DA-LP’s verlaat Nasionale Vergadering

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die DA se LP’s het Donderdagaand kort nadat die EFF se LP’s uit die Nasionale Vergadering verwyder is, opgestaan en uitgeloop.

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het gedreig dat DA-LP’s die Nasionale Vergadering sal verlaat indien Baleka Mbete, speaker van die parlement, nie die vraag beantwoord oor of polisiebeamptes gebruik is om EFF-LP’s te verwyder nie.

Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, het tussenbeide getree en gesê die DA se LP’s is welkom om die Nasionale Vergadering te verlaat maar dat hulle nie aangesê word om dit te doen nie. “Ons het nie vir julle gesê om die Nasionale Vergadering te verlaat nie, as julle die besluit wil neem moet julle dit op julle eie neem.”

Maimane staan die media te woord buite die Nasionale Vergadering. Foto: Twitter

Maimane staan die media te woord buite die Nasionale Vergadering. Foto: Twitter

Modise het verduidelik dat die parlementêre beskermingsdienste ingeroep is en die veiligheidsmagte hul samewerking gegee het. “Ja dit is nie gewoon nie, maat dit is nie gewoon dat die gesamentlike sitting in ʼn sitting vir vrae verander word nie. Kan ons asseblief voortgaan?” het Modise gesê.

Sy het gesê sy kan nie bepaal wie was polisiebeamptes in die groep wat die EFF-LP’s verwyder het nie.
Die DA se LP’s het hierna opgestaan en die Nasionale Vergadering verlaat. Pres. Jacob Zuma het hierna met sy staatsrede voortgegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jannet ·

Ons parlementere opening is n sirkus. Wat moet die buiteland van ons dink

Thys Human, Pretoria ·

Maar Zuma HET toe sy toespraak voltooi – ongeag die Malemas en die DA se pogings om dit te blokkeer.

Dankie VF+ dat julle bly sit het – en julle nie so vieslik soos die DA gedra het nie. En ek weet julle gaan Zuma volgende week loop – veral oor sy uitlatings oor grond! Vat hom!

Yolandi ·

Dit is nou ons wonderlike land, julle voel vere vir die mense van die land solank julle clowns kan maak van jul self en die land se naam deur die modder kan sleep is alles happy go lucky. Mooi so Suid-Afrika so trots op julle…..

GwEn ·

Hoe kinderagtig! Die DA kla wanneer die ANC die polisie inspan maar hulle doen dieselfde wanneer die ANC hulle vergaderings lastig val. Die DA beteken niks.

illa ·

GwEn, Lee blikke maak die meeste geraas en jy’s ‘n goeie voorbeeld hiervan. Die DA se punt is dat die Parlement the alle tye onafhanklik van die staat (maw die president) MOET staan en het hul dus ook hul eie sekuriteitsmag. Die polisie raporteer aan en tree op nms die staat (maw die president) en is dit in belang van ONS demokrasie (wat daarvan oor is inelkgeval) dat by hierdie reel gehou word. Wat’s volgende, gaan die weermag ingeroep word as die parlementvoorsitters nie hou van wat gese word nie? As die skeidingslyn dan nou oorskry word, waar gaan die streep getrek word?

Gwen ·

Ag nee wat illa, jy maak nog ’n groter geraas as ek. Hoe gaan dit jou help om die saal te verlaat. Hoe gaan Moesie nou geldige kommentaar lewer op JZ se staatsrede? My verteenwoordigers het hulle darem ordentlik gedra en nie weens kleinlikhede uitgestap nie. Maak nie saak wie die uitsmytery gedoen het nie, die EFF het hulle wangedra en moes uit.

Die DA ding nou ernstig met die EFF mee om aandag in die media, en hulle verloor. Gee my ’n verteenwoordiger in die parlement wat volwasse is en nie om blootstelling meeding nie.

