DA-leierskap besluit oor Zille

Helen Zille Foto: Helen Zille, Facebook

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê die DA se federale uitvoerende komitee het Sondag vergader om te besluit of daar formele dissiplinêre stappe teen Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, gedoen sal word.

Dit kom nadat Zille in ʼn reeks twiets bevraagteken het of “elke aspek van kolonialisme sleg was”. Haar uitsprake het wyd kritiek uitgelok.

“Die federale uitvoerende komitee het vergader om te besluit of formele dissiplinêre stappe teen [Zille] ingestel sal word. Dit was nie ʼn maklike besluit om te neem nie,” het Maimane aan verslaggewers in Kaapstad gesê.

Hy het gesê daar is besluit dissiplinêre stappe sal wel teen Zille gedoen word omdat haar optrede die party in oneer gebring het. Sy sal steeds in haar pos as premier bly terwyl die dissiplinêre proses voortgaan. Maimane het gesê die aanklag teen Zille is nie beperk tot haar twiets oor kolonialisme nie.

Hy het weer genoem dat hy persoonlik die klag teen haar aanhangig gemaak het wat tot die ondersoek gelei het om haar formeel aan te kla. “Ek moet die projek beskerm en kan nie enige optrede deur enige persoon duld wat dit ondermyn nie,” het Maimane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

jurie blanche ·

Two people that must leave south african politics is zuma en maimane

Anoniem ·

Ek sou liewers Zuma en Julias nomineer. Hulle is groter euwels.

Cherokee ·

Ek sou dit graag (ten minste) 3 wil maak met Malema, Zuma en Zille as voorgangers.

Johann ·

Laat die skape van die bokke geskei word. Dit is hoogtyd dat mense wat nie met die oortuiging van hul gemoed stem nie, met die waarheid gekonfronteer word. Hulle stem vir die DA, net met die hoop dat Zuma so ontsetel sal word, al stem hulle nie met die DA se beleid saam nie. Hulle verloën hulself, is draadsitters, is sade wat soos die wind waai.

Gerhard ·

Johann,ek is 70 jaar oud en as ek jou skrywe lees,dan verloon ek myself.Ek sal vir jou luister want ek glo jy is jonger as ek en sal jou antwoord aanvaar.Groete

Cherokee ·

Johann, vergewe my as ek jou kommentaar verkeerd verstaan het, nie net maar veràl omdat ek gewoonlik jou kommentare geniet. Hierdie kommentaar van jou, wat miskien met opset onduidelik geskryf is, neig om my tot die gevolgtrekking te kom dat jy vir regstellende aksie en grond hervorming stem. Dat jy steeds vir ‘n swart party stem wat parallel met die ANC saamloop. Dit sal teleurstel juis omdat ek gesê het dat ek somtyds met jou verskil (toegegee) maar oor die algemeen jou bydraes waardeer en dit somtyds sê. Dit klink egter asof ek dit nou in ‘n ander atmosfeer moet lees. In kort, die DA kan nie spog dat hulle ooit gekomplimenteer is met ‘n stem vanaf my nie. Ook nie die Nasionale Party nie.

Michael ·

Ons stem VF+ en dwing die DA dan om ‘n koalisie met ons aan te gaan dit is al manier om ons belange te beskerm en sodoende voel ons nie soos veraaiers nie en slaap ons rustiger

Jaco ·

Ai hoe ERG belaglik. Laat ons swart landsburgers alles wat westers is mee wegdoen wat die kolonialisme gebring het en vervolg dan vir Zille.

Cherokee ·

Jaco, jy is ‘n ander ou wie se kommentare ek gewoonlik geniet. Jy sal daarvan hou om te hoor oor hoeveel dinge ons dieselfde taal praat. Ek is op ‘n wipplank oor hierdie tema want Ziile is Zille wat haar outomaties ‘n teenstander maak maar dit is wit teen swart sonder enige lojaliteit vanaf die swartes vir wat Zille vir hulle gedoen het. Opsomming: Zille besef dat die konserwatiewes haar uitlag en die witmense wat steeds DA stem keur die vervolging teen haar goed.

johan brits ·

Zille os reg sy praat net die waarheid.wie die parlement ge ou, wie het die unievebou ge ou dink mense dit was die setlaars ie zhma ie.

