DA-leier: Wie gaan oorneem by Zille?

Helen Zille Foto: Helen Zille, Facebook

Helen Zille Foto: Helen Zille, Facebook

Nominasies vir die leierskapposisies in die DA sluit oor ʼn week en daar is steeds heelwat bespiegeling oor wie moontlik by Helen Zille as partyleier gaan oorneem.

Hoewel niemand al bevestig het dat hulle beslis ʼn kandidaat sal wees nie, is daar sommige DA-leiers wat te kenne gegee het dat hulle dit oorweeg terwyl ander bekend gemaak het dat hulle dit glad nie oorweeg nie.

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, blyk die gunsteling te wees om by Zille oor te neem. Maimane het egter nog net gesê hy sal daaroor dink. Talle partylede het gesê hulle dink Maimane sal ʼn bekwame leier vir die party wees.

Wilmot James, federale voorsitter van die DA, oorweeg dit ook om as kandidaat te staan. News24 het James Donderdag gevra of hy dit steeds oorweeg waarop hy geantwoord het: “Ja. Werk egter nog steeds deur dit.”

David Maynier, ’n DA-LP, oorweeg dit ook om as kandidaat vir die leierskapposisie te staan. Maynier is al die afgelope ses jaar ʼn parlementslid. “Ek oorweeg dit, maar dit blyk dat Wilmot James ook wil staan en ek sal nie teen hom staan nie,” het Maynier aan News24 gesê.

John Moodey, die DA-leier in Gauteng, het ook bekend gemaak dat hy oorweeg om vir die posisie te staan.
John Steenhuisen, die DA se hoofsweep in die parlement, het dit egter van die begin af duidelik gemaak dat hy hom nie vir die posisie beskikbaar sal stel nie. Hy het wel te kenne gegee dat hy Maimane sal ondersteun indien laasgenoemde vir die posisie staan.

Athol Trollip, die DA se leier in die Oos-Kaap, het gesê hy sal hom beskikbaar stel vir die posisie van federale voorsitter. Makashule Gana, adjunk federale voorsitter, sal ook vir die posisie van federale voorsitter staan.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het gesê sy fokus op die posisie van DA-leier in die Wes-Kaap. De Lille het dit duidelik gemaak dat sy haar nie beskikbaar sal stel vir die posisie van DA-leier nie.

Lindiwe Mazibuko, voormalige parlementêre leier van die DA wat tans by Harvard studeer, is glo versoek om terug te kom en haar vir die posisie beskikbaar te stel. Mazibuko het egter in ʼn verklaring gesê dat sy dit nie gaan doen nie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris ·

Dit gaan verseker ‘n swart persoon wees verkieslik ‘n swartvrou as sy nie beskikbaar is nie ‘n swartman of ‘n bruinvrou.Die DA sien nie kleur of geslag raak nie(ons is mos almal gelyk) behalwe as dit by hulle leierskorps kom.O ja ook BEE ag nee wat die mense bly maar huigelaars.
Besef die mense nie dat die swartman deur hulle sien nie?Besef hulle werklik nie dat hulle eintlik hierdeur se die swartman is onnosel nie?
Die DA sal slegs merkbaar groei as hulle ‘n swart party is waarvoor witmense stem en nie ‘n wit party waarvoor swartmense stem nie.Hierdeur bewys hul hulself verkeerd deurdat kleur wel ‘n groot verskul maak(almal sien kleur raak).As die stelling onwaar is hoekom die dryf om te verswart?
Verstaan hulle nog steeds nie Afrika nie,hier bly die party aan bewind die regering.Hoeveel lande het al van party verander in afrika?Die van ons wat nog die moorde tussen Inkata en die ANC onthou sal weet dat dit die grootse rede was vir die gevegte.
Die drie grootste partye in SA se beleide is amper identies net die implementering daarvan verskul.Die persoon wat DA stem moet nog vir my vertel wat sy beleid anders maak as die ANC, hulle het selfs die freedom charter onderskryf.

Jean ·

DA= Scam…..KooL nie die sous werd nie veral nie as n Afrikaner nie…

CHRISTA ·

Chris, kom by in die lewe!! Waarom kan net swart burgers vir ‘n swart politikus stem en net wit burgers vir ‘n wit politikus? Selfs die ANC het wit lidmate!!

chris ·

Christa jy het my ,ek weet nie.Ek het dit ook nie gese nie,wys my asb waar ek dit se.Maar die feit is dat by verre die oorgrote meerderheid mense dit doen en die DA weet dit, daarom hul huigelary(ons sien nie kleur nie).Ek is siek en sat vir mense,partye,organisasies wat huigel en so probeer ek dit uitwys.Wat die ANC se wit lidmate aanbetref het jy geweet dat die nazi’s ook Jode in gehad het ,die askari’s was meestal swart,meeste informante in die apartheidsjare was swart ,soek jy nog voorbeelde of verstaan jy nou?

CHRISTA ·

Chris, ek sal vir ‘n swart kandidaat stem, sodra sy beleid net sin maak en uitvoerbaar is. Ek het die grootste respek vir Justus Tsungu en Thabo Mbeki se broer (ek kan sowaar nie sy naam onthou nie). Telke male wat hy op tv verskyn het kan jy hoor dat hy nie een van die haatdraende politikusse is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.