Eks DA-lid skuldig aan laster, naamskending

Nontuthuzelo Jack. Foto: ANA

’n Gewese DA-aktivis wat Nelson Mandelabaai se voormalige burgemeester, Athol Trollip, daarvan beskuldig het dat hy haar wou omkoop, is Vrydag in die Port Elizabethse landdroshof aan laster en crimen injuria skuldig bevind.

Nontuthuzelo Jack (47), van Tshwete Village, is skuldig bevind nadat sy beweer het Trollip het haar omkoopgeld aangebied om feite in te win oor die voormalige DA- provinsiale voorsitter Veliswa Mvenya waarmee dié swartgesmeer kon word.

Haar aantygings is in ʼn plaaslike koerant gepubliseer in die aanloop tot 2016 se munisipale verkiesing.

Ná die uitspraak het Trollip getwiet: “Die waarheid seëvier altyd.”

Jack sal na verwagting Donderdag gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Snowball ·

Ken mense nie meer die verskil tussen reg en verkeerd of waarheid en lieg nie? Leer hulle ma’s hulle nie dat lieg slegte gevolge het nie?

Johan H. ·

Maak n voorbeeld van haar. Wat se skade verrig hul geliegery nie als nie. Kyk maar vir paddachef. Dis as hulle sien hul kom weg dat hulle dink almal is dof. Soos daaie ander moordenaar wat gese het die dogter van die 4 wat vermoor is,wou omgang met hom he!!!!

Ronel ·

Al loop n leuen hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel…

Domvraag ·

Die is n groter oortreding as die gebruik van die k-woord. Gaan die straf ook swaarder wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.