DA-leier ontken leierskapklasse van FW

Die Mail & Guardian se voorblad

Die Mail & Guardian se voorblad

Mmusi Maimane, leier van die DA, het ontken hy het leierskapklasse van oudpres. FW de Klerk ontvang.

Die Mail & Guardian het Vrydag ʼn berig op sy voorblad gedra getiteld “Uproar over Maimane’s ‘lessons’ with FW”. Die berig het Vrydagoggend vinnig tot ʼn herrie op sosiale media gelei nadat Maimane en die DA se woordvoerders die berig as onsin afgemaak het.

“Terwyl rassespanning in die land toeneem, weier die DA-leier om kommentaar te lewer op wydverspreide bewerings in die party dat hy ‘leierskaplesse’ ontvang van apartheidsera-president De Klerk,” berig die weeklikse koerant op sy voorblad.

Maimane het egter teruggekap op Twitter en gesê die berig is loutere onsin. “As leier van die opposisie, ontmoet ek gereeld met voormalige leiers en staatspresidente. Ek het oudpres. De Klerk een keer in 2014 ontmoet, net soos ek onlangs met oudpres. [Thabo] Mbeki ontmoet het. Dit is nie ʼn storie nie.”

Volgens die Mail & Guardian se berig het vier bronne in die DA se binnekring glo bevestig Maimane het verskeie kere met De Klerk ontmoet.

Verashni Pillay, redakteur van die Mail & Guardian, het intussen ook op Twitter gesê hulle volstaan met die berig en diegene wat nie daarmee saamstem nie, is welkom om die persombudsman of die howe te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Tjaart ·

Kleinlikheid van swart politici maak dat SA nooit weer ‘n ekonomiese mag in Afrika sal wees nie. Daarom dat meeste mense in Asie steeds nie weet waar SA is nie. Wat maak dit saak by wie die DA skoling ontvang. De Klerk en Mandela is erkende leiers wereldwyd, maar die ANC en ander swart DA leiers huil? Siestog, dis oor al die babas in ons “leierskorps” dat niks vooruitgaan nie. Leer van leiers soos Pik and de Klerk, want in hul tyd was SA ‘n mag, met net die verkeerde politiek.

m ·

Ag dis seker nou weer storie van die ANC. En hulle kry “leierskap” klasse van Mugabe. FW was nou nie veel van leier nie so weet nie wat DA so vreeslik by hom kan leer nie.

Melt Olckers ·

Die ANC moet ingedagte hou dat dit NR1 is wat vriende is met die diktators van muishondlande waar menseregte skending ‘n algemene tydverdryf is.

maritz ·

Hy is op die regte pad , praat met mense wat weet hoe om n nasie te lui nie soos sommige mense nie . Hy het nog baie om te leer maar om met mense te praat wat iets weet kan hy net better .

Gary ·

Hierdie storie illustreer duidelik hoe laag die vlak van politieke debat in hierdie land gedaal het. Die media speel ongelukkig ‘n groot rol daarin. Is daar niks meer belangriks wat in SA aangaan nie. Hoe kan enigiemand met ‘n bietjie verstand hulle tyd op sulke twak mors.

Estelle Potgieter ·

Die DA sal, as dit waar is, al sy blanke kiesers verloor. Die blanke is KEELVOL vir FW. hy moet hom besig hou by sy aftree-oord se tuine!

Manie ·

Geenn fout om in gesprek of leiding te kry en te verbeter waar dié ander fout gemaak het nie. Ten minste wil hy beter doen as Mugabe .

chrisp ·

Manie.

Mugabe nogal se jy.
Jy stel jou mikpunt vir hom gelukkig nie te hoog nie. Ek dink die DA kan dit dalk net maak.
Beter as Mugabe, jy is seker nie ernstig nie?

Rynhardt ·

n Woordvoerder van die liberale DA het sopas op ETv gese dat dit is nonsens dat hy lesse kry oor leierskap by FW! Sy het egter erken dathy verskeie kwte in die verlefe met De Klerk ontmoet.Uitgeslape FW het beslis n sterk invloed by die anti-Afrikaner party! Net iwts interessants oir die verlede.Jaap Marais van die HNP het in die verlede yitgespel dat die NP sterk beinvloed was deur die luberale.In 2014 het Pik Botha tydens n onderhoud erken dat hul beindruk was deur die liberale denkwyse! Ek glo beslis nie Maimane en DA nie.Moenie bekommwrd wees nie wittes, glo in jou DA hul wag op jou stem !