Susan ·

Ek stem saam die DA het hulle ook swak gedra dit is kiesers wat hulle daar gesit het en nou lyk dit of hulle saam met die EFF skaar. Gedra hulle soos kinders wat nie hulle sin kry nie. Wat gaan van ons dierbare land word. Wonder hoe Madiba hieroor sou voel

Annetjie ·

Ek stem saam die DA het hulle ook swak gedra dit is kiesers wat hulle daar gesit het en nou lyk dit of hulle saam met die EFF skaar. Ons land stuur nie n baie goeie beeld uit nie hoe moet beleggers hier bele

Annetjie ·

Ons land stuur nie n baie goeie beeld uit nie hoe moet beleggers hier bele en wat dink hulle van ons dierbare SUID AFRIKA. DA asb julle dra nie die beeld uit wat julle voorstel nie

charles ·

Kick box and wrestling match gister aand in kaap wwf se wrestle mania nog nooit soveel deelnemers gehad op een slag

theo ·

Ongelooflik!!!!!!! Dit sal die EFF leer om meer “vege Tables” te eet .Onse president het mos gese die boere het meer ”Vege Tables ”geplant .LMGA wat n sirkus .

Koos ·

Ek wonder nou net of die DA in die toekoms op die trappe van die parlement gaan deelneem aan die debat?
Jammer ‘n gesoute en beskaafde politikus soos Dr Mulder kry so min erkenning.

illa ·

Soos die “honourable madame speaker” dit gisteraand herhaaldelik verduidelik het, gisteraand was nie ‘n debatsessie nie, Koos. Ek stem DA en hul het namens my opgestaan en uitgestap – ek steun dit. Ek vertrou hul sal ‘n debatsessie behoorlik benut. Die “president” staan en blaas sy eie beuel terwyl ons landsburgers sit en wag vir ‘n boodskap van hoop. Ek het geen respek vir die man nie (dalk het jy, ek weet nie), en in plaas daarvan om oproerig te raak of sy ego te politoer het die DA hul misnoeë gewys deur hul te verwyder uit ‘n klug. Dis miskien disrespekvol, maar tenminste wys hul aan watter kant van die draad hulle staan. Die parlement het sy geloofwaardigheid verloor deur die “president” in die verlede toe te laat om direkte vrae te ontwyk oor kwessies waaroor die media en publiek gis en ontstoke is. Hul roep magte wat onder beheer van die president staan in om teenkanting te beveg – dis ‘n skending van ons konstitusie. Almal is bekommerd oor wat die buite wêreld van ons dink, maar wat gee die buite wêreld inelkgeval om? Hul het ons in die gemors gedompel en nou staan hul terug en kyk hoe alles verval. Weet jy dat Amerika die grensoorlog befonds het? Weet jy dat dit beëindig is toe Amerika hul fondse terugtrek? Weet jy dat hul direk daarna omgedraai het en ons onder druk geplaas het om die “kommuniste” wat ons beveg het te bevry! Die buiteland gee nie om nie, “face it & deal with it”. Ons staan alleen mense – vinger alleen – en is toeskouers van ‘n treurspel wat besig is om voor ons oë af te speel.

Gwen ·

illa, ek dink nie ons kan jou ernstig opneem nie. Is jy nie dalk ’n DA-LP nie?

Wat het die grensoorlog met hierdie gesprek te make? En terloop julle DA’s staan nie alleen nie, julle staan op talle terreine (grondhervorming en SEB om maar twee te noem) saam met die ANC, Cope, PAC, EFF en ander linkses.

chris ·

Illa
“Weet jy dat hul direk daarna omgedraai het en ons onder druk geplaas het om die “kommuniste” wat ons beveg het te bevry! Die buiteland gee nie om nie, “face it & deal with it”.

Illa jy wat DA is en weet van al hierdie dinge, hierbo genoem, deur jou.Weet jy wie Hellen Zille is?Weet jy wat die Black Sash was, so gepraat van Kommuniste.

Google is jou vriend.

illa ·

Gwen, maak daarmee wat jy wil. Lees weer stadig, dan sal jy dalk my woorde beter interpreteer sodat dit vir jou beter sin maak.

