DA maak koalisies in Sentraal-Karoo bekend

Patricia de Lille tydens 'n vorige geleentheid. Foto: Twitter

Patricia de Lille tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: Twitter

Die DA het Vrydag sy koalisie-ooreenkomste in die Sentraal-Karoo-distrik in die Wes-Kaap aangekondig.

Patricia de Lille, die DA se leier in die Wes-Kaap, het tydens ʼn mediakonferensie gesê dat die party ná deeglike samesprekings besluit het om koalisie-ooreenkomste in Prins Albert, Laingsburg, Beaufort-Wes en die Sentraal-Karoo Distriksmunisipaliteit aan te gaan.

“Die vier partye hier teenwoordig het onder mekaar ʼn ooreenkoms bereik oor hoe ons hierdie munisipaliteit voortaan sal regeer,” het De Lille gesê. Volgens De Lille is daar op die volgende ooreengekom:

  • Die burgemeesterposisie in Prins Albert sal deur Goliath Lottering van die Karoo Gemeenskapsparty (KGP) beklee word, terwyl die posisies van adjunkburgemeester en Speaker deur die DA beklee sal word.
  • In Laingsburg sal die burgemeester Aubrey Marthinus van die Karoo Ontwikkelingsparty (KOP) wees, met die adjunkburgemeester en Speaker van die DA.
  • In Beaufort-Wes sal die burgemeester, adjunkburgemeester en die Speaker van die DA wees. Djorge Malooi sal hier die burgemeestersposisie beklee.
  • In die Sentraal-Karoo Distriksmunisipaliteit sal Noel Constable van die Karoo Democratic Force (KDF) as burgemeester aangestel word, terwyl die adjunkburgemeester en die Speaker van die KGP sal wees en die burgemeesterskomiteelid van die DA.

De Lille het gesê die ooreenkoms het historiese betekenis omdat dit “ʼn einde bring aan ANC-korrupsie in die Sentraal-Karoo-distrik”.

“Hierdie ooreenkoms skep die geleentheid om hande te vat en die mense in die Sentraal-Karoo te wys hoe dit voel om ʼn goeie regering te hê. Ons sal saam met ons vennote en die gemeenskappe daar buite hierdie munisipaliteite herbou. Ons sal beter dienste lewer wat besighede sal laat groei en werksgeleenthede sal skep. Ons wil sien hoe die toerismesektor hier blom en ons soek dieselfde vir die landbousektor,” het De Lille gesê.

“Truman se ANC bestaan nie meer nie. Die ANC-korrupsie wat werksgeleenthede geknou het, is nou iets van die verlede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dalena Coetzee ·

Ek wens hierdie munisipaliteite in die Sentraal Karoo net die beste toe met julle taak. Lojaliteit, eerlike samewerking en harde werk met al die talente wat ons almal ontvang het. is wat nodig is om van ons land ‘n sukses te maak.

Boetman ·

Interessante toewysings. Nou hoop mens dat die bedmaats nie oorloop planne het nie. Dan is die DA terug waar hul voor die verkiesing was.

KarooKlong ·

Noudat notsotruman en die anc nie meer daar in bevel is nie sal Beaufort Wes weer blom soos laaaaaaaaaaaank terug.

Garath ·

Deur genade is hier ‘n deurbraak gemaak. Moet asseblief nie die mense van die streek teleurstel nie. Ek verwag dit nie, maar hulle ook nie.

jaco ·

“Ons sal beter dienste lewer”
Na amper 5 maande se oproepe, sms’e en emails kon die DA-beheerde Kaapse Munisipaliteit nog nie een van HULLE lekkende waterpompe agter my huis regmaak nie. Duisende liter drinkwater gaan elke dag daar verlore. ‘n Amptenaar was eendag daar oor iets anders en toe ek hom die lekplek wys was sy antwoord “dis nie die moeite werd om die koperseel weer op te sit nie, want dit sal net dadelik weer afgesteel word”. Toe ek die DA-raadslid oor hierdie opmerking inlig, was daar net stilte. Raadslid is nou in ‘n ander wyk vir nog 5 jaar van cashing in op n lekker salaris, lekker kar, lekker huis.
So dis hoe die DA lyk. Eks bitterlik jammer vir mense wat onder ANC-wanbestuur swaargekry het en uitsien na “beter dienste” deur die DA…

jaco ·

dis bitter klein munisipaliteite hierdie. die totale bevolking is seker nie meer as 50 000 nie. So dis koalisies op mikrovlak. dis eintlik onbenullig. Wat ek egter nie verstaan nie, is waar is die koalisieooreenkoms vir die Nelson Mandela Baai Munisipaliteit? Die DA het dan sommer reeds op 4 Augustus, skaars 1 dag na die verkiesing, begin feesvier daar. Maar tog hoor mens niks…

Lance ·

Doen dit nou net reg asb en maak n verskil en bring die verandering wat belowe is asb ….julle word nou onder n vergrootglas geplaas dit weet julle seker

Anti DA ·

Klink goed sterkte wys goeie resultate en ek verander my naam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.