DA los probleme op oor kandidaatkeuringsproses

Demokratiese Alliansie

Die Demokratiese Alliansie het by die vergadering van sy federale raad besluit om regshulp in te roep om ʼn debat op te los oor die verkiesing van partykandidate.

ʼn Subkomitee van vyf lede het Saterdag vergader en bepaal dat Steven Budlender se regsadvies ingewin sal word om te bepaal of provinsiale leiers meer sê moet hê in die keuring van partykandidate en of dit in lyn is met die party se grondwet.

Die wysiging aan die keuringsregulasies, wat deur James Selfe, uitvoerende hoof van die federale raad, voorgestel is, het tot spanning gelei voor die vergadering. Een senior-LP het dit ʼn “rooilynkwessie” genoem.

Selfe het in ʼn brief aan afgevaardigdes gesê talle provinsiale leiers glo hulle moet óf lede van die keuringspaneel wees óf die reg hê om ten volle deel te neem aan die beraadslagings om seker te maak dat die lyste van kandidate vir die parlement en provinsiale wetgewers oor die nodige “vaardighede, bekwaamheid en diversiteit” beskik.

ʼn Groep van 34 senior partylede, waaronder DA-hoofsweep John Steenhuisen en die provinsiale leiers van die Wes-Kaap en Noordwes, het beswaar aangeteken en gesê dit gee aan provinsiale leiers onbeperkte mag in die keuringsproses en faksies kan só vorm.

Lede van die groep het Sondag gesê hulle het effektief reeds gewen, en die versoek vir regsadvies is net ʼn poging deur diegene wat die wysiging ondersteun, om hul geloofwaardigheid te behou.

Die subkomitee het ook ingestem dat twee provinsiale leiers wat tans op die keuringspanele dien – Jacques Smalle in Limpopo en Nqaba Banga in die Oos-Kaap – onmiddellik uit dié posisies sal verwyder word.

Budlender word versoek om sy mening te gee of ʼn keuringspaneel binne die definisie van ʼn komitee val. Dit is ʼn belangrike punt, want die party se reëls bepaal dat provinsiale leiers op enige partykomitee in die provinsie kan dien.

Die sogenaamde groep “besorgde afgevaardigdes” het gesê hulle is seker Budlender sal in hul guns beslis. Indien nie, sal ʼn wysiging steeds voor die federale raad moet dien “en dit sal waarskynlik weer onsuksesvol wees”, het een van die lede gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

John ·

Too many chiefs and no indians… orals die probleem in SA. Eintlik ly ons aan die prins-/prinses-sindroom en sommige aan die klein-keiser-sindroom (ons weet wie) maar hier te lande is geen gewone mense nie. Behandeling vir die siekte is skynbaar harde werk, baie sweet daarmee saam en ‘n goeie knippie nederigheid, maar ‘dokters’ skud die kop oor hierdie geval….

Andre ·

Politieke verteenwoordigers behoort altyd ‘n mandaat te kry van gewone kiesers alvorens hulle in enige posisie binne ‘n party aangestel word.

Gewone kiesers behoort ook die party verteenwoordigers te kan “afdank”!

Sonder aanspreeklikheid teenoor die kiesers raak politici “untouchable”, korrup en arrogant.

Sonder aanspreeklikheid teenoor die kiesers raak politici LUI en onproduktief. Hulle “speel” dan eerder om die politieke party se guns te wen in plaas daarvan om sigbaar te werk vir die gemeenskap …. waar die kiesers hulle kan sien.

Wanneer politici nié aanspreeklik gehou word teenoor kiesers nie … vind daar elke dag diensleweringsproteste plaas … soos in SA.

Elred Ferreira ·

Dit is tragies vir die land dat die DA ook maar eintlik op niks gaan uitloop nie…die afgelope 18 maande strompel hulle van die een krisis tot die volgende een.Hulle het hulself bewys as eintlik maar net n blou weergawe van die ANC.

Koos B ·

As die Grootkoppe vd DA nie eers oor iets kan saamstem nie hoe moet die kiesers vir hul stem.Dit is soos Noord -Wes kry die VN in om probleme op te los.
Die DA is soos ‘n bankrot maatskappy maak hom toe.

Theo ·

Die DA se rak lewe is nou verby.of julle daarvan hou of nie,die geloof waardigheid van die party le op skerwe. n Party wat van een hofsaak na n ander ploeter. ruggraadloos en sonder leiding het geen legitimiteit oor nie. Time to say goodby. VF+ hier kom ons!!!

Lola ·

So Selfe word ‘n paar maande terug aangestel met ‘n groot gelukkige kabaal as uitvoerende hoof maar sodra hy ‘n besluit maak is daar “‘n groep” wat hom teenstaan en hof toe hardloop…………. O!

Helizna ·

Wat gaan DA se rol wees noudat die Kaap afgestig het? Gaan die Khoi-San koning die DA nog daar toelaat?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.