Loeis ·

Die DA het die NP van de Klerk se plek ingeneem, ten minste wat blanke kiessers aanbetref.

Bg is nie ‘n kompliment vir kiessers nie. En ‘n verbintenis met de Klerk is ook nie ‘n kompliment vir Maimane nie.

emiel ·

DA leier gaan steek kers op by die groot verleier vir advies!

Klaas ·

Gary verwys na die lae vlak waarin die politieke debat verval het – ek stem volmondig saam! Kommentaar teen Zuma word deesdae altyd, ongeag uit watter oord dit kom, as rassisme afgemaak. Ongelukkig, Gary, lyk dit vir my of daar ook nie eintlik veel van ‘n politieke debat in hierdie kolom is nie! Party ouens baklei nog steeds teen FW terwyl hy 20 jaar gelede al uit die openbare politiek getree het. Kom by asb! Ons is in 2016. Al het jy nie destyds met die besluit van die meerderheid wit mense saamgestem nie, kan beledigings teen FW en enige van die destydse leiers niks aan die huidige situasie verander nie – dit is ‘n nuttelose en holruggeryde debat!

StopTheMadness ·

Leierskap klasse by FW? Asb tog! Nou weet ons die DA gaan oor twee jaar ontbind en in die ANC opgeneem word. Skokkend hoe dun die leiers in ons land gesaai is…

Rynhardt ·

Net nog iets interessants.Twee Anc partye was juis gestig om Afrikaner vir 22jaar te onderdruk, daarom het De Klerk verskeie ontmoetings met DA-leierskap in verlede gehad om die tradisie voort te sit teen Afrikaners.Dit was ook die einste liberale wat De Klerk met straatnaam vereer het.Ek glo dat baie dinge oor De Klerk nog navore gaan tree.Nog meer moet navore kom, veral vir daardie “slimmes” wat glo De Klerk is n held.

Gert ·

Ja nee, die volkstaters is al weer in volle vaart met al die opmerkings hierbo. Geniet Superrugby, krieket, wêreldbekerrugby wat gekom het sedert 1994, ‘n ekonomie wat 3 keer groter is as in 94. Die lys gaan aan. Hy het probeer om ‘n grondwet daar te stel wat ons beskerm, en ja hy het geweet die ANC kan nie vertrou word nie, en dat hulle die regering sou word. Maar skynbaar het almal beter oplossings as hy gehad wat ten minste van sy kant af probeer het om geregtigheid te laat geskied. Julle wil hê hy moet pa staan vir die patetiese ANC. Plaasmoorde en BEE is nie sy skuld nie. As leier probeer jy om ‘n goeie nalatenskap te los. Verwoerd se nalatenskap was opstande, geweld ‘n grensoorlog, erge rassediskriminasie., isolasie, geen rugby, ‘n kwynende ekonomie. Ons ekonomie doen sleg a.g.v. slegte bestuur- nie De klerk se nalatenskap nie. Jy kan nie hou wat jy wil met ‘n bestel wat ander benadeel nie. Verandering moes reeds voor Verwoerd gekom het. Hy het die gemors net nog verder gevat en erger gemaak. Toe alles ‘n kruitvat word het De Klerk dit probeer regstel. Ons grondwet staan ten minste vir dit wat reg is. As dit verontagsaam word kan jy nie die skrywer blameer nie. Blameer die ou wat dit verontagsaam, en bid vir God se hand van genade. Dink julle vir een oomblik dat hulle nie elke moontlike oplossing probeer vind het nie. ‘n eerstewêreldse grondwet is al wat jy kan doen as jy probeer beskaafd wees, anders moet jy onbeskaafd wees en teen ander diskrimineer. Wat maak dit jou as jy aanhou om te diskrimineer met wetgewing en brute krag? Die antwoord is: Net so onbeskaafd.

Bach ·

Hoera vir die nugter denke van Gert en Klaas. Niks sal bereik word deur aaneen vir FW te blameer nie. Hy het SA immers van ‘n moontlike bloedbad gered. Ek wonder hoeveel vd klakouse en beledigers was al gebore vroeg in 1990 en hardloop nou maar net met die stroom saam.

