DA-LP betreur misdaad in SA ná rooftog

Ghaleb Cachalia, DA-LP (Foto: Twitter)

Ghaleb Cachalia, DA-LP, het die misdaadstatistiek in die land betreur nadat hy in Houghton, Johannesburg, beroof is.

Cachalia is Woensdag deur twee gewapende mans oorval wat hom met 9 mm-pistole gedreig het. “Dit het helder oordag plaasgevind, in die middel van ʼn besige handels- en finansiële distrik in Johannesburg se noordelike voorstede,” het hy verduidelik. Hy was op pad om in die oop parkeerterrein van ʼn kantoorgebou te parkeer en veiligheidswagte was aan diens. “Die motief is oënskynlik roof. Ek weet glad nie wat die ware motief was nie – roof, intimidasie of dalk albei. Ek sal waarskynlik nooit weet nie. Mense oor ons land heen is daagliks slagoffers van hierdie tipe misdade.”

Cachalia meen dit is ook onwaarskynlik dat die oortreders aangekeer sal word, en die voorkomende teenwoordigheid van die polisie, of enige ander afskrikmiddel, bestaan byna glad nie. “Kriminele sindikate is aan die orde van die dag en daar is geen tekort aan voetsoldate nie – met meer as 9 miljoen werkloses wat misdade kan pleeg. Die inkomste uit ʼn misdaad is relatief klein – die buit moet verdeel word tussen die ouens wat inligting uitdeel, misdadigers op die voorgrond, ouens wat die buit kan verkoop, kopers, korrupte wetstoepassers, twyfelagtige veiligheidsmaatskappye, en meesterbreine.”

Hy het in ʼn Facebook-plasing gesê die statistiek is skokkend en het ʼn paar statistieke aangehaal:

– In 2016/17 het die polisie altesaam 19 016 moorde aangeteken, dit is hoër as die 18 673 moorde in 2015/16. Die moordkoers het van 34 tot 34.1 per 100 000 gestyg. Die Oos-Kaap het die hoogste moordkoers van 55.9 per 100 000 persone. In 2016/17 is ʼn gemiddeld van 52.1 persone daagliks vermoor.

– Die polisie het altesaam 39 828 verkragtings in 2016/17 aangeteken, dit is laer as 41 503 in 2015/16. Dit is ʼn gemiddeld van 109.1 verkragtings per dag. Die Oos-Kaap het die hoogste syfer, naamlik 105.3 per 100 000 persone.

– In 2016/17 is 156 450 aanrandings aangemeld, dit is ʼn gemiddeld van 428.6 persone wat daagliks aangerand is.

– In 2016/17 is 170 616 sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer aangemeld. Dit beteken dat daar daagliks gemiddeld 467.4 aanrandings was.

– In 2016/17 is 53 418 algemene rooftogte aangemeld, dit is laer as die 54 110 in die vorige jaar.

– In 2016/17 is 140 956 rooftogte met verswarende omstandighede aangemeld. Dit is ʼn 6.4% verhoging van 2015/16.

– In 2016/17 was daar 22 343 voorvalle van huisroof, dit is ʼn gemiddeld van 61.2 huisrooftogte per dag.

– In 2016/17 het die polisie 16 717 kapings aangeteken. Dit is die hoogste getal kapings die afgelope 10 jaar.

– In 2016/17 is 246 654 huisbrake aangemeld, ʼn gemiddeld van 675.8 per dag.

– In 2016/17 is 53 307 motors of motorfietse gesteel – ʼn gemiddeld van 146 per dag. Dit is laer as die 53 809 in 2015/16.

– In 2016/17 het die polisie 292 689 sake aangeteken, dit is ʼn gemiddeld van 801.9 oortredings per dag. Dit beteken 524.1 misdade word vir elke 100 000 persone in die land aangeteken – hoër as die 471.5 in 2015/16.

“Suid-Afrikaanse burgers spandeer al hoe meer aan privaat veiligheid, om die waarheid te sê, R45 miljard per jaar. Dit is ʼn derde meer as wat die regering verlede jaar aan die polisie spandeer het. Suid-Afrika se privaat veiligheidsbedryf is die vierde grootste in die wêreld per capita.”

Cachalia het benadruk dié probleme moet opgelos word.

Hy het almal bedank wat boodskappe van ondersteuning aangestuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Ek wonder ·

Ek wonder wie het nog nie deurgeloop onder misdaad? Ook ek het. So, Cachalia, welkom by die klub.

Syfers ·

Kan iemand die polisie se statistieke boekstaaf, met ongeveer 300 000 misdade elke jaar en ongeveer net 160 000 gevangenis in die tronke, hoe ver agter is die polisie met die oplos van sake.
Dink net die berge dokumente wat net lê en stof opgaar.
20 jaar maal 250 000 misdade per jaar = 5 miljoen misdade met omtrent 300 000 moorde (konserwatief 15 000 per jaar.

jaco ·

Ek wonder of ek vir hom moet jammer wees: as parlementslid kry hy ‘n salaris van R1. 3miljoen per jaar, plus ‘n luukse motor, plus ‘n reusagtige petroltoelae, plus verniet vlieg. Met hierdie lekker “pakket” vir parlementslede, bou elkeen van hulle (ANC, DA, VF-Plus, EFF en die “wedergebore Christene” van die ACDP) lekker aan sy eie mini-Nkandla. Hulle het geen benul van hoe gewone mense leef en swaarkry nie.

