DA maak gereed vir swepeverkiesing

Die DA-hoofsweep, John Steenhuisen. Foto: Twitter

Donderdag sal ’n sterk aanduiding gee van hoe die wind waai in die DA-koukus wanneer die party, wat vir die eerste keer in sy bestaan van 19 jaar agteruitgang by die stembus getoon het, nuwe swepe vir sy parlementêre koukus aanwys.

Die DA is die amptelike opposisie en het 97 setels verower, waarvan 84 in die Nasionale Vergadering en 13 in die Nasionale Raad van Provinsies. Dit is ’n agteruitgang van vyf setels vergeleke met 2014.

As partyleier is Mmusi Maimane ook koukusleier. Hy kan sy hoofsweep aanwys, en dit is John Steenhuisen van Durban-Noord. Al die ander posisies word verkies.

Daar is twee nominasies vir adjunk-hoofsweep. Die dienende adjunk, Mike Waters van Kempton Park, word teengestaan deur Jacques Julius van Randfontein.

Ook vir koukusvoorsitter is daar twee nominasies – Alf Lees van Ladysmith en dr. Annelie Lotriet van Bloemfontein.

Die posisie van adjunkvoorsitter van die koukus sal betwis word deur Haniff Hoosen van Durban en Desiree van der Walt van Tzaneen.

Die enigste persoon wat onbestrede verkies sal word, is Chris Hunsinger van Malmesbury as tesourier.

Cathy Labuschagne van Bellville, die dienende DA-leier in die Nasionale Raad van Provinsies, word teengestaan deur Jaco Londt van George.

Dr. Annelie Lotriet. Foto: DA/Flickr.com

Daar is elf swepe-posisies beskikbaar en 22 LP’s het hulle daarvoor verkiesbaar gestel. Hulle is Darren Bergman van Johannesburg, Manny de Freitas van Johannesburg, Willem Faber van Kimberley, dr. Dion George van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis van Edgemead, Chris Hunsinger van Malmesbury, Phumzile van Damme van Kaapstad, Chantel King van die Oos-Kaap, Dianne Kohler Barnard van Durban, Patricia Kopane van Bloemfontein, Henro Kruger van Emalahleni (Witbank), James Lorimer van Johannesburg, dr. Annelie Lotriet van Bloemfontein, Cameron McKenzie van Johannesburg, Dean Macpherson van Durban, Solly Malatsi van Polokwane, Erik Marais van Bellville, Kobus Marais van Rawsonville, Natasha Mazzone van Pretoria, Joe McGluwa van Klerksdorp, Annette Steyn van Burgersdorp en Nomsa Tarabella-Marchesi van Bloemfontein.

Die koukus sal ook hul afgevaardigdes kies vir die DA se federale raad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Andreas ·

Daar is ‘n hele paar mense wat by die VF Plus hoort, dalk gebeur dit oor die volgende vyf jaar.

Andreas ·

En hierdie is maar die swepe, dink nou maar net hoeveel ander is daar was ander poste beklee, en dan die voetvolk wat in die die VF+ tuis hoort!

Man, dis lekker in die army, en dit gaan nog lekkerder raak soos die tyd aan stap.

Dries du Toit ·

Waaaat lees ek reg. Meer blankes. Kwotas kwotas as julle w groei

Gert van Wierdapark ·

Die DA sal maar die Sweep behoorlik moet inle in ons Kakistokrasie!

Riaan ·

Dit is eindlik lagwekkend.

Omtrent al die grootmonde van voor die verkiesing WAT DIT NIE GEMAAK HET AS PREMIERS, ens. is nog steeds arrogant genoeg om hulle eie buel te blaas???? Kyk maar na Lotriet, Bergmann ( veronderstel Centurion sameroeper te wees maar nou in Jhb????), ens.
Da is verby patepies! Kry ‘n leier (s) en dinge mag dalk verander, anders sal julle vinnige en harde val voortduur!

Logika ·

Wat soek John Steenhuisen nog by die DA?

John, Mmusi has lost the plot entirely, and he’s going to drag all of you down.

