DA moet “aanstootlike foto” verwyder

Amandla Media het dié foto op sosiale media gelaai. Volgens die mediahuis is die foto Donderdag, 13 Maart 2014 in Bekkersdal geneem. Dit is die foto wat die DA in sy advertensie gebruik het.

Amandla Media het dié foto op sosiale media gelaai. Volgens die mediahuis is die foto Donderdag, 13 Maart 2014 in Bekkersdal geneem. Dit is die foto wat die DA in sy advertensie gebruik het.

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika het Vrydag beslis dat die DA ʼn foto, waar ʼn polisiebeampte ʼn vuurwapen op twee inwoners rig, uit hul advertensie moet verwyder.

“Die foto in die DA se verkiesingsveldtogadvertensie is misleidend,” het lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die advertensie se beeldmateriaal is nie akkuraat nie en misleidend, aangesien die twee mense in die foto nie dood is of op geskiet is nie. Lewendige ammunisie is ook nie gebruik nie.”

Okosa het beslis dat die Demokratiese Alliansie die aanstootlike deel uit hul “ANC Ayisafani”-advertensie moet verwyder.

Nick Ferreira, vir die DA, het Donderdag aan Okosa se klagte- en nakomingskomitee gesê die foto is outentiek en in Maart 2014 in Bekkersdal, Westonaria geneem.

Die polisie het gevoel die foto is “uiters onverantwoordelik, desperaat en grens aan ʼn gebrek aan moraliteit en valsheid”. “Die foto is sorgvuldig gekies uit een van Bekkersdal se onwettige en gewelddadige betogings waar die polisie die openbare orde moes herstel om die lewens van wetsgetroue landsburgers en hul eiendom te beskerm,” het Makgale bygevoeg.

Mmusi Maimane, DA-woordvoerder en premierskandidaat vir Gauteng, het gesê die party beplan om die kwessie na die hoogste hof te neem. -SAPA

Lees ook:
Polisie kla by Okosa oor DA-advertensie
DA-advertensie kry 500 000 kyke op YouTube
Kritiek deel van politieke debat – DA
DA hof toe omdat Okosa voete sleep
Okosa beslis vandag oor DA-advertensie
SAUK-base bang om hul werk te verloor, sê DA
DA mag gewysigde advertensie indien
SAUK onttrek DA se TV-advertensie
DA kap ANC met nuwe advertensie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.