DA maak omvattende landelike veiligheidsplan bekend

(Argieffoto)

Die DA het Dinsdag ʼn omvattende voorgestelde landelike veiligheidsplan bekend gestel en sê dié kwesbare gemeenskappe het dringende, duidelike en beslissende optrede nodig wat nie langer kan wag nie.

“Aanvalle op boere, plaaswerkers en landelike gemeenskappe is ʼn aanval op ons landelike ekonomie. Dit is tyd om ons politieke verskille opsy te sit en oor partygrense heen saam te werk om ʼn landelike veiligheidsplan in werking te stel wat alle Suid-Afrikaners bevoordeel,” het Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder van polisie, tydens ʼn mediakonferensie by die parlement in Kaapstad gesê.

Die party sê hy het om dié rede ʼn veiligheidsplan saamgestel wat gemeenskapsgerig is en ʼn stewels-op-die-grond-benadering tot landelike veiligheid het.

Die party sê sy voorgestelde plan rus op verskeie bene.

Landelike polisiëringsektore

Die DA sê polisiestasies wat ʼn spesifieke landelike gebied bedien, moet ten minste een toegewyde landelike sektor skep as deel van sy sektorpolisiëringstruktuur en -plan. Waar stasies groter of oorwegend landbougebiede bedien, sal sulke gebiede in verskillende bestuurbare landelike polisiëringsektore verdeel word. In hierdie sektore sal minstens een gereelde polisielid aangestel word as sektorbevelvoerder, in ooreenstemming met die huidige sektorpolisiëringsnorme.

Stewels op die grond

Die party sê elke landelike sektor benodig polisielede op voetsoolvlak om te verseker dat gemeenskappe veiliger voel, asook om misdadigers af te skrik. Die DA meen weens die onnodige swaar struktuur van die polisie kan hy nie ʼn span beamptes aan elke landelike sektor toewys nie.

Gemeenskapspolisiëring

Die derde aspek van die veiligheidsplan is gemeenskapspolisiëring, iets wat die DA glo ʼn doeltreffende afskrikmiddel vir misdaad is.

“Landelike gemeenskappe ken hul omgewing aangesien baie hul lewe in hierdie gemeenskappe deurgebring het. Die DA stel dus ʼn benadering voor waar nasionale of provinsiale strategieë vir landelike veiligheid aan landelike sektore uitgereik word, maar landelike veiligheidsplanne op plaaslike stasievlak aangepas word saam met vrywilligers van die gemeenskap,” het Whitfield gesê.

Landelike gemeenskap-polisiëringseenhede

Whitfield sê op plaaslike stasievlak word ʼn landelike gemeenskap-polisiëringseenheid (LGP) opgerig vir elke polisiestasie wat ten minste een landelike sektor bedien. Dié LGP’s moet bestaan ​​uit vrywilligers uit die plaaslike gemeenskap wat die polisie gaan help met polisiëring in ʼn landelike sektor. Die vrywilligers kan LGP-reserviste, LGP-ondersteuningslede (ook spesialiste), LGP-hulplede, landelike gemeenskapsvrywilligers of lede van bestaande gemeenskapspolisiëringsforums word.

“LGP-hulplede sal meestal as ‘stewels op die grond’ dien, terwyl vrywilligers uit die landelike gemeenskap as ʼn ‘landelike buurtwag’ sal optree met rolle wat verander volgens die behoeftes van spesifieke plaaslike stasies. Landelike gemeenskapsvrywilligers sal nie as reserviste funksioneer nie. Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) sal van onskatbare waarde wees in die stryd teen landelike misdaad,” het Whitfield gesê.

(Argieffoto)

Landelike polisiëring-ondersteuningsnetwerke

Ingevolge die DA se plan sal landelike polisiëring-ondersteuningsnetwerke landelike burgerband-radionetwerke en radiokamers (BB) insluit, asook landelike polisiëring deur hommeltuie en finansiële ondersteuning.

Die DA sê sy plan stel die vestiging van ʼn landelike radionetwerk vir elke stasie voor. Hierdie BB-netwerk het slegs toegang tot ʼn spesiale landelike veiligheidskanaal en het geen toegang tot amptelike polisie-radiofrekwensies of -kanale nie. “Die netwerk gaan beheer word deur ʼn landelike radiokamer, geleë op stasievlak en bestuur deur ʼn lid van die plaaslike LGP. Dit sal aan alle landelike wonings beskikbaar gestel word,” het Whitfield gesê.

Verdagte aktiwiteite en veiligheidsrisiko’s kan geïdentifiseer en die stelsel gebruik word om landelike gemeenskappe nader aan mekaar te bring.

