DA-LP benoem vir Tshwane-burgemeester

Stevens Mokgalapa. Foto: DA

Die DA het Stevens Mokgalapa genomineer om Solly Msimanga te vervang as burgemeester van die Tshwane-metro.

Msimanga het as burgemeester bedank om te fokus op sy veldtog vir die premierskap van Gauteng.

Mokgalapa, ʼn DA-LP, het gesê dit is met trots dat hy die DA se nominasie as burgemeesterkandidaat vir die Tshwane-metro aanvaar.

“Na uitgebreide interne prosesse en onderhoud om ʼn gepaste opvolger te vind vir die posisie van uitvoerende burgemeester vir die Tshwane-metro, voel ek geëerd om die DA se kandidaat te wees om die goeie werk wat deur burgemeester Msimanga gedoen is, voort te sit indien ek deur die metroraad verkies word.”

Mokgalapa het gesê sy hoofprioriteit sal wees om voort te gaan met die goeie werk om die stad se administrasie te stabiliseer ten einde beter dienste aan al die inwoners te lewer. “Daar is al baie in die verband gedoen maar daar moet nog baie meer gedoen word om die vrot regering wat ons in 2016 geërf het om te keer.”

Volgens Mokgalapa sal sy unieke agtergrond en ondervinding hom in ʼn posisie plaas om die uitdagings wat die stad in die gesig staar te verstaan.

Mokgalapa het ʼn graad in politieke wetenskap en ʼn honneursgraad in internasionale betrekkinge van die Universiteit van Pretoria. Hy het in 1999 by die DA aangesluit waar hy eers ʼn raadslid vir nege jaar was. As parlementslid het hy gedien as skaduminister van menslike nedersettings. Hy is tans die skaduminister van internasionale betrekkinge en samewerking.

Mokgalapa het sy dank uitgespreek teenoor die DA se koalisievennote in die Tshwane-metro en hul gevra om voort te gaan om die DA te ondersteun ten einde die inwoners van die Tshwane-metro verder te dien.

“Ek wil die inwoners van die Tshwane-metro bedank dat hulle vir ons die verantwoordelikheid gegee het om hulle lewens te verbeter en ons sal voortgaan om die verandering te bring wat ons beloof het.

“Ons hoop dat die partye in die raad en diegene wat saam met ons werk nie sal toelaat dat die Tshwane-metro aan die ANC teruggegee word nie. Ons hoop dat die partye sal voortgaan om die belange van die inwoners van die Tshwane-metro eerste te stel wanneer die burgemeestersverkiesing gehou word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

jaco ·

Mooi regstellende aksie volgens die provinsiale demografie. Nie so dom soos die aanstel van ‘n wit burgemeester vir Nelson Mandelabaai nie.

riaan ·

Hy is nog nie eers burgemeester nie en hy val klaar uit die bus uit:

1. Watter goeie werk van burgesmeester msimanga??
2. Watter goeie werk om die stad se administrasie te stabiliseer??
3. Wtter partye stel die belange van inwoners eerste??

Hy bly obviously nie in Pretoria nie??? Miskien moet hy eers sy “feite” kom bevestig voor hy sulke snert kwyt raak.

alida ·

Ons moet nie vergeet in watter gemors die COT was onder ANC bewind nie. Dit sal meer as 2 jaar neem om die gemors op te klaar.

Deon ·

Hierdie DA siel sal ook maar voortploeter soos sy voorgangers.

leser ·

kom mokgalapa, moenie net praat nie, doen wat gedoen moet word en beter

zoom zoom ·

Nee die ou gaan nie die mas rook nie. Nogmider die DA. Hy is tipies gekies vir bbbeee redes. Sy promises gaan hy nie makom nie. Net daar vir die geld en parties.

Manie ·

Ek kan nog nie meer sekerheid sê wie was die swakste stadsraad. Die DA of anc. Ek bly in die stad en die plek val stadig maar seker uitmekaar. Water en krag onderbrekings aan die orde van die dag oor swak instandhouding. Paaie is besig om te verbrokkel. Die plek is vuil

Riaan ·

Stem volkome saam. Pretoria ( Centurion waar ek bly ingesluit) was NOG NOOIT in so haglike toestand nie.
Potholes, stukkende verkeersligte ( sonder puntsmense), vuil, taxis ry soos hulle wil, ens, ens.
Die administrasie is ook pateties. Verkeerde rekeninge, navrae word nie beantwoord ens.
Ergste is dat hulpbronne toegeken word gebaseer op ras, of jy betaal of nie.
DA is pateties!

christa ·

NEE KOM ONS KYK EERS VOOR ONS PRAAT EN OF HY DIE PYP SAL KAN ROOK MENSE MY MAN GAAN VERVROEGDE PENSION HY GAAN EINDE FEBRUARY AF JULLE WEET NIE HOE KORRUP DIT IS NIE AS JY NIE BY DIE TSHWANE STADSRAAD WERK NIE DIT WAS VIR HOM VIR 7 JAAR ON UIT HOU BAAR DIE STORE IS LEEG GEEN ASST,. VIR 7 JAAR SY SKOUERS OP GEFOETER NIEMAND HET ENIGE GEVOEL GEHAD

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.