Basjan ·

Maimane is reeds (met ‘n wit vrou) getroud, so jy het nie ‘n kans daar nie.

Cherokee ·

Hier was nou soort van ‘n woordspeling tussen Leendert en Basjan maar ek hou nie van Leendert se woorde wanneer hy Maimane uitsonder as ‘nie sy man’. Ek sou gehou het daarvan om te hoor ‘die DA is nie my party’. Jy het dus dubbelsinnig gepraat, Leendert (wat ook jou reg is maar dit is lekker in ‘n forum om te weet wie is wie). Askies as ek fouteer maar dit is ‘n opinie oor jul skerts. Miskien weet forumlesers hoe anti-DA ek is.

Annelien ·

Zille het niks verkeerd gese nie! My vraag is net hoekom word blankes so gou op die vingers getik, aangekla ens, maar ander se haatspraak, ens. Word oor die hoof gesien en sterf n stille dood!! Net so onregverdig as korrup en slinks.

pieter ·

DA swik onder druk vd ANC EN EFF so ja as Zille loop loop ek saam met haar soek vir my in elk geval ander party DA nie meer vir my nie.

AL ·

Inderdaad swig hul onder die ANC en EFF. Zille wie ñ deurwinterde politikus is, moes egter van beter geweet het deur dit te twiet. Dis n baie vyandige omgewing waarin n witmens se mond toe moet wees.
Bly weg van twiet af, kyk hoe uitmekaar geskeur was Steve Hofmeyer om die meeste moontlike te sê in die kleinste spasie.

Tanja Davel ·

Ek stem Pieter. Vat aan die yster vrou en jy vat aan my!

Ouma ·

Soos my naam se: ouma. Nouja . Ek stem al van toeka af. En sy praat waar. Lyk my nou is waarheid praat ook sonde en gladnie reg nie! Nou se my: wat moet ons doen? Lieg soos politieke ouens doen? Of waarheid praat? wat is nou reg???

Hannetjie ·

As Helen waai is dit Cheers DA vir my. ..Helen het DA gemaak Wat hy is nou dat sy nie bangat vir waarheid is nie nou moet sy aangevat word. ..wat n joke. ..

Middelburger ·

Nou word Zille onder die bus gegooi net om bietjie punte te wen…

Katryn ·

Nou wat nou? Waarheid praat of lieg? Wat gese is is gese: net die waarheid!!

Cornelis ·

Almal het gebaat deur kolonialisme,selfs ons Afrikaners.Die Engelse het met die vaardighede wat hulle gehad het ons kom verryk.Helen Zille is heeltemal reg.

John ·

Die skreebek en die nuwe finansgenie wat ons nou daagliks op die verhoog gaan sien aan’t arbei om in 20?? ook die president te word (van sy eie bankkrot-piesangrepubliek), gaan ons gereeld in die parlement vermaak met hul ingeoefende volsinne vir die dag. Zille het verskeie swak keuses gemaak vir DA-leiersposte en sy word telkens met hierdie dom latte gepiets. Meng jou met die…

Johann ·

Ek het ‘n tydjie gelede gesê dit is hoogtyd dat die skape van die bokke geskei word. Nou kom ons probeer weer. Hope mense, hordes, stem vir die DA, alhoewel hulle nie met hul beleid saamstem nie, ek hoop na “Niemymannie” sy sê gesê het en ‘n streep in die sand getrek het, hulle nou klarigheid het oor waar hulle hoort. (Dit is byvoorbeeld soos, ek het nie werk nie, is manlik, maar nogtans stem ek vir die DA.)

Christiaan ·

Hoe verstaan ek dan nou? Die DA soek ons stemme, hulle wil pronk in ons kolonialistiese luukshede, maar ons mag geensins daarna verwys nie. Verwag hulle nou ons moet almal net stil bly, en stil sit in n hoek? Ek stem met my hart vir n party wat nie sal skroom om op te staan vir die minderheid wat tans onderdruk word nie. Van wanneer af was dit n sonde om die waarheid te praat?

Reti ·

Christiaan jy lewe in ‘n droom as jy dink die ouens kyk na ons. ‘Ons’ help net met stemme maar as hul ons moet help kyk hulle anderpad. Ek het ook gaan kyk wie kom op vir ons. Hulle sal nooit regeer nie maar is die keffetjie wat almal attent maak op probleme.

