onbenullig uitgemaak word nie. Persone in sy posisie moetdink voor hulle twiet en moenie op die ingewing van die oomblik reageer nie. Ons land is alreeds n tydbom wat se lont aangesteek is almal het net genoeg gehad.

Asjas ·

Ek het hom nog altyd bewonder omdat hy stilbly nie nie kommentaar lewer oor moord op swart of wit nie. Ek het gedink hy is ‘n slim man wat hom nie by ‘n spesifieke groep skaar nie, regtig gedink hy is vir Suid-Afrika en al sy mense en dat hy alles wil beter maak vir almal, sodra hy die kans kry.
Duidelik is hy nie die antwoord nie, ek is bitter teleurgesteld, sy ware kleur het nou gewys …

Kosie ·

‘n Beeld spreek ‘n duisend woorde, maar so kom die ware “kleure” nou te voorskyn.Was maar net ‘ n kwessie van tyd.

m ·

Liewe hel ma kyk hoe groot is daai klippe. Moet n opgevoede mens op so manier aangaan??

Santjie stoof ·

Sorry vir jou ou pêl.
Klink soos n EFF. Net met n ander baadjie.
Sies vir jou en dit van n leier van DA af.

Jean ·

Hier gekap en daar gekap en hy gaan NIKS oorkom nie, waar is die ANC en EFF nou? Dit is NIE in SA enige oortreding as jy haatspraak en mense opruie teenoor minderheidsgroepe nie, NET as jy ‘n lid van die meerderheidsgroep in ‘n doodskis indwing. As jy RASSISME wil vernietig moet jy by die Meerderheidsgroep begin wat tot nou toe nog nie eenkeer daarvoor gestraf is nie terwyl mense uit die minderheidsgroepe al erg gebukkend hieronder gaan in die afgelope 22 jaar. Wys jou maar net watter kant die leier van die DA staan. Jou onderrok hang uit.

Johan ·

Die tweet bring” moenie maanie” se ware kleure navore…..hoop hy vra onverkoning……

Adam Boshoff ·

Hy is net so vals soos ANC en EFF Het hy al ooit sy bek gerek oor die wreedheid van PLAAS MOORDE…..NEE!!!!!!! want dis mos witmense wat uitgeroei moet word soos hy nou daar sê Nooit kry die DA ooit weer my stem nie want net swartmense is mos belangrik vir hom Sies man!!!!!

Franco ·

Jy praat so waar! Elke dag word wittes op plase vermoor. Nie Maimane of die hoofstroom-media se iets daarvan nie. Dit is seker “reg” soos daai 7de laan akteur propageer het

Paul ·

Ek kan nie onthou dat hy enige afkeuring gegee het toe die 45 jarige blanke man langs die Vaalrivier voor sy familie met ‘n graaf doodgeslaan is en die skuldiges met die slagoffers se kos en drank in hul mae, ‘n oorwinningdans om sy lyk gedans het nie.

DA=ANC=EFF.

Andrea ·

Baie waar. Sien uit om môre sy twiet oor die plaasmoord wat vannag gaan plaasvind te lees.

Niccy ·

Hehe, as dai coffincase ouens nie vinniger loop nie, gaan die klip van nommer 3 op sy toon val!

peanut ·

Halo!
Hy probeer die belaglikheid van die 2 se oordrewe arrestasie en aanhouding aan Jan Publiek oordra. Ek verstaan wat hy probeer se, maar nou ja, daar is ook n verskil tussen 167 en net onder- en gemiddeld

Griet ·

nee, Peanut, jy verstaan die prentjie verkeerd. Hy hits geweld aan. Hy probeer sê die 2 verdien om doodgemaak te word op ‘n wrede manier. Ek hoop hy vra omverskoning. Ek mag nie sulke prentjies op media versprei wanneer ‘my mense’ benadeel word nie, so hy mag ook nie.

Cherokee ·

So peanut, jy is dus besig om verskonings vir Maimane op te dis. Meer waarskynlik verskonings vir jouself omdat jy daarvoor stem.

Asjas ·

Ek weet nou nie so lekker nie. Het jy nou net my intelligensie bevraagteken? Maar nou ja, ek is bietjie onder gemiddeld, dus sal ek nooit weet nie.
Vir my was die boodskap in my onderontwikkelde brein baie helder, maar dankie in elkgeval vir die kritiek, ek is seker as dit van waarde was sou ek iets daaruit kon put.