Whitfield sê hommeltuig-tegnologie word wêreldwyd suksesvol ingespan omdat dit goedkoper en beter is as konvensionele polisiëring en misdadigers afskrik. Deur ʼn hommeltuig toe te rus met termiese beeldvorming, nagvisie of infrarooi beeldingstegnologie, kan verdagtes geïdentifiseer en agtervolg word in enige omstandighede en enige tyd van die dag.

“Hommeltuig-tegnologie sal onmeetbare waarde toevoeg tot die stryd teen landelike misdaad en geweld.”

Die DA sê LGP-reserviste moet vir hul werk en uitgawes betaal word en die stelsel sal ʼn voet in die deur wees vir diegene wat op voltydse grondslag by die SAPD wil aansluit.

Polisiestrukture

Die DA se landelike veiligheidsplan sal die oprigting van landelike beveiligingseenhede, die polisie se provinsiale direktoraat vir landelike veiligheid en ʼn landelike misdaadintelligensie-afdeling (LMIA) insluit.

(Argieffoto: Reint Dykema)

“Landelike beveiligingseenhede (LB-eenhede) sal in die SAPD opgestel word om vinnige reaksies moontlik te maak, veiligheidsoperasies uit te voer en met provinsies saam te werk. Dit sal verseker dat alle landelike gemeenskappe in die betrokke distrikte kennis dra van landelike veiligheidsplanne en dit in werking stel,” het Whitfield gesê.

Die DA sê die LGP-reservistemodel benodig boonop nie ʼn enkele verandering aan wetgewing nie. Die enigste beleid wat die polisie sal moet hersien, is die kwalifikasies en minimumvereistes vir reserviste.

“Daar is dus geen rede waarom die polisie nie hierdie plan onmiddellik in werking kan stel nie.”

Plan kan dadelik in werking gestel word

Whitfield sê sy voorgestelde model is reeds grondwetlik en vereis geen wetgewende, regulatoriese of beleidsveranderings nie.

“Dit is tyd om wet en orde na ons landelike gemeenskappe terug te bring. Genoeg is genoeg en dit moet nou end kry. Elkeen van ons moet ʼn rol speel. Nie net die polisie, regstelsel en leiers in die samelewing nie, maar álmal.”

Die DA sê ook dit is tyd dat politieke verskille opsy geskuif en die landelike veiligheidskrisis in die land trompop geloop word.

  • Volgens die polisie se jongste statistieke was daar in die afgelope boekjaar 47 plaasmoorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Vra net ·

Wat is jou plan Werner en wat het jy al gedoen om te help?

Cherokee ·

Vra net, dan ‘vra ek net’ wat het jý al gedoen om te help, indien enige?
Werner, as jy dit wil afskiet (ek het ook bedenkinge) verduidelik vir ons watter kritiek jy daarteen het. Of is jy ook een van daardie wat alles in dier voege, sonder logiese redes, afskiet, net om soort van kommentaar te lewer? ‘n Afrikaanse uitdrukking wat ek jàrre laas gehoor het, lui so: ‘n Halwe eier is beter as ‘n leë dop.

Stelling ·

Met ander woorde die DA wil die teiken draai op enkele polisie lede wat voetpatrollie moet doen op n plaas!

Werner ·

Ek het al 25 jaar bestee op plaas aanvalle gehelp met opleiding en fisies gerageer op plaas aanvalle om slagoffers te help baie meer as wat julle gedoen het skiet my maar af maar van hierdie plan sal dadels van kom ons sal weer volgende week en die week daarna praat na die volgende aanvalle

Werner ·

Ek het al 25 jaar bestee op plaas aanvalle gehelp met opleiding en fisies gerageer op plaasaanvalle slagoffers te help baie meer as wat julle gedoen ons praat weer na volgende maand se plaas aanval syfers

Gaitsigubib ·

Sal n halwe eier n kuiken kan maak? Ek dink nie so nie al sit jy dit onder n kalkoen saam met die hele DA.

aj ·

Bly weg van saps!

.. hulle is die pionne van die ANC wat sal ‘monitor’ terwyl die boewe jou martel en vermink.

Mugabe se polisie het gehelp om die boere van die plase af te verjaag. Selfde hier!

Nienie ·

Te min en te laat. Te veel mense het al gesterf. Ek ondersteun eerder Afriforum en VF+.

Regs! ·

Hierdie regering van ons sal elke plan om ons boere te beskerm in die wiele ry. Want dit druis in teen HULLE plan!

JohanR ·

Die probleem met die DA is dat hy will soos ‘n reddings ruiter wil lyk op ‘n wit perd, en dan al die “glory” kry. Hoekom nie saam met Solidariteit, AfriForum, VFPlus en anders werk nie om die boos van plaas moorde hok te slaan? Ek se nie die DA probeer nie iets doen nie, maar werk saam met ander wat die selfde eind doel het.

