DA meen FPB-beperking op omstrede fliek is ‘sensuur’

Inxeba – The Wound (Foto: ANA)

Die DA het Vrydag die Film-en-Publikasieraad (FPB) se verslag oor die redes vir die besluit om die rolprent Inxeba se ouderdomsbeperking aan te pas, verwerp.

Volgens Phumzile van Damme, DA-woordvoerder, is die redes onvoldoende om Inxeba so ʼn hoë ouderdomsbeperking te gee en die FPB “moet weet die DA gaan die besluit uitdaag en bestry”.

“Die DA ondersoek tans sy opsies om terug te baklei. Dit is ʼn oortreding van die konstitusionele reg op vryheid van uitdrukking, waaronder artistieke vryheid. Die FPB se beperking is weinig minder as sensuur,” het Van Damme gesê.

Die Film-en-Publikasieraad (FPB) het verlede week aangekondig hy het die ouderdomsbeperking van Inxeba (The Wound), die omstrede Suid-Afrikaanse fliek wat op die kortlys vir vanjaar se Oscar-toekennings was, aangepas.

Die fliek, ʼn gay-liefdesverhaal wat in isiXhosa vertel word, se oorspronklike ouderdomsbeperking van 16 vir kru taal en seks is deur die raad se appèltribunaal verander na X18 vir die klassifiseerbare elemente van seks, kru taal, naaktheid, geweld en vooroordeel.

“Die gradering van X18 beteken dat die rolprent slegs by aangewese persele vir volwassenes versprei mag word. Dit beteken dat die prent nie in teaters of op enige ander platform vertoon mag word wat nié ingevolge die wet wel aangewese geriewe vir volwasse gehore is nie,” het die FPB gesê.

Die verslag lui “die teikenmark, wat ons meen 16-jariges is, is nie vertroud met inisiasiepraktyke soos die appellante dit beskryf nie en vooraf blootstelling aan sulke seksuele dade sal skadelik en ontstellend vir die ouderdomsgroep wees”.

Volgens die verslag is daar oor vier elemente ooreengestem deur die klassifiseringskomitee: “Die taalgebruik, die geweld wat gering tot matig is en redelik gereeld voorkom, die naaktheid wat van lae impak is en nie gereeld voorkom nie, en die seksueel verwante aktiwiteite wat anale en orale omgang insluit wat gering tot matige impak het en redelik gereeld voorkom.”

Die DA meen dit is nie genoeg rede om die fliek so straf te beperk nie. “Die DA loof die vervaardigers van die film dat hulle uitdagende en belangrike temas ondersoek het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Charmain ·

Wat makeer die DA. Die fliek behoort glad en geheel nie eers uitgereik te word onder enige omstandighede!!! Nie eers volwasse persele. Wat makeer ons mense! Ons is besig om te verval! Waar is ons christelike en bybelse waardes!!!

Janet ·

Stem heeltemal saam, Charmain! Laat mens dink oor die moraal van die DA. Om so aktief te wil deelneem aan die besoedeling van die jeug se geestesgesondheid!!

Yolandi ·

Wat is die probleemet die fliek?
Wys dit die verhaal van baie mense se waarheid? Sure. Dan wys ons dit. Daar is absoluut niks fout daarmee nie.
As ons movies moet sensuur net gebaseer op Christenskap moet ons 90% van die rakke afhaal.

Onderdiearm ·

@Yolandi, stem saam met jou. As dit teen jou beginsels is, moet dit nie kyk nie. Nie almal is Christlik nie.

Adam ·

Korrek. Ongelukkig die ander partye ook: mens noem dit politiek.

Lolla ·

So jammer , skaam en spyt ekt ooit DA gestem!!! VFPlus, julle het in my n nuwe lojale ondersteunende stem! Weer, voel ek so verraai deur die DA. Wat n gemors party.

Pieter ·

Wel, dit behoort duidelik te wees waarom ek nie die DA kan steun nie. Hulle verstaan die ekonomie dalk, maar beslis nie morele waardes nie. Polities korrek is nie noodwendig moreel nie. Nee DA, julle kort beginsels!

zoom zoom ·

Die DA is nou een pary wat self nie weet wat hulle wil doen of hê nie. Hulle ry op ander partye se doen en laates. Op hulle eie is hulle besig om mekaar te vertrap vir die top job

Thea ·

Die DA tree op soos stout kinders wat elke gesag wil uitdaag. Geen wonder ons land is al so ver op die breë pad van morele verval. Die DA sou ook op ‘n vloermoer gegooi het as die ouderdomsperk NIE aangepas was nie. Regte spul mantelswaaiers.