Hein ·

Lekker nonsens praat Gert. Jy as deel van die verantwoordelike minderheid het geen stem in die huidge demokrasie nie. Of die minderheid het net 2% stemme in die demokrasie. Die land se toekoms word bepaal deur die oorgrote meerderheid wat net die ANC , EFF en in ‘n mindermate die DA ondersteun. FW het in hulle naiewiteit die land se grondwet verkeerd opgestel. Gaan vra maar baie politieke komitators.

Berhalet Beukes ·

En wat is Mandela se nalatenskap enigsins anders as Verwoerd s’n? Het die besluit wat FW de Klerk geneem het enigsins beter vrugte afgewerp? Was ons mede landsburgers tot op hede volwasse genoeg om oor hulle blanke histerie te kom en die land effektief te regeer? Is dit diskriminasie as ek ontevrede is met FW de Klerk? Is dit nie my demokratiese reg om die josie in te wees dat daar nie beter sorg geneem is met die besluite wat geneem is nie? FW de Klerk, Mandela en die hele ou lot is ewe skuldig aan wat aangaan!

chrisp ·

Gert jy en die lib koor,
Julle het absoluut geen benul waarvan julle praat nie en om elke punt verkeerd te bewys gaan net my tyd mors met julle.Ek doen gewoonlik presies dit met al die liberale gekerm van mense wat my taal ook besig maar die is bietjie te ver,Selfs die meeste van hulle (DA)kan sien dat julle ‘n oordosis van propaganda en wan-informasie het of probeer verspry.Verder sal feite geen indruk op julle maak nie, julle wil dit bloot nie weet daarom bestaan dit nie .Ek ken die groep al wat slegs met “ek voel dit aan my eie bas” dalk sal begin dink(alla Gareth Cliff wat die ANC en DA al beide ondersteun het) . Ironie op sy beste.
Sport? (kwotas dit begin nou)
Ekenomie (Zimbabwe,Tantzanie,Zambie man almal sin het ook gegroei as jy dit uitwerk he he heeee) Ek kan werklik nie glo iemand skryf so iets nie.
Bloedbad. Daar is reeds baie meer mense wit en swart in die RSA vermoor gemartel ens as wat jou kamma bloedbad ooit sou bring.
Die bloedbad ding is ‘n baie lekker droom wat as ek reg was juis deur FW en later die Max du Preez van die wereld uitgedink is. Maar gee kans die regte een wat nooit sou gebeur het nie is oppad en dan moet jy aan al die swartmense gaan verduidelik hoekom julle hulle so graag deur swart-etniese moorde wou stuur.

Net so iets om aan te dink (meer vir die liberale Afrikaner wat nog kan dink en dalk tot beter insigte kan kom),
Between 1962 and 1972 the UN paid $ 298 million to underdeveloped countries compared to South Africa that spent $ 558 million on the development of its black areas.

Dit klink darem soos rassiste nie waar nie?(dit is nie nou Gert,Reinhardt en Bach nie julle sal nie verstaan nie),

Paul ·

Chrisp,
Baie nugter kommentaar. Gert het ‘n absolute spons geword wat al die liberale propaganda ingesuig het en ongelukkig nie naby aan die werklikheid gekom het nie. Hul droomwereld kan dalk binnekort inplof.

Ai, die spellers... ·

@ chrisp, Elkeen het die reg om dinge te sê soos hy voel; jy ook en al stem jy nie saam met ander, los persoonlike aanvalle uit. Net soos jy voel jy is reg, so is dit hulle reg om te voel hulle is reg. Leer spel man!

chrisp ·

Ai,die spellers…

Ek val die leuns aan nie die persoon nie.As jy onwaarhede kwyt raak sal ek se jy weet nie waarvan jy praat nie omdat ek dit kan bewys en nie”glo”nie. Dit is dus nie ‘n kwessie van glo of voel nie maar wat feitlik reg is. Hierdie is nie persoonlike aanvalle nie maar ‘n weersin in alles wat vals is.Hierdie valshede word deur veral liberale mense versprei as die waarheid.Dat konserwatiewe mense dit ook doen is egter ook waar,dit is vergeleke met e.g. bitter min.