Pietman ·

Ek hoop ou Moesie het ook in die openbaar uitegeaar teen die spul wat die pa met ‘n graaf doodgeslan het langs die vaalrivier asook die vele plaasaanvalle. Om iemand dood te maak is darem veel erger as om iemand skrik te maak wat jou grond betree.

Lilla B ·

Daaroor wonder ook! Doodse stilte daaroor waar ‘n man wat niemand se grond betree het of skade berokken het doodgeslaan is voor sy familie. Dit word onder die mat ingevee. Waar was die DA en hul maters toe, geen woord, daad of bystand by die vele mense wat vermoor en gemartel word nie? Die twee ouens in die kis video het ‘n baie dom en onnadenkende daad gepleeg, niemand kan dit goedpraat nie, maar ek glo mense is so siek en sat vir betreders en bekruipers dat hulle tot sulke uiterstes gaan om mense skrik te maak om van die grond en hulle besittings af weg te bly. Daar is meestal ‘n ander kant van die munt ook. Daar was nie ‘n panga of bloed nie of het ek iets gemis?

Karma1 ·

Dit is ongetwyfeld aanhitsing van geweld. “A picture speaks a 1000 words”, sê die Engelse. En wat Musimane ‘tweet’, gee ongetwyfeld die indruk dat daardie 3 (al is dit waarskynlik ‘n onverwante foto) vir daardie 2 ‘boere’ wag, om hulle op die mees onmenslikste manier dood te maak – dood te slaan met daardie enorme klippe. SIEN ALMAL NOU HOEKOM EK NIE DA STEM NIE EN HOEKOM EK NOOIT OOIT WEER SAL STEM NIE????

Se maar net ·

Nou is ek eers baie bly dat ek nie vir DA gestem het nie, mooi beloftes nie baie lank gehou nie nè.

tom ·

As daar nou drie blankes gestaan het met klippe wat sou die da dan gese het ek kan raai

Michael ·

Die ou het dit maar niet getwiet uit taktiese oorwegings. As hy stilgebly het oor die saak sou sy swart stemmers hom juis beskuldig het van rassisme. Met so twiet gee hy sy swart stemmers maar net ‘n been om op te kou.
Ek persoonlik dink nie Maimane is voorstander van geweld of rassehaat nie.

Griet ·

dan moet hy omverskoning vra en sê hy het uit woede reageer sonder om mooi te dink. Maar weereens, so het penny sparrow en baie ander uit woede reageer en iets publiseer sonder om mooi te dink… En hulle verskonings behoort ook aanvaar te word.

Cherokee ·

Wel Michael, ek persoonlik dink jy is ‘n voorstander van Maimane.

Carina ·

Mmmm ek wonder wat sou die reaksie wees van die bevolking as dit paar blankes met pangas ens was wat so gestaan het na n hofsaak op die persone wat n boer vermoor het. Hierdie pragtige land met soveel mooi om te gee is besig om inmekaar in te tuimel. Tog bly ons (alle rasse) hoop….maar almal raak gaaivol.

Jan ·

Wel wat verwag jy van die DA? Eerstewereld standaarde? Dream on.

The Truth Project ·

Two wrongs don’t make a right.
Hy het nou nes Julias Open Season op wit mense verklaar.

anoniem ·

My vraag is…..kom ons kyk hoe lyk die huise rondom hulle….lyk dit enigsins asof dit Middelburg se landdros hof is? Ek dink die foto is gephotoshop….dis wel in SA maar ek glo nie by Middelburg se landdros kantoor nie….

Griet ·

ai, anoniem, dis nie ‘n regte foto van die regte geleentheid nie, dis beeldspraak. my genade…

Simon ·

GJ de C K,
Sjoe , jou kommentaar spreek van uitsonderlike insig en verhewe intelligensie.
En dit nogal op n openbare forum.

Griet ·

Sal Afriforum en die res asb maar hierdie aangee iewers by MRK of iets sodat hy ook maar hiervoor ‘vervolg’ kan word – en sy lessie leer. Dankie

marlene ·

Dit vat nou regtig die koek! Wat is dit met almal wat rassisme en geweld aanblaas? Ook net sekere gevalle wat die nuus haal. Die ander word onder die mat ingevee.