Piet Snot ·

Jaco, dis jou reg om nie ‘n Christen te wees nie.
Moet egter nie dié wat anders as jy kies, beledig nie.

map ·

Ek het al n kar verloor, al my huisinhoud verloor, van my familie lede is al vermoor en niemand was ooit nog in hegtenis geneem nie.

piper ·

ek het al ses bakkies verloor. wil nie meer n bakkie he nie ry nou n ligte motor, geen meer diefstal nie.

Michael ·

Hey Jou!!!!!! S A het n regte gangster paradys geword Viva A N C. & C R

Wolf ·

Pietman, ek is mal oor jou voorstel.
Stuur ook die weermag(as ons nog een het) in om die landelike gebiede tot orde te bring.

Wolf ·

Nou wonder ek wat se comrade lindiwe sisulu, oor die statestieke, vir die res van die wereld. Die waarheid maak seer, of nie? Die vraag is hoe het die huidige regering toegelaat dat ons mooi land so agteruit gegaan het?

Oom Kalahari ·

Mnr Cachalia, welkom in Gangster Paradise. Hier moet jy jou oe alle kante kam gebruik , aan die kante en agter jou kop. Kriminele het voorkeur en moenie durf optree of kwade woorde spreek oor jou verliese of ongemak wat jy moes deurgaan nie, dan betaal jy R100-000,00 en kru 3jaar tronkstraf. Die slagoffer word toegesluit en die krimineel gaan voort met sy volgende teikens. Almal het nie soos Parlements lede “bullet proof” voertuie en ‘n rugby span veiligheids personeel om hul nie. Elke dag verwag jy dat jy weer ‘nteiken gaan wees. Hierdie land het totaal verval en bied geen veiligheid nie.

JM ·

Nou moet nog net die top bestuur van die anc en eff deurloop dan sal dinge dalk gebeur.

Lola ·

Eish….dit gaan jou en my nou meer geld kos. ‘n nuwe inisiatief om misdaad te bekamp maar nogsteeds misdadigers se regte te beskerm en hulle soos ‘victims’ van die land te behandel.

Jef ·

Mnr.Cachalia, as u nie aangeval was nie sou u dan al die gebeure die afgelope 23 jaar betreur……Nee, niemand is onaantasbaar nie en u ook nie.

ai ai ·

Jef, stem saam met jou. Terwyl dit die “hoë bome” nie raak nie, sal niks verander aan situasie nie. Die wat nie geraak word nie sal nooit erken in wat se gemors die land is nie.

Leon ·

Ongelukkig voel ek ‘n veer vir die agbare DA lid. Hoeveel jare smeek en pleit ons as landsburgers vir behoorlike wetstoepassing! Maar noudat die agbare lid aangeval word, is dit ‘n hele storie. Miskien moet dit eintlik met elke lid van die regering en hule trawante gebeur, miskien kry ons dan reaksie. Hoe gaan hulle voel as ‘n eie seun, dogter, vrou of man beroof, verkrag of vermoor word??

Haibo ·

JA JY BETREUR DIT NOU SKIELIK NADAT JY AANGEVAL IS. Toe ander gewone mense en boere aangeval is toe BETREUR die DA niks nie … Die BOERE het nie geld gevra nie, hulle het nie huise gevra nie hulle het net gevra ERKEN DIE AANSLAG OP BOERE< en julle wou nie .. so nou moet julle ook maar ongelukkig deurloop . MENS HOOR NET AS JY GEVOEL HET!! Hoop julle deuntjie gaan nou 'n bietjie verander .. HARTSEER dat dit in aanval op 'n DA lid moet kos om te sien dat MISDAAD skokkend in SA is terwyl mense se bloed teen plaasmure geverf word!

Heinrich ·

En tog het geen haan gekraai nadat die polisie se begroting ook verder besnoei is hierdie jaar nie. Weereens ‘n mooi suksesstorie met trots geborg deur die ANC.

marous ·

Waarom word die man nie ‘n lid van die buurtwag nie? Hy lyk nog jonk genoeg om ‘n boef te kan inhardloop en saggies te arresteer….

Casper Labuschagne ·

In Suid Afrika kry ons die effek van “slegs gewone misdaad” en dan kry ons die verskynsel van “ernstige misdaad wat betreur word” en wat ook dan prioriteit by die SAPS kry en sommer vinnig opgelos word. Die verskil tussen die twee soorte misdaad hang uitsluitlik daarvan af of die slagoffer bloot net ‘n gewone landsburger is en of die slagoffer dalk ‘n belangrike persoon, groot sportman of vrou, ‘n politikus of vermaaklikheidster is.

Estelle Oelofsen ·

Ja! Dis jammer ons het nie ook ‘n polisiemag in SA nie. Sien soms mense rondloop met uniforms wat lyk na polisie. Wonder watse werk hulle doen?
Ons bly hier buite die dorp op ‘n plot.☺ Seun het nou ± R80 000 gespandeer aan allerhande sekuriteits goeters na ‘n woelige Kersseisoen. Het wel goeie heinings, elektriese drade ens gehad maar het nie veel gehelp nie. Dis nou April en daar word nog steeds besoek gebring aan ons plotbewoners.

Marita ·

Die syfers is so skokkend dat die menslike brein dit eintlik nie kan absorbeer nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.