Dis tyd ·

Nie eers in die DA se eie provinsie kon enige instelling vir die Afrikaner en die Afrikaanse taal gered word nie. Dis tyd om politici vaarwel te roep en ons eie koers in te slaan. Hulle mors net ons tyd. Die privatisering van ons kultuur behoort nou die hoogste prioriteit te geniet.

Helen fan ·

Mmusi jy gaan hard val! Jy het Helen misbruik om bo te kom. Helen begin ‘n nuwe party, ons is agter jou!!!

Adam Boshoff ·

As mens vir die waarheid jou loopbaan moet inboet het dit laat geword vir die DA en so ook my stem verloor Hulle gaan nerens kom want hulle dans die ANC se wals

pieterdp ·

Hul kla oor niks. Ons het n baie grooter probleem. Zuma Guptas

Reg ·

Pieter jy is reg

Dit is die begin en einde van die DA.

Hulle almal maar net weer oorstap na die ANC.

Dirk ·

Zille is ‘n verleentheid. Maimane is reg. Kolonialisme was verkeerd. Dit het baie nagevolge gehad vir baie mense. Onder Zille was die DA niks werd. ‘n Skoothondjie wat net geblaf het toe Zuma met sy strooi begin het. Maimane is verteenwoordigend van SA en het almal (wit,bruin,swart) se belange op die hart. Hy kry meer reg as Zille ooit kon. Ek het so gehoop dat Zille ‘n verandering teweeg kon bring maar dit het nie gebeur nie.

Maimane is wat ons nou benodig. ‘n Sterk leier wat die DA en ons land kan lei. Die van julle wat kla omdat hy ‘n swart man is, asseblief gaan bly julle in Orania en verwyder julle uit ons samelewing. Ons het nie sulke elemente (Dit sluit Zuma in) nodig in ‘n beskaafde samelewing nie.

Engelbek ·

Help my asseblief, Dirk. Wie het gesê dat kolonialisme reg was?

Christiaan ·

Dirk….Dit gaan geensins oor watter ras die leier van die land is nie, dit gaan oor die feit dat dit n leier moet wees vir alle rasse. Die DA het nog niks te sê gehad oor plaasmoorde nie, maar sodra iemand van ander Afrika lande vermoor word in ons land, dan maak dit internasionale nuus. Die blankes is nie meer welkom in Suid Afrika nie. Ek vir een wil nie in Orania gaan bly nie, maar ek is ook moeg daarvan om daagliks te sien hoe onskuldige mense wat swoeg op hul plase om voedsel vir ons te verseker vermoor word, en alle politieke partye behalwe een kyk die ander rigting in. Selfs mede Afrikaners swyg oor die moorde….

Nivea ·

Well said Dirk!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ziller het nt gewys wat sy rerig is man, heeltyd voorgegee en kyk da. SOOOOOOOO Ziller step down aswell!!!!!!!!!!!!!!

Mareli ·

Dit sal ‘n groot terugslag vir die DA wees om Zille in die Wes-kaap te verloor. Hulle moet versigtig wees.

Manie ·

Nou hoe nou. Wat maak ons nou met die taal van die kolonialiste? Ou Musie praat dit dan so glad.

MANIE ·

Meng jou met die semels en die varke sal jou opvreet. Laat hierdie n mooi lessie wees vir die sogenaamde liberalis onder die wittes. Die Da se uitsprake die afgelope jare wys hulle stel nie belang in die wit stemme. Gaan kyk maar net waar is hulle verteenwoordig as dit kom by bv.hofsake. Ek dink hule is net so rassistiese party soos die anc en eff

Johann cb ·

Stern bewoorde kommentaar, Dirk. Ek stem egter nie swam nie. Wat sou ons doen sonder Kolonialisme, die huidige wetstelsel wat die land regeer, die Taalbeleid, end. Die DA en ou Nasionaliste het ons gebring tot waar ons vandag is. Ons praat nog ons taal, is nog redelik vry en kom en gaan soos ons wil. Kom ons kyk verby Kleurgrense en were dankbaar vir wat ons is, het en moontlik gaan kry. Ons moet net ontslae raak van JZ en sy trawante wat alles, die verlede ingesluit, vernietig. Ek stem eerder vir Mmusi as om só ‘n skurk toe te last om te regeer. Helen en ons party bly die beste wat met ons almal kon gebeur! Voorspoed aan die sterkste oposisieparty in baie jare. Kyk op en vorentoe.