Schalk ·

Ek kan eerlikwaar nie onthou waar enige DA leier op enige staduim vir al sy kiesers orr alle kleurgrense dit duidelik gemaak het dat alle rasse onder die DA dieselfde regte en voorregte sal kan geniet en op dieselfde voorwaardes soos wat demokrasie betaam sal oorweeg word vir poste en bevordering. Die DA spreek nie die EFF aan nie wat erger dinge uitspreek as Zuma? En kom ons kyk maar watter rassegroep betaal persentasiegewys die meeste belasting. Alle politikuste is dieners van die publiek en hulle arrogansie se finasiering kom van belastinggeld. Daar is massiewe BEEE besighede wat se persentasie nie demokraties verteenwoordig word nie. Hoe dan nou?

Gerrie ·

daai ou links moet oppas, hy gooi nou-nou sy eie toon af…ek dink nie hy kan daai stuk bourommel 1m gooi nie

Gerrie ·

Julle DA ondersteuners (meeste blankes in SA)…dit is julle “leier” daai, kry vir julle.

Simon ·

Verdraagsaamheid, Verdraagsaamheid,
Wat n wondersoete woord
Wat so min mense regtig die betekenis van verstaan

Maud ·

Rimpeleffek van ‘n baie dom doodskis insident op ‘n baie slegte politieke tyd in Suid Afrika.Almal soek rede om te haat en te vergeld en vinger te wys !Selfs die wat kommentaar lewer oor die verwante berigte kap mekaar oor en weer. Dan word Malema ingesleep.Hy is niks behalwe ‘n groot mond en ‘n vlieg in die ANC se salf.

andrea bredenhann ·

Hoekom word da net n ophef gemaak van wit op swart rasse haat,ek self deur geloop onder swart op wit rassehaat en sover ek weet was ek nerens op die nuus nie,absoluut belaglik!

Su-Marie ·

Ja die 2 was helemaal verkeer maar hoe derduidende wit mense is graf toe gestuur deur swart mense maar niks word daaroor gese nie wit mense staan nie met klippe en pangas voor die hof en dreig nie. In ons land is daar net eenkant.

Jeff ·

So, hy keur die EFF se poster goed wat sê KILL WHITES, want met daardie groot klippe gaan hulle(2 wit boere)nie oorleef nie. Mooi DA, my kruisie nooit weer vir julle.

Melanie ·

Gister het een EFF ondersteuner ‘n bord op gehou wat se “kill white” wys op video, vanoggend 4 uur is ‘n 71 jarige man met ‘n panga in sy huis aangeval,wat duidelik is dit word aangehits deur EFF.

Cherokee ·

Daar is ook ‘n positiewe kant aan die spesifieke twiet en foto van Maimane. Dit wys weer ‘n keer aan die DA-stemmers (ondermeer in hierdie Maroela-Forums) waarvoor hulle stem. En moet nie maak asof julle nie daarvoor stem nie – ‘n stem tydens ‘n verkiesings is ‘n blanko tjek.

Simon ·

Verdraagsaamheid, Verdraagsaamheid,
Wat n wondersoete woord
Wat so min mense regtig die betekenis van verstaan

Gerrie ·

Hoe lank moet ons nog verdraagsaam wees Simon…totdat ons uitgewis is ?

Cherokee ·

Ek het die trotse rekord dat ek nooit NP, DA òf KP gestem het nie.

Simon ·

Nou waaroor staan jy nou WEL, Cherokee.

Besef jy nie dat jy, deur NIE vir daardie party te gestem het Nie jy eintlik daar deur te kenne gegee het dat jy volkome maar dan ook volkome met die optrede van die ANC saam stem nie

Anoniem ·

Musi, jy het nie mooi gedink oor hierdie een nie. Jou twiet is in swak smaak. Ek het nie ‘n probleem daarmee as jy die optrede van die 2 wit mans veroordeel nie, want ek persoonlik voel ook dis verkeerd. Maar hierdie twiet verkondig wraak en is onnodig.

Asjas ·

Maw wat hy se is “‘n oog vir ‘n oog”? ‘n Lewe vir ‘n lewe, is hy dus pro-doodstraf?? Die man in die doodskis is nie eers dood nie maar nou wil hy he swartmense moet die twee wit mense stenig??
As ons nou die boodskap vat en hol daarmee dan is ons baie ver agter met die stenig van plaas en ander moordenaars in die land?

Denise ·

Dit is soos Lilla B se ek stem volkome saam met haar en hou op die twee wit boere so te beledig almal maak foute !!! En die da leier moet baie vervelig wees om sulke TWAK kwyt te raak!!!!