Gwen ·

Ek verstaan baie goed. Dit is juis nie die buiteland wat ons hier gekry het nie. Dit is die NP se onderhandelspan wat later by die DA aangesluit het (of die UDM gestig het) en nou in die ANC sit. Dus die trawante waarvoor jy stem (en vermoedelik deel is) het ons tot hier gebring.

illa ·

Gwen, jy is baie naïef as jy dink die buiteland het niks daarmee te doen gehad nie. Ek voel baie geëerd dat jy my so hoog ag om te dink ek kan ‘n LP wees, veral ‘n DA een – dankie hoor! Maar ek is bevrees my woordeskat skiet ver te kort om ‘n magdom mense van my opinie te oortuig. Kyk hoe sukkel ek met jou. Sterkte vir die minderheidsparty waarvoor jy stem – terwyl jy wag vir hul om aan bewind te kom, kom bly solank in die Wes-Kaap sodat jy intussen al die voordele van ‘n goed regeerde provinsie kan ervaar.
Hiermee buig ek nou uit, baie interessant gewees, maar ek het werk om te doen!

Gwen ·

Ja loop maar, net soos jou tipe maak. Neem aan ek is ’n rassis en dink jy het die argument gewen.

Jy maak ’n fout as jy dink ek “wag vir my minderheidsparty om aan bewind te kom”. Anders as DA-stemmers weet ek ten minste hulle lieg nie vir my deur te sê hulle kan wen nie. Ek weet waarvoor ek stem. Die DA het telke male beweer hulle kan verkiesings wen en buiten die Wes-Kaap en Midrand kon hulle dit nie regkry nie (kyk maar wat gebeur het in Potchefstroom, Pretoria, Noordwes, Gauteng, Noord-Kaap, Suid-Afrika). Hulle het telkens lelik op hul neuse gekyk.

Probeer soos jy wil maar jy gaan my nie met jou drogredenasies oortuig nie. Jy onderskat my intelligensie.

illa ·

Gwen, haal asseblief die frase aan waar ek die aanname gemaak het dat jy ‘n rassis is. Jy’t dit gesê – ek het dit nie eers gedink nie. Dit sal interessant wees om te weet waar JY bly, want ek begin te wonder of jy nie kla met die witbrood onder die arm nie (en DIT, intelligente dame, is ‘n aanname).

Boer ·

Die DA probeer ‘n punt maak, en die punt is dat die ‘staatsrede’ nie ‘tel’ nie, dit is nie volgens die reels gedoen nie. Hulle sal nie deelneem aan ‘n ding wat nie volgens die reels gedoen word nie. Ek stem met hulle saam. Wat die buiteland betref: Dit maak nie meer saak wat hulle dink nie. Dis verby. Ons moet ‘n plan maak of vlug. Ek kan nie aan ‘n plan dink nie. Ek steun die DA en hoop hulle kan ‘n plan namens my maak. Anders gaan ek my kinders op ‘n manier hier moet uitkry. Om vir FW die skuld te gee, gaan ook nie help nie. Dinge moes verander, dalk meer geleidelik en beheersd, maar wat maak dit nou saak. Nou kan ek net hoop dat daar nog keer is as al die kleiner partye net wil saamstaan en ophou baklei oor minder belangrike dinge.

illa ·

Dankie Boer! Dit wat ek probeer sê het – dalk net ‘n bietjie beter verwoord.

Gwen ·

Ek hoor jou Boer. Ek is egter bevrees dat die DA die Afrikaner in gedagte het wanneer hy in die parlement stem oor SEB, grondregte en taalregte nie. Ek sou dus nie veel hoop hê dat hulle ’n plan gaan maak nie.

Die kleiner partye (ek praat nou spesifiek van die VF+) is nog altyd bereid om met die DA saam te werk. Die probleem is dat die DA dan die VF+ wil insluk soos wat hulle met die OD gemaak het. Die VF+ is nie bereid om hul beginsels prys te gee nie en daarom skram die DA weg van samewerking met hulle. Die probleem is dus die DA wat nie met ander opposisiepartye wil saamwerk nie, nie die omgekeerde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.