Wat jou spelling aanbetref skryf ek vinnig en lees meestal(90%) van die tyd nie my kommentare deur nie(tyd).Nou dat ek dit gedoen het sien ek jou punt in.
Ek het weer geen probleem daarmee nie en dit pla my so min dat ek nie die maklike uitweg neem om ‘n spel-program af te laai nie. So as jy kan verstaan wat ek se is die punt gemaak.Ek sal eerder oor my kommentaar aangevat word as my spelling(indien hierdie ‘n BA graad kursis was was dit net andersom).
Ek weet vir baie mense is spelling uiters belangrik en ek verstaan dit,daarom bied ek my verskoning aan.Dit gaan egte weer en weer gebeur so probeer maar die punt raaksien asb.Reageer oor die inhoud dan leer ek iets. Om reg te spel is vandag se dae net ‘n program ver maar kennis en korrekte inligting is vir my baie meer waardevol

Danie Kok ·

Gert, so beskaafde onderdrukking (soos voor 1994) is verkeerd en onbeskaafde onderdrukking (soos na 1994) is in jou liberale droomwêreld heeltemal aanvaarbaar? En jou “feite” het jy waarskynlik in die ANC propogandistiese skole geleer. Dr Verwoerd het ‘n ekonomiese groeikoers van oor die 6% nagelaat, ‘n stabiele en voorspoedige SA, ‘n inflasiekoers van onder 2%, ‘n werkloosheidsyfer van bykans 0% (diegene wat nie gewerk het nie was gewoon net te lui om te werk) en ‘n rand wat sterker was as die dollar. En nou? Maak vir ‘n slag jou oë oop vir wat om jou aangaan, man. Al rede hoekom dit nou gaan soos dit gaan in ons land is Apartheid se skuld – die AFWESIGHEID van Apartheid.

Trolle ·

Geen wonder die DA weet so goed hoe om die Afrikaner so maklik na te kom nie,hulle leer by n meester hoe om dit goed te kan doen.

m ·

Daar is ‘n plekkie in die son vir ons en ons moet dit nooit vergeet nie. Die ANC wil die blaam vir alles op die witte sit om hulle onbevoegtheid te probeer verberg. Hierdie land is deur hulle verwoes nie deur ons nie. Na 1994 het die land begin vergaan deur hulle toedoen. Kyk hoe gaan dit in hierdie land, net chaos en nogmals chaos, definitief nie deur ons toedoen nie. Met hierdie “fees must fall campaign” gaan die staatsdepartemente daarvoor betaal. Ons het vandag gehoor dat alle vakante poste se geld gevat gaan word om vir dit te betaal, so daar gaan nie meer werk wees om voor aansoek te doen nie. Die budget word verklein want die staatsdepartemente moet vir die storie betaal. Almal gaan gratis swot maar daar gaan geen werk wees om voor aansoek te doen nie. Hierdie mense is weereens besig om chaos te veroorsaak.

Remondo ·

so wat maak dit saak? die jonges leer by die oues?….. nog altyd so gewees? ondervinding kom met jare en nie uit boeke uit nie

Reinhardt ·

Die kommentare verstom my. Almal wat vir FW so sleg sê, lig my bietjie in wat julle sou doen? Want soos ek dit sien was daar twee opsies, vreedsaam oorslaan na n demokrasie, of n burgeroorlog. Wat sekerlik sou lei tot n volksmoord. Of het julle vergeet ons is 10:1 in die minderheid?

Rynhardt ·

Jy is darem n ander tipe Reinhardt.Verskeie internasionale bronne het berig dat in 2011 was daar meer as 43ooo moorde jaarliks in SA en meer as 30000 verkragtings jaarliks in SA.Dit wou hoofstroommedia nie vir publiek uitspel nie.Meer mense het die afgelope 22jaar gesterf van misdaad as wat sou omkom in n oorlog! Reinhardt se vie De Klerk hy moet sy briewe aan publiek en media wys dat Jaap Marais aan hom genoem het dat hy die Afrikaner uitlewer om geslag te word.Dit sou wys wie die ware leier was van ons mense.Dinge gaan drasties in 2016 plaaslik en internasionaal verander! Reinhardt, jy is te naief om te kan sien wat De Klerk gedoen het.Die probleem is, jy kan sekere wittes niks leer nie.Ek kan vir wittes een ding uitspel! Jy sal vinnig n hegte volk moet word.Tyd is nie aan jou kant nie! Talle polities korrektes verstaan nog steeds nie die SA politiek en Anc nie!