Pj ·

Ja soos baba`s is hulle, ek mag maar jy mag nie……Anders huil ek

Lance ·

Deur niks te se keur die DA die mense se optedes goed en stem hulle eintlik saam met hatige mense wat ander mense wil afmaai hulle grond wil beset en dit alles gebaseer op ras en hulle eie verbitterde agterdrond en verlede . So ek stem saam DA staan dan op en se iets en veg soos julle uitmaak julle doen !

hans ·

Wag in spanning om te sien of Beeld se redakteur ook die DA-leier gaan kritiseer soos hy die Middelburg 2 kritiseer het.

humor ·

Dit is duidelik dat in die uitwissingsplan van rassisme werk met ons kommunikasiemedia gemaak moet word en nie net gefokus word op individuele gevalle en die pleers daarvan nie. Om haatdraende rassisme te veswyg is eweeens rassisme en dien nie tot stigting nie.

Tong innie kies ·

Waar is Barend Strydom “Witwolf”? Ek vra maar net!

Uiltjie ·

Lees ASB die twiet in perspektief! Moenie net gereed staan om klippe te gooi soos daai drie nie! Ek ken nie vir Musi persoonlik nie, maar hy lyk vir my na iemand wat ook AF en toe n grappie geniet! Gee die ou ook sy dag af!

Anon ·

Hoe mense “lyk” en hoe hulle IS – is twee baie anders de goed.

miv ·

Mnr Maimane wys maar net dat die ander kant nie so onskuldig is nie.

Zachrys ·

Almal bekyk die saak van die video (wat ek nie wil kyk nie) Ek wil steeds sê die anderkant van die saak is nog nie duidelik nie, wat het daardie ouens so die joos in gemaak oor victor? Het iemand al daardie vraag gevra? Lykmy meer asof hulle hom wou skrik maak…

Sam ·

Ek het DA gestem, en ek sal weer DA stem. ‘n twiet wat uit perspektief gesien word is mos maar so in ons bloed. Afrikaners het lankal hul trots en krag verloor, die berig se kommentaar is bewyse. Al wat Afrikaners nou doen is sit op hul stoel (dalk stoep) en moun dat die biesies bewe.

Sandy ·

Sam. Ek is so bly ek het nie so ‘n swak sin vir humor dat drie mans wat met massiewe groot klippe wag om 2 blankes dood te gooi/kap vir my ‘n grap is nie. Dit is altyd julle verskoning “verkeerd aangehaal, of nie in perspektief gesien nie”. Dit is net dat julle dit eintlik nie vang nie, en ons het die reg om te ‘moan’ as daar daagliks moorde op blankes is en die DA leier (waarvoor meeste blankes gestem het) hits geweld aan, eintlik nie net geweld nie maar MOORD op wittes deur swartes met groot klippe. Jy moet maar lekker DA stem, dalk kry jy ook volgende keer ‘n klip in die hand in plaas van ‘n T-shirt.

Jaycee ·

Die DA-leier wys sy ware siening [grappig of nie] met hierdie twiet, en dit is dat wanneer enige blankes hulle skuldig maak aan iets rassisties dit ‘n oproep is vir swartes en anti-blank blankes om met alles tot hulle beskikking blankes oor die algemeen as rassiste te etiketteer. Geen regdenkende mens wat omgee oor die toekoms van ons land sal die optrede van hierdie mans goedpraat nie, maar Maimane se onverantwoordelike optrede [ek plaas dit in dieselfde klas as Malema se mal dinge wat hy kwytraak] is onvanpas en opportunisties van hom as leier van die amptelike opposisie. Dat die voorval gebeur het is erg genoeg en dit is onnodig vir meningsvormers om met oordrewe reaksie goedkoop publisiteit te soek.

C. Pienaar ·

Almal dink dat in die volgende verkiesing die DA die opposisie gaan wees. Ek het nuus vir julle: Die amptelike opposisie gaan of die ANC of die EFF wees. MM is ‘n opportunis – die voordele in die parlement selfs na slegs 1 termyn is baie lekker – pensioen en mediese voordele.

Griet ·

ek wil net weet wat gebeur verder? Gaan iemand vir Maimane sê hoeveel mense hy omgekrap het? Weet hy reeds? Waarom sien ek geen ‘response’ van hom af nie? Het hy die twiet uitgevee of is dit nog daar? Asseblief, kan iemand antwoorde gee, ek gaan dit nie net so kan aanvaar nie – daar moet ‘n verskoning van hom af kom.