Anna ·

Ag nee, DA! KOM BY!
Maar nouja, so leer ken ons ook julle harte…

Johan ·

Nog n bewys dat die DA beslis nie n party is om te steun nie….beslis nie met my stem nie.

Pop ·

Nou net daar stem ek nooit ooit weer DA nie. Ek stem vir niemand nie. Wens ek kan hier uit die verfoeilike land. Vir stemme verkoop hulle hul siele. Politieke partye doen al die duiwel se werk vir hom.

Bets ·

Wel DA as julle n God’s laster film wat met my God spot dryf wil steun, doen so voort maar my stem sal ni meet vir julle wees nie. Nou gaan.julle te ver

Bets ·

Wel DA julle get so.pas my stem verloor. As julle met my God wil spot en n God’s lasterlike film steun moet julle maar hulle kry om in die toekoms vir julle te stem.

Vermeende ·

Vryheid van uitdrukking??
Kan die DA lede my antwoord, indien ek n fliek kon maak wat Mohamed of Allha in n swag lig sou stel, sou die DA my vryheid van uitdrukking dan ook beskerm?
En as ek n fliek kon maak oor Mandela??

Willie ·

DA bepaal julself asb by die politiek. Maar nou ja, so begin die ware kleure al hoe meer deurskemer. Vir hulle gaan dit net om Suid-Afrika se hulpronne vir hul Britse meesters te beveilig.

Johann ·

Mense, vat die persoon Phumzile van Damme DIREK aan via die DA se Web Blad. Of nog beter die persoon wat in jou area die DA verteenwoordig. Konfronteer die persoon by name… vra reguit: ondersteun hy/sy die ANC bevondste walging genaamd The Wound en die direkte Godslaster wat deel is van die boosheid daarin self? Staan op en DOEN iets meetbaar. EPOS die DA en kry hulle verteenwoordiging se nommers en BEL hulle direk. Of gaan dit maar weer een van daai los dit iemand anders sal dit doen. Ek sal aanhou om Philip Nel van die DA in Mo umentpark Pretoria in die openbaar te vra of hy die DA se standlunt van die bespotting van my verlosser Jesus Christus ondersteun!!!!

Willie ·

Stem 100% saam Johann. Nie eers die ANC het tot dusver beswaar gemaak teen die gradering van hierdie film nie. Kontak die DA op elke moontlike kanaal en teken beswaar aan. Ek sal voortaan op elke moontlike platform voortgaan om hierdie blatante simpatisering met die godslasterlike film te verkondig. Eers het hulle ons Afrikaans sprekendes vervreem en nou ons as Christene ook (wat die grootste geloofs groepering in die land is). Mag hulle ten duurste betaal by die stembusse.

Sonja ·

My oë het oopgegaan en ek bid dat hierdie boodskap wat die DA uitstuur elke Christen in die land sal bereik. Ek loof en prys ons Here Jesus dat Hy dinge soos hierdie in die lig stel sodat ons nie maar net glo dat alles reg is wat die DA doen omdat hulle ‘n beeld van Christenskap voorhou nie.

Johanna Botha ·

Wel dan moet 80 % van alle flieks verban word …maklik moet nie gaan kyk nie, bly net weg !

Cornelia ·

Yolandi: Hoekom? As u die Bloedoffer van Jesus Christus as die Heilige ingryping van God in u siels verlossing aanneem, sal u nie anders kan as om op so ‘n onbegryplike Genade, die Boodskap van Christus, met Ontsag en vrees vir God se Heiligheid, élke aanslag van satan, met ‘n teen offensief te ontbloot vir die bose misleiding waarmee dit op mense afgewentel word en aandring op ‘n “bestaansreg.” En dankie aan almal wat terugveg met ‘n rein “gewete” voor God en medemens.

Erick ·

Het julle nie geweet die DA is die ou Progresiewe Party nie? Eerder laat as nooit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.