DA-lid in hof ná hy glo op swaer skiet

Mlindi Nhanha (Foto: Democratice Alliance Eastern Cape, Facebook)

ʼn DA-lid van die Nasionale Raad van Provinsies het Dinsdag vlugtig in die landdroshof op Alice in die Oos-Kaap verskyn op aanklagte van poging tot moord. Hy het glo sy swaer probeer skiet.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, sê Mlindi Nhanha (51) het Sondag omstreeks 03:00 in die Dyamala-nedersetting digby Alice glo in ʼn onderonsie met sy vrou, Vatiswa, betrokke geraak. Dit word beweer dat hy haar aangerand het.

“Vatiswa se broer, Mxolisi Daniel (40), het ingegryp en Nhanha glo van die erf verjaag. Nhanha het toe na bewering na sy motor gegaan, sy vuurwapen geneem en op sy swaer geskiet. Daniel is nie raakgeskiet nie,” sê Ngcakani.

Daniel het daarna die voorval by die polisiestasie op die dorp aangemeld. Die polisie het Nhanha die volgende dag in hegtenis geneem en op sy vuurwapen beslag gelê.

Daniel het daarna ’n verklaring ingedien om die saak weer terug te trek. In die verklaring noem hy dat hy en Nhanha hul verskille opgelos het.

“Die NVG sal egter die saak onder die loep neem en besluit of die saak voortgaan of nie.”

Nhanha is op borgtog van R500 vrygelaat. Hy sal na verwagting weer op 7 Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Daar is bôggerol snaaks of vreemd daaraan. Sy reg tot ‘n vuurwapenlisensie sal in oënskou geneem word.

Stefan ·

So’n ernstige klag kan mos nie net so weer teruggetrek word nie.

Jack ·

Die ou DA.Wie gee nog om of hulle kom of gaan ? Ek sien erens anders dat die DA onderstean die ANC se BIG (Basic Income Grant) vir our people.So hulle sien my nooit weer nie.

Misky ·

Daai middernagtelike ure sulke bakleiery en bewerings…. ons kan maar net raai hoe lekker het die voggies gevloei

Amanda ·

As hierdie man so optree is hy n gevaar vir die samelewing. Jy kan nie net skiet wanneer en soos jy wil nie. Ontwapen hom voor iemand sterf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.