‘DA moet mosie van wantroue terugtrek’

Pres. Jacob Zuma by die gedenkdiens vir die struggle-veteraan, Chris Hani, in Boksburg (10 April 2017). Foto: GCIS

Die parlement het Woensdag gesê net die DA het die mag om die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma, wat vir 18 April gereël is, terug te trek.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het in ʼn verklaring gesê die mosie moet teruggetrek word ná opposisiepartye gevra het dat dit uitgestel word.

“Reël 128 van die nasionale vergadering stel dit duidelik dat mosies van wantroue slegs deur die persoon wat dit ingedien het, in dié geval DA-leier Mmusi Maimane, teruggetrek kan word. Die speaker kan dit nie doen nie,” het Mothapo gesê.

Die EFF en die UDM het aan die Nasionale Vergadering geskryf en versoek dat die mosie uitgestel word tot die konstitusionele hof ʼn beslissing gemaak het. Die UDM het dié hof genader en gevra dat die mosie deur middel van ʼn geheime stemproses moet plaasvind.

Die ANC het op sy beurt aangedui dat sy LP’s nie teen dié party sal stem nie.

Verskeie opposisiepartye het aangedui dat hulle die DA se mosie van wantroue teen Zuma sal ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann cb ·

Daar is geen geldige rede om die mosie terug te trek nie! Dan is hy vry om nog meer te doen en sê soos dit hom alleen pas…

Andre ·

Hul wil dit nie terug getrek he nie. Hul wil dit net uitgestel he tot die hof beslis het of hul dit met geheime stemming kan doen al dan nie

Loeis ·

Nie seker of die hof die UDM se versoek sal toestaan nie: daar mag ‘n geskil oor die skeiding van magte wees. Dit isal ‘n interessante uitspraak wees.

Die volgende vraag is of ANC LPs wel teen Zuma sal stem, sou daar in geheim gestem word. Lojaliteit is een ding, maar Zuma sal dan steeds hulle party leier wees, en ANC LPs sal dit ontgeld. Hulle weet dit, en wil waarskynlik nie van die soustrein afgeskop word nie.

Ina ·

God het ons ook ‘n verstand gegee om te kan kies tussen reg en verkeerd. Dit hang van die ganse volk af hoe ons kies………… reg of verkeerd!

Pierre ·

Verstaan hulle dan nie verskil tussen uitstel en terug trek nie…

Afrikaanse Knaap ·

‘n Haastige hond, verbrand sy mond.
Ek dink in hierdie geval sal die wag die moeite werd wees. Mmusi kan ook wys dat hy al in sy lewe ‘n skaak spel gespeel het, en daarmee ook vir ander partye ten toon stel dat hulle bereid is om saam te werk om die vrot te verwyder, soos vandag se optog.

Jan Jooste ·

Indien die DA enige insig het, sal hul die mosie terugtrek en eers weer herindien na die geheime stem uitspraak. Lees Prof Pierre de Vos se artikel in Daily Maverick oor die geheime stem kwessie. ‘n Geheime stem is noodsaaklik vir suksesvolle mosie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.