DA maak verkiesingsdatum bekend

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA. Foto: Twitter

Die DA sal na verwagting Dinsdag ʼn nuwe parlementêre leier en ʼn nuwe parlementêre hoofsweep kry, het die waarnemende parlementêre leier, dr. Annelie Lotriet, vandag aangekondig.

Die party sal langer moet wag om te sien wie sy oorgangsleier tot April sal wees. Daardie persoon sal op 17 November in Johannesburg verkies word deur die DA se federale raad.

Die posisies is vakant nadat Mmusi Maimane as DA-leier en ook as die party se parlementêre leier bedank het. Aangesien die hoofsweep aangestel word deur die parlementêre leier, is die posisie van hoofsweep ook vakant.

Benoemings vir die pos van parlementêre leier sluit Vrydag om 20:00 en kandidate sal Maandag aangekondig word.

In ʼn sterk aanduiding dat hy homself as kandidaat vir parlementêre leier gaan beskikbaar stel, het die voormalige hoofsweep, John Steenhuisen, aangekondig dat hy Maandag die Kaapse Persklub by Kelvin Grove in Nuweland, Kaapstad, sal toespreek.

Daar is ʼn tradisie dat DA-leierskapkandidate hul kandidatuur by Kelvin Grove, ʼn setel van liberale politiek, aankondig.

Daar is intussen geen vordering wat betref die drie DA-LP’s wat laat blyk het hulle oorweeg om te bedank nie. Daardie posisie bly onveranderd.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.