Adam ·

Is daar enigiets wat die ander organisasies verhoed om saam met die DA te werk?

Broodnodig ·

Dalk gaan hulle plan beter werk as wat die ander al voorgestel en misluk het. In hierdie stadium behoort enigiets positiefs ondersteun te word ongeag van wie die voorstelle kom.

humor ·

Ek is positief oor hierdie voorgestelde plan. Dit beteken natuurlik nie die A B C van alles nie. Daar kan steeds baie daaraan geskaaf word, of n ander instansie kan selfs met n ander plan na vore kom. Ek het egter sekere vrae. Word daar nie te veel op die polisie verwag nie.? Ons is al vertroud met die polisiestandaard van die land. En ook Is goeie samewerking tussen die landelike gemeenskap en polisie haalbaar.?

Hanna Hoekom ·

Wat die DA blykbaar nie begryp nie, is dat plaasaanvalle en plaasmoorde deur die cANCer goedgekeur word. “Our people” het grond nodig!

leser ·

wat help die hulp van gpf lede, hul jaag en vang hul prooi (op eie onkoste), kommunikeer na die polisie toe, maar wag tot 6 ure vir saps om op te daag
daarom weier gpf lede om nog deel te wees van ‘n externe arm vir die polisie
“ons is die oe en die ore van die polisie” , wat ‘n grap

Pieter ·

Stem die DA sal nie weer my stem kry nie hulle is soos die ANC praat net

KrokodilBotha ·

Hopeloss te laat. Die vrot trek van top bestuur tot onder in SAPS. Wat de hel die DA nou weer.

Adam ·

Pieter, kan jy my dalk reghelp en aandui watter politieke party in SA doen werklik iets vir ons. Vanwaar ek kyk wil dit voorkom asof hulle almal net praat.

Roelof Mc Domald ·

Eks vreeslik bly om te sien dat die DA begin om verder te kyk as wat hul neusies lank is. Hul en medepartye is nie in die praathuis om verkiesings te veg en met mekaar nie maar om die beste belange van SA en AL sy mense te bevorder. Gebruik Solidariteit as voorbeeld in menige gevalle. Dalk kan jul plan verbeter word deur met bestaande strukture saam te werk en nie nou op nuwe paaie te wil neuk nie. Vind gerus meer daaroor uit. Die SAPD is n vrot samewerker. Betrek eerder Luthuli huis as dit in julle broekies sit!!

aj ·

Too little too late!

Die swakplek in die plan si die SAPS!

Die SAPS sal grondgrype en plaas aanvalle slegs “monitor” … omdat dit die ANC se beleid is!

Wilhelm ·

Eerder laat as nooit, bly om te sien die DA lyk of hulle wil wakker skrik en iets positiefs doen, ek sal graag wil sien dat hulle die planne uitvoer. Elke positiewe bydrae in die land moet verwelkom word.

Judge Dredd ·

So wat het die DA bygedra?
In my ou dorpie het Afriforum ‘n gemeenskaps veiligheids optrek saam met die lokale polisie gereel vir 4 Oktober. En dit is die 4de saamtrek vir hierdie jaar.

Politieke partye praat baie(vir eie gewin) maar doen min – ek ondersteun eerder groepe soos Afriforum en Solidariteit.

GP ·

Dankie DA. Hoop julle het sukses hiermee. Ek kan nie glo hoe negatief kommentare is nie. So of mense nie gehelp wil word nie.

Msp ·

Ek glo nie dis ń bietjie laat nie, Suid Afrikaners wat die selfde voel moet begin saamstaan en ñ weg vind.

Johanna Botha ·

Die DA het baie plannetjies ….maar kyk net hoe lyk Tshwane …die straatligre brand 24/ 7 of is al maande buitewerking ….dalk iets begin doen DA !

Rooi Jan ·

Ek dag dit is net ek wat sien hoe dinge agteruitgaan in Tswane. Verkeersligte by groot kruisings is al maande lank buite werking. Straatligte by ons is net eenvoudig buite werking. Lamppale word raakgery en staan dan so geknak een daarvan nou al vir amper n jaar. As dit is waarvoor mense DA gestem het dan sien ek swarigheid. Ek persoonlik dink die DA se skielike plan wat terloops heeltemal te veel op die SAPS steun is n poging om steun terug te wen by konserwatiewe Afrikaanse stemmers. Die enigste planne wat wel werk is die wat gemeenskappe self implementeer en beheer.