Willem Dippenaar ·

Zille was een van die grootste vaktore met ou Mussi daar gekry het. Spandeer eerder al die enegie nou op Zuma en Gupta’s!!

Leo ·

Dirk wat is jou siening dat die DA niks gese het oor die plaasmoorde toe die geleentheid homself voorgedoen het nie?Sal graag wil hoor.

Oom Klasie ·

Gelukkig het my oe oor die DA oopgegaan.Dankie tog.Hulle is onder sieselfde sambreel as die anc. Kyk maar na die plaasmoorde. Geen hulp of boe af ba van hulle gehoor nie.

jaco ·

Vreemd dat almal wat kolonialisme so veroordeel, darem nog steers Engels, die taal van koloniale onderdrukking praat. Sover ek weet kom die Engelse taal vanaf Engeland in wit Europa en is dit ‘n taal waarin mense oor een derde van die wêreld se landoppervlakte onderdruk is.

AL ·

Die ANC het groter skandes, maar tog kan hul nie wag om ñ ander party uit te haal nie! Hul sal nou die swartes probeer opsweep dat Maimane ñ windowdresser is. Inderdaad het Maimane ñ uiters moeilike taak om die skaal gelyk te hou.

Johann ·

Ek kyk vanaand se nuus. Wat ‘n klomp kabouters het die DA nie geraak nie. Die vlak van kommunikasie en waaroor hulle gesels. Goeie ouers. Is dit nou wat vir hulle balangrik in die lewe is? Maar dan kan mens redineer dat die ANC het almal tot hul vlak laat daal.

Dirk Breytenbach ·

Dit gaan oor salarisse en so lank moontlik uithou totdat hulle nie meer nodig is nie.

Leo ·

Daar was al te veel verraaiers en DA is nog een. Ek sal in my lewe nie weer vir n swart persoon stem nie. Ek stem vir my eie mense. Ook vir liberales stem ek nie. Hulle is ook veraaiers. Dirk ek hoor graag van jou oor die plaasmoorde waar die DA nie n woord gerep het nie.

Hannetjie ·

Ou Maimane het ons wittes net gebruik vir ons stemme. .sweet blou boggorol nog vir ons gedoen nie…sit handjies gevou dat 1 na die ander boere vermoor word. ..Helen is tops. ..stig weer party en jy beslis my end my familie se stem. ..

Hans ·

Geoordeel op die tv uitsending het die DA-leier klaar besluit Me Zille is “skuldig”.

GY ·

As DA klaar besluit het oor Zille dan sal hulle haar mos dadelik as Premier afgedank het,hulle met iets doen om aandag af te lei van die simple twiet.Sy sal daar bly,wag maar en sien.

Leo ·

Dis Tyd ek stem volhartig saam met jou. Ons sal ons eie ding moet begin. Die tyd is reg. Hierdie ander lot kan nie een vertrou word nie. Dis so duidelik. Die koring moet van die kaf geskei word. Die smeltkroes kan begin.

Adam ·

Zille maak ‘n feitelik korrekte stelling op ‘n effe lomp manier en die President raak oa ontslae van Pravin Gordhan. Maimane en Ramaphosa kry so ‘n gulde geleentheid om ware leierskap ten toon te stel en raai wat, beide van hulle tree soos politieke kleuters op. Red nou ‘n nasie as die twee grootste partye se toekomstige “hoofmanne” so optree.

Ou oom abraham ·

DA is vir swart nasionalisme.Ons gaan nog swaarkry maar ons eintlike leier gaan uit Duitsland kom
Dit sal n Suid Afrikaner wees. Maar dit gaan nie nou gebeur nie. Eers later.Intussen moet ons maar doen wat ons kan en na God terugkeer. Dit is die belangrikste. Vermy liberales en die verkeerde politieke partye. Hou by ons eie mense.

Ronnie ·

Ou oom Abraham, vertel my meer van die Duitse Suid-Afrikaner. Ek is nuuskierig daaroor.

