DA LP sterf in motorbotsing

Die Nasionale Vergadering

Die DA het in ʼn verklaring die dood van Tarnia Baker, DA LP, bevestig.

“Baker was in KwaZulu-Natal om haar oorsigtelike pligte as lid van die portefeuljekomitee van water en sanitasie uit te voer. Sy is in ʼn motorongeluk dood,” lui die verklaring.

“Dit is met ongelooflike hartseer en ʼn gebroke hart waarmee ek dié nuus bevestig. Sy was ʼn toegewyde LP, ʼn wonderlike, warm mens en ʼn toegewyde ma en vrou. Ek het met haar man in verbinding getree en die medelye van die hele DA familie aan hom oorgedra. Ons sal die harde werk waaroor Tarnia so passievol was voorsit, maar ons sal haar vreeslik mis,” het Mmusi Maimane, leier van die DA laat hoor.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement het gesê die nasionale vergaderig is diep geskok en hartseer oor dié nuus.

“Mev. Baker was ʼn toegewyde LP wat hard gewerk het om van diens te wees vir die mense van Suid-Afrika. Sy het gedien met toewyding, energie en wysheid. Sy laat ʼn diep leemte binne die strukture van die parlement. Ons diepste medelye aan haar familie, vriende en politieke familie in die DA,” het Mothapo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.