DA-lid sterf in fratsongeluk

Demokratiese Alliansie

Demokratiese Alliansie

ʼn Lid van die Demokratiese Alliansie is naby Rustenburg in Noordwes oorlede tydens ʼn fratsongeluk toe hy verkiesingsplakkate wou oprig.

Joe McGluwa, provinsiale leier van die party, het Dinsdag gesê Thabiso Seoke en nog lede van die party was Sondag besig om die verkiesingsplakkate op te rig. “Thabiso is oorlede toe ʼn brand uitgebreek het by ʼn elektrisiteitsboks aan die paal waaraan hy die plakkate wou vasmaak. Uit respek vir hom en sy familie kan ons nie oor die oorsaak van sy dood spekuleer nie. Ons glo die nadoodse ondersoek sal bepaal of hy doodgeskok het en of hy dood is toe hy van die leer afgeval het.”

McGluwa het gesê Seoke was ʼn toegewyde lid van die DA en het hard gewerk om die party se boodskap aan die mense van Rustenburg te bemark.

“Ons innige meegevoel aan die Seoke-familie, sy vriende, kollegas en die hele gemeenskap. Ons dink aan en bid vir sy geliefdes en vriende in hierdie moeilike tyd. Ons salueer hom vir die vrywillige werk wat hy in sy gemeenskap gedoen het en om die DA te bevorder.”

Maroela Media het vroeër berig Eskom het politieke partye gewaarsku om nie verkiesingsplakkate aan enige van sy infrastruktuur, insluitende lamppale en mini-substasies, aan te bring nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Joe Olivier

Dis wat gebeur wanneer plakkate onwettig opgesit word. Eskom het mos gewaarsku!!!

Hento

Alhoewel ek gladnie n aanhanger is nie is die geval baie hartseer. Die persoon gee duidelik vir sy gemeenskap om en het die visie gehad om te sien dat die regerende party waarvoor meeste swart mense stem heeltemal vaal. Sterkte aan sy familie.

Dokter B

Nou wil hierdie mense wat alreeds nie wette wil gehoorsaam nie die stadsrade beheer. Hierdie vrywillige het met sy lewe geboet omdat sy party se bestuur hom teen ‘n lamppaal laat opklim. Hulle behoort aanspreeklik gehou te word vir sy onnodige dood.

Dave

En as een v die publiek of n kind aan die paal geraak het wat dan???

M A

Dit is uiters tragies. Partykeer is daar probleme omdat inwoners onwettige kragaansluitings maak vanaf die pale. Daar is niemand wat n ogie hou en niemand word oor die vingers getik nie. Wetteloosheid seëvier. Verwag maar meer van hierdie gevalle.