DA maak reg om terug te veg teen onteieningspogings

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die DA in die Wes-Kaap is besig om hul ondersteuners voor te berei en op te kommandeer om volgende week stewig standpunt in te neem wanneer die parlementêre ad hoc-komitee oor onteiening sonder vergoeding die provinsie aandoen.

Massavergaderings word hierdie week op die presiese plekke waar die veelpartykomitee aanstaande week aandoen, gehou om stemming te maak teen onteiening sonder vergoeding. Die vergaderings vind in Beaufort-Wes, Kaapstad, Oudtshoorn en Citrusdal plaas, en hierdie week is groot DA-vergaderings reeds op Beaufort-Wes en in Oudtshoorn gehou om teenstand teen onteiening aan te help.

Die verhore in die res van die land is gekenmerk deur massa-deelname deur spesifiek EFF-ondersteuners en ander voorstaanders daarvan om die staat die alleen-eienaar van grond in die land te maak. Ander landsburgers, byvoorbeeld kommersiële boere wat teen onteiening sonder vergoeding gekant is, is in so ‘n mate uitgeskel en swak behandel dat die ad hoc-komitee ‘n amptelike verklaring uitgereik het om te vra vir groter ordentlikheid.

Dit wil egter voorkom asof die wind anders kan waai in die Wes-Kaap.

Die Wes-Kaapse DA-leier, Bonginkosi Madikizela, het gesê ‘n eenparige mosie teen staatsoorname van grond, en teen onteiening sonder vergoeding, is by die DA-saamtrekke aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Casper Labuschagne ·

Ja, @Hotti, die DA sal Suid Afrika uit die ANC se kake red, ten spyte daarvan dat die ANC se groot verkiesingskampanje vir 2019 daaroor sal gaan dat die eiendom van die minderheid aan die meerderheid uitgedeel word. En watter persoons sonder grond gaan gevolglik nie volgende jaar ANC stem nie?

Frik Lotz ·

Die DA spring nou ook skielik op die wa, o ja, dis mos amper weer verkiesing! Ag nee wat DA, mense glo jul nie meer nie! Die enigste party wat werklik veg vir die mense se regte en van die begin af gekant was teen onteiening sonder vergoeding is die VF Plus!!!

Adam ·

Lagwekkend!. Die DA kan nie eens ‘n geveg teen homself wen nie.

Vryheid ·

Tot ons nie op die plek kom waar ons saam staan en self in opstand kom teen die regering, bande brand, paaie afblok en betoog sal hulle nie luister nie. Die regering loop oor ons want ons sit en kla met geen aksie.

Cherokee ·

Natuurlik kan ons op so plek wees en vele van ons is reeds daar waar ons VF+ stem en Afrforum ondersteun dmv lidmaatskap, maar steeds is daar ‘n massa wat saam met die DA stem vir grondhervorming en regstellende aksie.

Cherokee ·

O, en regstellende aksie? Ek lei af jy stem ook daarvoor dat 60miljoen beskerm moet word teen 4½miljoen al het dit Eskom bankrot gemaak.

LHS ·

Fantasties, so ook alle alle uitstaande lenings op die grond, kooperasies ens. Laat waai boere gaan soveel as moontlik skuld aan vir vaste verbeteringe op jou grond. Koop trekkers, implimente en wat ookal op skuld en laat alles dan net daar as hulle jou grond beset. Hoe groter die skuld hoe kleiner die kans dat jy plaasloos gaan word. Sal graag wil sien hoe gaan die finansiele instellings uitstaande skulde uit wie verhaal. Miljarde se oninvorderbare skuld gaan die banke en sodoende die hele land se ekonomie inmekaar laat tuimel. Baie minder belasting na SARS gaan die soustrein helemal ontspoor. Kry jou kapitaal betyds uit na die buiteland. Gee vir die grondgrypers n LANDBANK plaas. Laat SA se ekonomie dan nou maar totaal ten gronde gaan soos met Zimbabwe . Die boervolk was nog altyd in die verlede instaat om uit die as weer op te staan, weet egter nie hoe sekere ander mense gaan oorleef nie.

MEYER ·

Baie geluk vir almal wat nie DA stem nie. Eintlik het DA nie sulke negatiewe mense nodig nie. Kan die mense in die land ophou kritiseer?