Nooit weer da ·

Mmusi geniet dit glo my volgende keer is julle drasties minder Ek is jammer ek het my stem op julle gemors maar glo my verseker sal ek nie meer daardie fout maak Hoeveel WIT mense is na verkiesing aangerand en vermoor en jy is dood stil . Duidelik dra jy nie ook die blanke stem op jou mou ons gaan jou n les leer wat nie nie gou sal vergeet

Dirk ·

Ek is beindruk met Dr. Annelie Lotriet nadat sy die vloer gevee het met die VF se verteenwoordiger, so ek hoop sy word verkies as koukusvoorsitter. Wat maimane aanbetref het die DA n gulde geleentheid deur hulle vingers laat glip om van hom ontslae te raak. Die DA kort dringend n dinamiese leier, iemand soos Dr. Annelie Lotriet wie die potensiaal toon om selfs n beter leier te wees as wat Helen Zille was!

chrisp ·

Die tyd van wit DA leiers is vir altyd verby Dirk.
Grootliks die rede vir julle leier tans .Kleur speel nou die belangrike rol nie bekwaamheid of meriete nie

Koos ·

Dirk ek hoop jou oë sal nog oop gaan. Die vrou het op MM die DA so verdedig dat sy natuurlik genomineer moet word. Die ergste is dat nog sy, nog die DA besef dat hulle die wit kieser weg gedryf het nie. Ek sien hulle ondersteuning net minder word, onder wit en swart kiesers.
Dr. Lotriet bly in Bloemfontein, in die hart van ons boere gemeenskap en ondersteun ‘ n party wat onteining sonder vergoeding voorstaan. En daar sal weet DA ondersteuners wees wat aan my gaan sê dat ek nie weet wat aangaan nie.

Deon ·

Die DA staan op sy laaste been. Hopelik sal die gematigdes in die ANC, Cope, die DA en ACDP ‘n nuwe party vorm wat die gaping in die politieke sentrum kan vul.

kolla ·

Koos – Dis die eerste keer dat ek hoor die DA staan onteiening sonder vergoeding voor. Is jy seker van jou feite?

Judge Dredd ·

Snaaks – meeste van hul steun kom van die Weskaap, maar amper geen van die swepe nie.

Ek sien Rot-lied is nogsteeds daar. Wonder watse vals lied sy nog gaan sing.

Andreas ·

Nee hulle het met ‘n skok agtergekom SA se grens eindig nie anderkant die wingerde by die Heksrivierpas nie.

kolla ·

Wie’s die VF+ se sweep? Seker nog ‘n familielid van die Mulders.

Adam ·

Kolla, ek is nie ‘n bewonderaar van of die DA of die VF+ nie, maar hoekom ‘m hou na die VF+ mik in reaksie op ‘n artikel oor die verkiesing van swepe in die DA. Elders vra jy vanaf wanneer die DA onteiening sonder vergoeding goedpraat. Die DA se beleid is gewoon “ons regeer” beter en die DA probeer te veel dinge vir te veel mense wees en plooi dus hulle beleid volgens die wense van hulle gehoor. Elke DA verteenwoordiger het sy eie “beleid” of vertolking daarvan en boonop is Maimane ‘n powere leier wat toegelaat het dat sy party die fondament daargestel het om binne etlike jare te kan inplof, tensy daar drastiese veranderinge kom. Ek is ‘n ou PFP man en dus gaan dit nie help om my ‘n verkrampte ou blanke man te noem nie. Ek hoor graag by jou waarvoor die DA regtig staan.

kolla ·

DA staan nie onteiening sonder vergoeding voor nie maar wel onteiening met vergoeding (net soos die VF+). ANC en EFF stel onteiening sonder vergoeding voor NIE DIE DA NIE.

KrokodilBotha ·

Ja klaar aan die konkel met die EFF. Da se ondersteuners kan maar vir hulle kry.

aj ·

Sonder ystervrou Helen Zille is die DA gedoem!

Musi sal oor 20 jaar miskien ‘n leier word.

Felix ·

Dalk ook nie. Helen Zille het gedink sy kan van Maimane ‘n leier maak, ‘n leier word nie gemaak nie, ‘n leier word gebore met daardie kwaliteite.

JOHAN ·

MENSE ONS IS IN AFRIKA. THE LOST CONTINENT. ONS DENKE OOR SAKE IS LIGJARE UITMEKAAR.

Arie van CAA ·

Die vermoede bestaan sterk dat die rigting wat die DA ingeslaan het, baie kiesers sal vervreem sodat hulle eerder die VF+ sal wil ondersteun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.