DA môre in hof oor haarkappers

(Argieffoto: Unsplash)

Die DA sal sy saak Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad stel oor die voortgesette verbod op persoonlike versorgingsdienste soos haarkappers en skoonheidsalonne tydens vlak 3 van afsondering. Die opposisieparty wil dié verbod ongeldig en ongrondwetlik laat verklaar.

Dit volg kort nadat die DA Maandag dringende hofstukke by die hof ingedien het teen die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma.

Die party voer in dié hofstukke saam met die haarsalongroep Palladium Hair aan dat die verbod op persoonlike versorgingsdienste tydens die afsonderingstydperk onaanvaarbaar, irrasioneel en wederregtelik is. Palladium Hair bedryf verskeie haarsalonne in die Wes-Kaap en Gauteng.

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Guilherme Petri/Unsplash)

Volgens Dean Macpherson, DA-LP en skaduminister van handel en nywerheid, is dit onregverdigbaar dat byna elke ander bedryf al kon heropen, behalwe die sektor vir persoonlike sorg. “Hierdie sektor bestaan uit klein ondernemings en het honderde duisende mense regoor Suid-Afrika in diens wat van ’n inkomste afhanklik is,” lui die party se funderende eedsverklaring.

Luidens die hofstukke is die verbod op persoonlike versorgingsdienste in stryd met artikel 22 van die Grondwet wat alle burgers die reg gee om handel of ʼn beroep wat deur die wet gereguleer word vrylik te beoefen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael 1

Waneer gaan hulle hof toe om die diskriminernde wette soos bee,en kwotastelsel gebaseer op velkleur te beveg ,ons is 26 jaar al onder die diskriminasie?

Barbara

Mag jul wen.

Jsgroen

Interessant dat tandartse in bedryf is en haarkappers nie. Wie van die twee het die grootste kans om Covid te kry?