John ·

Mmusi is glo ‘n predikant en hy verraai dus sy eie geloof deur te se dit wat na Afrika gebring is net sleg en dit alles net om stemme te werf… en steeds sal die ANC aanhou om houe uit te deel na die DA. Hy sal selfs vir Zille en ook al die ander wat eintlik party gedra het, opoffer vir sy eie glorie. Die mannetjie sal in die vergetelheid verdwyn.

Anoniem ·

Ek het nou hard gesoek na ‘n silwer randjie om hierdie donker wolk. Ek kan verstaan dat baie blankes nie weer sal stem vir die DA nie. Hulle sal waarskynlik nie vir die ANC stem nie, maar eerder vir VF+ of ACDP. Ek dink ook talle swartes sal nie weer vir die ANC stem na Zuma se kabinetskommeling en Sassa episode nie, maar eerder vir die DA. Die gevolg is dat die ANC se stemme nóg minder word, en dit is altyd ‘n goeie ding.

Sputnik ·

Ek hoop en vertrou dat elke persoon wat vir die DA stem / wil stem en hier lees, hul stem iewers anders beter sal aanwend indien Zille enigsins gestraf word net omdat sy die reine waarheid getwiet het! Indien sy enige vorm van straf ontvang, verskuif jou steun (pasop net dat jy nie verkeerd skuif nie).

Susan ·

Het Altyd DA gestem. Zille het nie geskroom om die waarheid te praat nie. En kolonisme het Sy swak e.g. Goed gehad. Skole hospitale ens. Hoekom haar stenig daaroor. Wat uit die goed wat uit kolonisme gekom het feel ons almal as lands burgers en het daardie tyd. Net dat dit nou effens moes aangepas het met apartheid weg. En Dankie daarvoor. Ons is almal mense voor God. Met Baie foute. Zille het swart en wit gehelp om ñ beter SA vir ONS ALMAL te maak. Dankie daarvoor.

Johannes Meintjes ·

Wat ‘n fasade! ‘n Poging om die swart publiek te probeer oortuig dat daar nie wit toutjietrekkers en internasionale agendas agter die DA is nie …

Zumie ·

Ons mense se geheue is maar kort…. Hier is heelwat kommentators wat Zille in die “held” posisie plaas – maar sy was die een wat vanaf haar “Black Sash” dae al haar kleure gewys het en geen vriend van die Boerenasie is nie. Nou net pragtig ironies dat die monster wat sy so mooi help grootmaak het haar gaan opvreet. Dalk leer die oorblywende “Afrikaanse” DA’s iets – hoewel ek twyfel…

LandieLandieLandie ·

Hierdie ‘Vilifying’ van alles wat wit is moet end kry. Dit het die dag begin toe ‘ons’ president in n toespraak al die land se probleme op Van Riebeek gepak het. Die feit dat ministers in parlament toesprake lewer waarin blatante leuns versprei word; “wit mense het alles gesteel” en sodoende gevaarlike diskoerse skep in publieke verwysings raamwerk. Alles ‘wit’ word tot op die punt van ‘stupidity’ vireuwel. #sciencemustfall en #decololinisation van ALLES, of dit nou sin maak of nie. Zille se tweets is geskiedenis en net ‘plain common sense’ maar daar is drama omdat sy durf om iets posetief te se van enige iets ‘wit’. So ook word plaasmoorde ‘geregverdig’ omdat die ‘colonialists’ dit ‘verdien’. Om n minderheids groep te blameer vir jou eie onbevoegdheid is n bitter gevaarlike strategie om te volg- daar is bloed op hulle hande.

Pieter Streicher ·

Ja so kom die werk like kleure van die DA ook uit. Zille was nie verkeer nie maar omdat dit nie policies korrek is nie word sy nou vervolg. Net weer eers n be wys die DA staan nie vir die waar heid nie maar net vir om die massas te vrede te hou. Ek het DA gestel maar ek dink ek is nou klaar met hulle. Natuurlik was daar ook goed met kollionisme. Selfs die Satan robert mugabe doen goed. Miamane wil nou net die swartes gelukkig hou ongeag die waar heid. Ek hoop hy kan genoeg Swart stemme werf vir al die wit stemme wat hy nou deur sy belaglike opt rede gaan verloor. Cheers DA.

Andre ·

Kan die mense wat so teen kolonisasie is op hierdie blad vir n dom ou soos ek n paar voorbeelde van die euwels van kolonisasie gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.