Loeis ·

Reinhardt, de Klerk en Pik Botha WOU oorgee. ‘n Joernalis het eenkeer vir Pik in TV onderhoud gevra waarmee hulle besig is. Sy antwoord was “We are doing what the One World Governemnt wants us to do”. Dit klink of jy daarvoor JA gestem het. Het jy enigsins gedink?

‘n Blanko tjek was nie die enigste alternatief nie. Die KP en ander het lankal selfbeskikking (ja, in ‘n kleiner deel van Suid-Afika) as alternatief voorgestel. Wat beteken ons sou vandag nie onder die ANC gestaan het nie. Die mense het nie so mooi gedink nie en betala nou die prys daarvoor.

Reinhardt ·

Ja, ek is n ander tipe Reinhardt. Eerstens my ouers weet hoe om my naam te spel! Grappie haha. Tog sit jy heerlik gemaklik voor jou rekenaar met lugreeling en voer n lekker debat.
Kyk dis onmoontlik om te se hoe dinge sou uitdraai, al wat ek se is dit is nie so sleg nie. Soos Gert genome het, ons kan nie vir FW blameer oor die patetiese ANC nie. Ek is baie trots op wat my mede-afrikaners bereik het in die verlede, maar die dae van “volkstate” is verby. Die feit dat so baie Afrikaners nogsteeds smeek vir dit wys net hoe hard julle geindoktrineer is. Ons sal n middelgrond moet vind waar almal welkom voel en beskerm word. Dit is my twee sent.

Berhalet Beukes ·

Reinhardt… FW de Klerk het baie goed geweet wat hy doen. Hy het soos ‘n hondjie met sy stert tussen die bene pad gevat! Burgeroorlog of demokrasie? Noem jy wat huidiglik in SA aangaan ‘n demokrasie? Ek sien dit as kommunisme/sosialisme onder die valse dekmantel van “demokrasie”. Ons word brutaal uitgewis terwyl FW de Klerk op ons belasting geld agter sy sewe soorte sekuriteit wegkruip!

Reinhardt ·

Loeis, ek het niks gestem in die referendum nie. Op daai stadium van my lewe was ek te besig om te leer om fiets te ry! xD

Danie Kok ·

Reinhardt, baie dankie dat jy jou ouderdom verklap het. Dit verklaar minstens jou totale gebrek aan insig…

amelia ·

Ek het saam ‘n swart dame wat werkverband is gaan koffie drink. Stel iemand dalk belang??????
Ek dink regtig dit het niks met die wereld te doen saam wie kuier of aan wie se huis jy kom vir gesels ens nie. Ek dog dit is ‘n land waarin jy ten minste jou eie geselskap kan kies. ANC is meer kommunisties as wat meeste van ons dink. Hulle wil besluit wat jy dink, se, wat is joune en nie en waar jy bly en of ander vir jou werk mag gee en met wie jy praat ens ens ens. Is ek ‘n dom vrou die enigste lewendige wese wat dit agterkom. Ons leef in ‘n kommunistiese land. Als is die regering sin en die regering wil selfs besluit of jou maag kan werk of nie.