Rooi Jan ·

Ek dag dit is net ek wat sien hoe dinge agteruitgaan in Tswane. Verkeersligte by groot kruisings is al maande lank buite werking. Straatligte by ons is net eenvoudig buite werking. Lamppale word raakgery en staan dan so geknak een daarvan nou al vir amper n jaar. As dit is waarvoor mense DA gestem het dan sien ek swarigheid. Ek persoonlik dink die DA se skielike plan wat terloops heeltemal te veel op die SAPS steun is n poging om steun terug te wen by konserwatiewe Afrikaanse stemmers. Die enigste planne wat wel werk is die wat gemeenskappe self implementeer en beheer.

marous ·

Waarom begin hulle nie in die middel van die stede nie ? As dit suksesvol is dan sal die platteland ‘n vulletjie wees .

Judge Dredd ·

Want julle stedelinge kry vir dekades al, al die aandag terwyl landelike gebiede afgeskeep word.

gatiep ·

Hoe op aarde klim hulle nou eers uit onder die klip?Klaar te laat mnr da,ons het klaar n party gekry wat regtig iets aan plaasmoorde wil doen.Dis dieselfde party wat julle so hard probeer om te vernietig.Hoekom gaan julle nie eerder terug Engeland toe nie,julle doen meer skade as goed.

Johann Jordaan ·

Hoekom nou ewe skielik die belangsstelling in die boere se veiligheid? Voor die verkiesing en gedurende Ramaposa se uitsprake in die VSA was julle stil. Julle bluf niemand nie !

Jerry ·

Die DA se plan is net soos Afriforum se plan n goeie plan. Die mense materiaal wat dit gaan uitvoer, dit is waar die probleem le. Om jou ideologiese vyand aan te stel om jou te beskerm is naief, nalatig, onkundig, absurd, fataal, selfvernietigend ens. Wanneer dit gaan oor veiligheid en sekuriteit, dan gaan dit oor ons (anti rewolusioneres) en oor hulle (rewolusioneres), dit gaan oor lewe of dood. Regdeur Afrika het ons mense (wit en swart anti rewolusioneres) daardie foute gemaak en hier in SA word daardie onkundige s-tlikh–d herhaal. Die rewolusioneres grynslag tevrede terwyl hulle, hulle lippe aflek. Suid Afrika is n gekkeparadys waar gewone mense deur gekke en dwase na die slagpale gelei word!

Hanlie ·

Hoekom betrek hulle nie die weermag nie, baie beter as om die SAPD te betrek en buitendien sit hulle en niks doen nie. Toe die kommando’s nog daar was, was daar nie plaasmoorde nie, maar kyk nou!!!!

Hanlie ·

Hoekom betrek hulle nie die weermag nie, baie beter as om die SAPD te betrek en buitendien sit hulle en niks doen nie. Toe die kommando’s nog daar was, was daar nie plaasmoorde nie, maar kyk nou!!!! Ja, want julle het dit nie geplaas nie..

Pieter Reyneke ·

Ek is eerstens dankbaar dat die DA, om politieke steun by die Afrikaner te wen, die pland bekend stel. As iemand wat die boere se lot op my hart dra is die krummels en opportunistiese plan wat Coetzee geformuleer het om Afrikaners terug te wen darem ‘n stap vorentoe.

As jy in nood is, is die plan van opportuniste ook aanvaarbaar. Enige iets om net een lewe te spaar sal goed genoeg wees. Die DA moet nou net die plan in die Wes-Kaap en munisipale gebiede waar die DA in beheer is implimenteer. Hulle kan dit met verkeersbeamptes doen.

Ek sal in elk geval nie weer vir die DA stem nie. As jy my nou maar eenmaal met regstellende aksie (RA) en Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) onder die bus gegooi het en nou eers die lig sien rondom plaasmoorde, dan is jy nie my stem werd nie. ‘n Jakkals verander nie van streke nie. Die DA sal die Afrikaner maar net weer onder die bus gooi as swart steun benodig word en apartheid se sondes die steme sou werf. Kom ons bou eerder ‘n koalisie met die DA en VF+. Om vir die ‘ANC light’ te stem, nie weer nie. Fooled once!

Cherokee ·

Ek sien soveel kommentators sê dat hulle nooit weer vir die DA sal stem nie.
As èk ooit so dom sou gewees het om DA te stem, sou ek dit nooit erken het nie. Dit is met trots wat ek sê ek was nog net lid van een politieke party en dit was die HNP, en nou stem ek VF. Mens het mos darem trots ook. Jy stem mos nie bloot vir die kleurvolste plakkaat teen die straatlig nie. Teken-regte behoort nie aan elke Jan Rap en sy maat op ‘n skinkbord gegee word nie. Daar behoort eksamens ingestel te word sodat kiesers-regte deur bevoegde mense uitgeoefen word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.