DA-LP jok glo oor burgerskap

Phumzile van Damme

Phumzile van Damme

Die Sunday Times berig dat DA-LP Phumzile van Damme nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie.

Die koerant berig dat Van Damme in 1983 in Manzini, Swaziland gebore is terwyl haar ma, Lynette van Damme, in Hlathikhulu, ook in Swaziland, gebore is. Haar biologiese pa, Elroy Mayisela, is glo ook ‘n Swazi.

Indien daar bevind word dat Van Damme nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie, kan sy nie ‘n LP wees nie. Van Damme het glo aan die koerant gesê sy verstaan nie hoekom haar burgerskap bevraagteken word nie.

“Miskien is dit omdat meeste van my familie steeds in Swaziland woon. Miskien is dit as gevolg van my vreemde van wat ek gekry het by die enigste pa wat ek ken.”

Van Damme het glo aan die Sunday Times gesê sy is in Nelspruit gebore maar dat sy in Swaziland grootgeword het. Op ‘n vraag oor waar in Nelspruit sy gebore is, het Van Damme glo gesê: Ek is nie seker nie. Ek dink in Witrivier.”

Van Damme sê haar ma het aan haar gesê dat sy “in ‘n hospitaal in Nelspruit” gebore is en dat sy “deel van die struggle was”.

Van Damme se ma het gesê: “Ek was betrokke by die ANC en sommige dinge rakende kinders se geboorte is baie ingewikkeld, soos jy as ‘n Afrikaan sal weet.” Sy het aan die verslaggewer gesê die aard van haar dogter se geboorte was “baie geheim”.

Op ‘n vraag oor of Masiyela die biologies pa is, het Van Damme se ma glo gesê “ja en nee”. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.