JOHNY ·

Gert ek het gelees wat jy getik het.In n mate stem ek saam wat jy bedoel . Ek dink net Pres .F W de Klerk kon vir ons n volksstaat tot stand laat bring het. BV die onderste gedeelte van Suid Afrika . Ek glo dit kon gedoen word en dan kan elke volk hom self regeer .Die wereld sou dit ook ondersteun het.Dan was sanksies ook nie meer van toepasing op ons nie .Swaziland .Lesotho.ens het ook hulle eie grond in Siud Afrika die wat dan by die Afrikaner volk wil aansluit is welkom op ons voorwaarde dan is almal gelukkig . En as opsie volkstaat nie vir almal te vinde is nie. Dan stel ek voor dat Suid Afrika deur n Jurie stelsel soos in Amerika se Howe gevolg moet word.BV. Alle volke of partye gee 50 persone om hulle te verteenwoordig in die Parlement en hulle word elke 3 jaar vervang met nuwe 50 LPS .Kom ons se daar is 11 verskillende partye . So die party met die meeste mense wat hom volg is nie in bewind nie. En die party met die minste mense wat hom volg is ook nie in bewind nie .So niemand regeer niemand nie.Almal het n se in die land se doen en late .So daar is verskeie persone wat gekies word deur al die partye om Suid Afrika te verteenwoordig in die wereld . Dan kan bv soos die ANC het net 50 lede om hom te verteenwoordig se al 50 die doodstraf moet nie terug kom nie . Maar die 50 lede van die DA se net 20 lede dat hulle saamstem met die ANC en die ander 30 se nee die doodstraf moet terug om die land se burgers te beskerm en die meeste van die ander partye stem saam dat die doodstraf moet terug kom dan is dit wet.So die SAN bevolking het dan ook n se in die besluite om Suid Afrika n beter plek vir almal te maak . So na my mening gaan die regte mense met die regte ondervinding in die regte poste aangestel word en almal gaan gelukkig wees .Verder dink ek kan daar nie n ander oplossing wees nie . Let wel bo genoemde is net my voorstel en ek dink dit kan in ander wereld dele ook toegepas word. Dan word Diktators ook nie meer voortgebring nie .Ander persone mag van my verskil.Onthou dit is net my weergawe om ons almal n se te laat se al is ons die kleinste bevolkingsgroepie in die land

Poplap ·

Hoe pateties is dit nie. So as ‘n swart man ‘n goeie geleerde leier is dan MOET dit wees omdat hy deur ‘n wit man gehelp is. Besef die ANC en die Mail en Guardian wat hulle impliseer met hierdie snert praatjies?

Doons ·

Ek dink dit het niks met volkstate te make nie,maar oor die feit dat die DA leiertjie klasse by die mees patetiese leier nog ,kry,so min as wat ek van die DA hou,dit is n reuse fout!FW het n liggewig knapie soos Roelf Meyer aangestel as hoof onderhandelaar oor ons kinders se toekoms.Gaan lees gerus Cyril Ramaposa se outobiografie,hulle moes op een stadium vra vir n verdaging sodat die ANC onderhandelaars buite kon gaan lag.Dit gaan beslis oor keuses FW kon begin het met n goeie span,hoewel ek nog nie saamstem met die sy keuse van oorgawe nie.

Rynhardt ·

Doons net iets interessants.Cyril Ramaphosa sit ook in n R30miljoen woning in Leeuwkop waar De Klerk ook in n R30miljoen pophuis sit.

Magriet ·

Alan almal wat sê dat ou FW so ‘n wonderlike bedeling vir ons nagelaat het, hoe moet ons op plase nou voel? Dit lyk my julle dink glad nie aan die eensydige oorlog wat teen ons gevoer word nie!,

chrisp ·

Justa.
Puik, lekker lag ek nou.
Mooi naweek vir jou jy het myne gemaak

Rosa ·

As die DA ooit moet ontbind dan is dit ons Afrkaners en wit mense se skuld. Dink die mense nou regtig die DA gaan na FW de klerk luister? Hy is ‘n has been wat ons uitverkoop het. Die DA is nie so stupid nie, hierdie is net die ANC se strategie om die DA sleg te laat lyk en mense val wragtig daarvoor. Ek is verstom oor sl die negatiewe praatjies. Ons as ‘n nasie kan maar net nie saam staan nie.

Trolle ·

Rosa ek bly eerder onder n swart presedent as om onder n presedent van Engeland te bly.Hulle het hulle eie engelse burgers uitgelewer aan die moslems wat gaan hulle nie met ons doen nie.

Justa ·

Chrisp ek is bly ek het jou naweek gemaak. Geniet joune ook. Ons het voorwaar iets nodig om ons te laat lag in hierdie droewe land.

Oom Boer ·

Mnr FW de Klerk se NP party het die blanke Suid Afrikaner uitverkoop, vernietig, hartseer gebring en laat verneder, Vandag gee hy kamtig “Leierskap” lesse aan die om ‘n reeds vernietigende volk verder te vertrap. Hul leef in weelde en bepaal ander se lot tot ondergang waar selfbeskiking nodig was. Ons het net ‘n lagstuk in die geskiedenis geword, terwyl van my familie hul lewens gegee het op Angola grens vir vandag se pragstuk waarin ons leef soos ‘n tronk!!!!