Barend ·

Ek is bly om te sien Afrikaners se oë is besig om oop te gaan. Ek kon nog nooit verstaan dat ‘n Afrikaner vir die DA stem nie – erger as die Sappe van destyds.

Penelope ·

SA moet terugkeer na God! Ons moet meer bid en op God vertrou. Ons moet onsself dalk in die volgende ou se skoene sit voordat ons oordeel of doen. Lees Habakuk, dis was nogal ‘n “eye opener”.

DC ·

Musi se DA ideologie is die regte een vir die land, maar ek moet saam met die meeste kommentare stem dat ek eintlik so tipe twiet van malema sou verwag en nie van die DA leier nie… Dis eintlik skokkend en deffo rassisties aangedrewe. Musi kan maar allerhande verskoning probeer uitdink, maar hier is hy nou uitgevang en sy ware gevoelens oor wit mense kom in hierdie rassistiese twiet duidelik na vore. En die anc en malema sal nie kritiseer nie want hier stem hulle nou saam met hom. Die hele lot van hulle is maar inherent haters van blanke mense en die “jaloesie” teenoor blankes is so diep gewortel dat dit nie in ons generasie reggestel sal kan word nie. Gelukkig maak een swaeltjie nie ‘n somer nie en sal ek aanhou vir die DA stem totdat daar ‘n dudelike beter opsie na vore kom (nie Connie Mulder nie asb tog…)

Jakes ·

Ag kom nou julle, Zapiro se spot prente omtrent Oscar & andere gaan ook nou skielik deur julle verdoem word?
Ek stem saam met Sam & Uiltjie & Jaycee se poste hier bo, sienende julle oordrewe reaksie op iets wat eintlik die land se realiteite aandui.
Ek aan daai lot wat soos Karma1 en Gerrie nie gestem het nie, as dit nie vir die DA was nie wat AL die groot stede oorgevat het nie sou die ANC met Zuma aan die voortou ons land lankal al in nog ‘n Zimbabwe verander het en was die blankes lankal in squatter camps gedwing!!!
Dink daaraan…

Yolandep ·

Ekt my laaste kruisie vi DA getrek die jaar! In 2019 sal dit eerder vir die VF wees en kom ons maak almal so!

Aster ·

Ek stem saam Yolandep. Het die DA ‘n kans gegee om op te staan vir ons almal maar nee jong, dit neig al ewig na een kant van die draad. Ons almal moet vir VF stem, as almal tog maar net vir die VF wil stem. Kom ons kyk wat gebeur!

Tanja ·

Niemand vra wat het veroorsaak, dat mans dit gedoen het, en hoekom hy in die doodskis ingedwing is??? Ek se nie hul optrede was reg nie, maar daar moet tog ‘n ander kant van die saak ook wees. Hoekom word die hele storie nie vertel nie??
Wat Die DA leier se opmerking aanbetref. Elkeen maak ‘n afleiding, weereens, wat was sy bedoeling? Som dit nie die reaksie van baie mense op nie? Mense is vinnig om te stenig sonder feite. Wat het geword van ons gesonde verstand??

charles ·

Daar is geen verskil tussen sy sienswyse, die ANC en die EFF sin nie, alles draai om wat die blankes doen.

Dirk Breytenbach ·

Was nog nooit ‘n bewonderaar van Maimane nie en sy rasse onderrok hang sleg uit. Hy is net so hatig en vyandig teenoor die wit mense soos die EFF en die ANC. Kyk maar na sy uitsprake oor BBBEE en EE, hy is duidelik nou een vir 80,9, 9,2 en nie prestasie, meriete en produktiwiteit nie. Duidelik ken hy ook nie SA se geskiedenis as dit kom by grondbesit nie en gebruik hy dieselfde propaganda as die ander partye in die regering om wit mense onnosel, sleg en skelm te laat lyk. Hy het ons duidelik nie meer nodig nie want die DA is op ‘n skinkbord aan hom oorhandig. Kan ons vir Steve Hofmeyer verkwalik as hy emosioneel raak oor die situasie in die land wanneer wit mense wreedaardig aangerand en vermoor word? Die doodskis narre het duidelik te ver gegaan met hulle gedrag maar weereens staan almal tou om politieke munt en wraak uit die situasie te haal. Hy behoort aangekla te word van aanhitsing tot geweld en haatspraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.