Cherokee ·

Interessante stelling wat jy maak, Meyer. Sonder ons sal julle positiewe gevegte tussen mekaar hê soos op die oomblik in Kaapstad waar die DA neig om uit mekaar te skeur en De Lille julle ore aan sit. Heel positief, soos jy sê.

Kantlyn ·

Vir wat is daar nie destyds `n grond-eis ingestel nie? Of dalk was daar nie na wense genoeg gron d eise ingestel nie, nou word mense aangemoedig om sommer grond te gryp!
Smaak my die mense, wat nie destyds `n grond eis ingestel het nie, het nie eintlik gedink dat daar grond is wat hulle toekom nie. Anders sou hulle tog `n eis ingestel het. Dus, hulle was tevrede daarmee dat hulle bly waar hulle is. Maar nou word hulle mislei deur Julius en kie. Nou skielik word grond ge-eis en onwettig beset. Toe hulle kans gehad het om wettiglik `n eis in te sit, toe het hulle nie. Politieke “leiers” weet nie wat hul doen nie en soek net stemme met vals beloftes. Artikel 25 van die grondwet maak reeds voorsiening vir onteiening, al wat onbreek is die “sonder vergoeding” gedeelte. Vir wat wil die staat nie betaal nie? Hoekom wil die staat, nie die grond wat reeds in sy besit is, deel nie? Die uiteindelike mikpunt is dat alles aan die staat moet behoort (kommunisties). Maar gaan die Blankes dit toelaat? Die beoogde nuwe wet is lynreg teenstrydig met wat die grondwet seg rakende beskerming van minderheids groepe se regte. “Ongeag ras ensomeer mag daar nie diskrimineer word nie!!. Ek kan nie sien dat dit wettig sal gebeur nie. Al uitweg is maw onwettig. Dit sal lei tot oorlog, rewolusie en opstande. Dankie ANC en EFF .

Casper Labuschagne ·

Daar is iets daadwerkliks verkeerd aan hierdie proses. Watter moontlike uitkoms verwag hulle anders as dat die meerderheid wat nie eiendom het nie graag die eiendom wil ontvang van die minderheid wat eiendom het?

Sou dit ‘n regverdige proses wees as die juffrou die skoolklas byeenroep vir konsultasie want Jannie en Pietie het elkeen ‘n sak vol albasters terwyl die ander seuns geen albasters het nie? Boonop het geeneen van die meisies enige albasters nie en sodoende is die geslagte ook nie gelyk nie, en wie durf vandag ontken dat sulke absolute ongelykheid nie ‘n reuse krisis verteenwoordig nie? Watter ander uitkoms word verwag deur so ‘n proses anders as dat ‘n besluit geneem sal word dat die eiendom van die minderheid dus aan die meerderheid uitgedeel sal word?

Ag tog, ek het vergeet – dit is kommuniste wat ons regeer, en dit is presies hoe die kommunisme werk. Gevolglik sal ons dwaas wees om enige ander uitkoms van so ‘n proses te verwag as dat ons uiteindelik ten volle onteien sal word.

antionette ·

Ons almal kon baie jare trug erken dat ons trots Suid-Afrikaners is. Dink nie dit is nou meer die geval nie…

Inelkgeval nie vir my nie. Kan nie help om te wonder wat van al die boere in SA gaan word nie. Party kan oorsee vlug ander kan probeer in buurlande soos Botswana n bestaan te maak. Maar wat van die wat nie die voorreg het om so n skuif te maak nie…

Baie hartseer…

Casper Labuschagne ·

@antoinette Dit is nie bloot wonder wat van die boere gaan word nie. 40,000 boere waarvan 32,000 wit is verskaf 90% van die kos vir 56 miljoen mense. Verplaas die meritokrasie van die landbou met bestaansboerdery en daardie melk wat jy daagliks in jou tee en koffie gooi sal vir die res van jou lewe ingevoer word vanaf Europa, die VSA en Australië. Ditto vir die res van die kos wat jy daagliks eet. Nie net dit nie, die ekonomie sal erg seerkry, plattelandse dorpies sal plakkerskampe word waar eens witmense gebly het en stedelinge sal grootliks werkloos wees. Hiperinflasie sal mense se spaargeld en pensioene in ‘n baie kort tydjie vernietig. Burgeroorlog sal volg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.