Danie Kok ·

At, ek dink jy weet wat “dog” gedoen het. Wat het wyle Eugene Terreblanche en die AWB met hierdie debat oor FW se verraderlikheid uit te waai?

TDW ·

Wat almal miskyk is die manier waarop almal met die witmense pionne speel. Dit laat my baie dink aan skool gedrag. Die kind wat uitstaan met anderste gedrag word die een waarby niemand geassosieer wil word nie, daai persoon word uitgewerp en geboelie. Ons witmense word nou uitgesonder as die ras waarby geen een van die groot politieke partye geassosieer wil word nie. Ons witmense word uitgeworpenes en geboelie.
“Die ANC sê die DA skaar hulle by hierdie “slegte” ras, die DA sê nee hulle het niks met hierdie groep ongewenstes te make nie”.
En ons wit ongewenste “slegte” ras sit en kyk hoe met ons naam tennis gespeel word. Die rede hiervoor? Albei partye is bewus daarvan dat die meerderheid hou niks van die blanke ras nie. Dis hoekom die wit mense as pionne gebruik word, vir ‘n meerderheid se stemme. Die vraag is wat moet ons witmense daarvan dink? Ons is duidelik in ‘n land gebore waar ons onwelkom is!!
Waar is ons plekkie in die Afrika son?
Dit wil ek weet!

Dirk T ·

Mense, julle bakleiery en gemor onder mekaar wys net hoe kwaad en magteloos julle voel. Los maar vir De Klerk en sy trawante. Ons almal weet wat hulle aangevang het. Ons het ook ons eie persepsies daaroor. Die Afrikaner man/vrou ervaar ek as individuele denkers en trotse mense. Ons hele geskiedenis in hierdie land getuig hiervan. Ons staan ook net in krisistye saam. Weereens is ons geskiedenis en die huidige droogtehulp aan boere en gemeenskappe ‘n goeie voorbeeld daarvan.

John ·

Mnr De Klerk was die president van Suid-Afrika en het uit sy eie besluit om die posisie wat aan hom gegun is, prys te gee. Hy het sy kans gehad. Hy kan nie meer namens die Afrikaners praat nie. Hy moet nou maar bes gee en soos die vorige Katolieke pous uit die kalklig tree. Hy moes in sy pos aangebly het as hy nog sterstatus soek. In sy onderhandelinge het hy geen beskerming vir sy mede Afrikaners se regte beding nie. Ons ander moet nou vir hom opkom en hom verdedig as hy te na gekom word. Sjoe, meneer De Klerk, regtig?

Strooihalms, halwe waarhede ens ·

Nou val julle mekaar persoonlik aan! Net wat die ANC soek – verdeeldheid! Hulle probeer na strooihalms gryp om mense die harnas in te jaag en almal val daarvoor. Hou op mekaar aanval, elkeen het die reg om die party waarin hy glo te ondersteun en so te sê sonder om nou weer mekaar sleg te sê op openbare forums. Ek glo glad nie Maimane het “lesse” by De Klerk gekry nie – media sensasie en twak, dis wat dit is. Die wat so DA kritiseer is tog so bly om nou weer ietsie aan te byt en te dink oooo, daarom sal ons nie DA stem nie. Moenie als glo wat julle in die media lees nie, dis gereeld verdraaide of halwe waarhede. O en ek wag vir die aanvallende kommentaar…

CHRISTA ·

EK STEM 100% MET JOU SAAM!!! Die ANC smokkel met ons Afrikansers se koppe en ons VAL DAARVOOR!!!

M.G. ·

Strooihalms, halwe waarhede ens… Dis NET soos jy sê. Plaas dat ons saamstaan nou beledig mense mekaar – vreeslik volwasse! voel soms ek is op ‘n skoolspeelgrond as ek kyk hoe mense teenoor mekaar aangaan. “Let’s agree to disagree” en stem vir wie jy wil, solank jy stem – en daarby wil ek darem voeg asb net nie vir die regerende party nie!

sekondeer NIKS ·

Die grootste probleem in die hele wêreld vandag is oorbevolking…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.