DA moet nuwe parlementêre leier kies

Die parlement in Kaapstad. (Foto: ANA)

Die DA het sy gewese leier, Mmusi Maimane, se versoek verwerp om as parlementêre leier van die DA aan te bly, al bedank hy as leier van die party. Dit beteken die party se parlementêre koukus moet kragtens die DA-grondwet so gou moontlik ʼn nuwe parlementêre leier aanwys.

Volgens die DA se regulasies het die party ook nie meer ʼn hoofsweep nie, want die parlementêre leier wys die hoofsweep aan.

Die vorige hoofsweep, John Steenhuisen, het reeds vanoggend op sosiale media uitgewys dat hy nie meer die hoofsweep is nie, wat wyd geïnterpreteer word as ʼn teken dat hy beskikbaar is as ʼn kandidaat vir die pos as parlementêre leier. Indien hy ʼn kandidaat is, sal dit verrassend wees indien enigiemand hom klop.

Die koukus van die DA vergader elke Donderdagoggend. Die koukus moet self besluit of hulle vandag al ʼn leier wil kies en of hulle dit tot volgende week wil uitstel.

Indien Steenhuisen wel tot parlementêre leier verkies word, is die verwagting dat hy een van twee mense as hoofsweep sal aanstel – die huidige adjunk-hoofsweep, Jacques Julius van Randfontein, of die prominente DA-LP Natasha Mazzone.

Sake is tans baie vloeibaar in die DA en Maroela Media sal lesers op die hoogte hou.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Baardman ·

Dis die einde van die DA party.Jammer Mmusi jy’t jou deel gedoen.Zille en haar mense moet nou maar sien.

JohanR ·

Elke keer dat daar groot woelings is in die DA, dan verander die naam. 1. Progressive Party 2. Progressive Reform Party 3. Progressive Federal Party 4. Democratic Party 5. Democratic Alliance, en 6. DALite of Delight???

Jannie van Niekerk ·

@Johan R: Die DA is al vir baie jare ANC light oftewel die ANC se tweede span soos wat Julius en sy trawante die ANC se kinderspan is.

Elizabeth ·

Alan Winde.
Kom maak jou stem dik.
Ons wag in spanning op jou.
Sterkte vir die Stryd

Nolbees ·

Dit beteken alles die einde van die Da Jammer Mmusi vir al jou opofferings.

Rina ·

Wat gaan regtig aan tussen die 4 mure van die DA …. klink soos opsweping

Erg realisties ·

DA nou in politieke niemandsland. Hulle het almal kwaad gemaak. Nie nuwe stemme gekry nie. Nou wat nou ? Hoe kom jy terug in game. Mens kannie die party van gee en neem wees nie. Iewers word die betalers kwaad en loop weg.

HPV ·

DA se laaste stuiptrekkings, dieselfde pad wat die oorlede NP geloop het.

Andrea van Vuren ·

Moenie Johan Steenhuisen vir die wolwe gooi nie. Hy is ‘n briljante politikus, aantreklik en al wat teen hom kan tel is dat hy wit is. Hou hom dop!

James ·

Hierdie lot het nooit by die boere gestaan teen die plaasmoorde nie.
Ook nie by die juffrou wat sommer geskors was nie.
Hulle is nes die anc. Ek is so bly hulle kom tot n val

TN ·

Die regses kan maar kraai maar die enigste werklike demokratiese party en toekoms vir die land is en bly die DA __ kyk en leer hoe werk werklike demokrasie en meer nog kyk na mense wie die belange van die land hoër ag as hulself !

Kaapse Onafhanklikheid ·

Demokrasie werk nie en sal nooit in SA werk nie.
Dit het tyd geword dat ins Direkte Demokrasie ń kans gee. Wat kan ons verloor?

Sieg ·

Ja die DA se doppie is geklink, hulle moet maar die DA se naam verander na ANC lite! Dis tog waarvoor hulle staan.

Leser ·

Die libs wereldwyd is besig om versigtig te raak en hulle word minder.
Ek wonder waarom?
Dankie tog vir die wat se oogklappe sover
afgeval het.

Annoniem ·

So jammer DA. Mmuzi ons gaan jou mis. Jy was al een wat nie na jouself gekyk het nie, maar na almal. Ek gun jou rus saam met jou familie. Die mense het jou nie waardeer nie.

Verlos ·

Wys maar net weer van watter standaard die sogenaamde leiers in die politiek is! Dan word van normale, wetsgehoorsame belastingbetalers verwag om vir hierdie selfbehepte, geldjagters te stem en na hulle strooi te luister. Leiers se dinges!

GP ·

Wie het nou eintlik vir Helen Zille ingestem as almal nou waai daaroor.

barend v d westhuizen ·

hy het gedoen net wat beplan was om da tot n val te bring en hy het dit reg gekry wag en kyk hy gaan nou aan sluit by die anc of eff

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.