DA munisipaliteite wil sonder Eskom klaarkom

Argieffoto: Reint Dykema

Die DA het Dinsdag gesê hy wil dat munisipaliteite waar dié party aan bewind is aansoek doen dat dié munisipaliteite eerder hul elektrisiteit van onafhanklike elektrisiteitverskaffers kry as om op Eskom hoef staat te maak.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê DA-burgemeesters sal ʼn versoek in ooreenstemming met artikel 34 van die Elektrisiteitsreguleringswet aan Jeff Radebe, minister van energie, rig om elektrisiteit direk van onafhanklike kragprodusente te bekom.

Volgens Maimane sal dit die munisipaliteite wat deur die DA beheer word in staat stel om Eskom te omseil en sodoende stabiele kragvoorsiening aan inwoners te verseker, terwyl Eskom voort spartel om die ligte aan te hou.

“Artikel 34 van die wet laat die minister van energie toe om toestemming aan munisipaliteite te gee om ʼn tenderprosedure wat regverdig, gelyk, deursigtig, kompeterend en koste-effektief is met die private sektor aan te gaan om nuwe opwekkingskapasiteit te bekom,” sê Maimane. “Die direkte lisensiëringsooreenkoms met private kragprodusente moet in konsultasie met en gefasiliteer deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gedoen word.”

Hy het gesê die feit dat Eskom dié week beurtkrag gestaak het, beteken nie die kragvoorsiener se probleme is op ʼn einde nie.

“Ek wil Suid-Afrikaners aanmoedig om nie om die bos gelei te word deur hierdie tydelike, korttermyn verligting van kragonderbrekings nie. Dit is beslis nie ʼn teken dat alles nou goed gaan en dat die strukturele probleme opgelos is nie,” het hy gesê

“Die ANC het bewys hy sal enigiets doen om die ligte aan te hou voor die verkiesing, selfs al lei dit tot die ineenstorting van Eskom – in terme van finansies en ook van infrastruktuur. Die ANC-regering het besluit om miljarde rande se diesel te verbrand in ʼn desperate poging om vir die oomblik die ligte aan te hou omdat die verkiesing om die draai is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hendrik ·

Hoe gaan die munisipaliteite nie krag deur Eskom Verspreiding aankoop? Gaan daar ‘n aparte verspreidinginfrastruktuur wees en wie gaan dit goedkeur? Nersa? Prakties gaan dit baie moeilik wees omdat Eskom in ‘n gesinchroniseerde netwerk is en alles van die Kaap tot in Messina saam beweeg.

potkop ·

wel dit is moontlik vir die burgers om met solar terug te gee, dus sal jy jou krag kan voorsien aan ander ook….

honourable member ·

Met die nodige solar infrastructure kan dit verseker werk maar dit gaan n duur proses wees maar op die lange duur kan dit wonderlik wees. Hoop nie dis nou weer net oulike idees vir die verkiesing om stemme te werf en na die verkiesing sterf dit n stille dood nie. Dit kan werk dit moet net reg geimplimenteer word.

Gert van Wierdapark ·

Aan Radebe nogal! Gewese JZ se regterhand en ook CR se regterhand ens. “Say No More”

Robert Naude ·

Goeie plan. Dan behoort daar genoeg krag te wees vir nie-DA munsipaliteite.
Load Shedding probleem opgelos.

Thomas ·

Robert daar is ‘n mooi beskrywende Afrikaanse woord vir load shedding, naamlik BEURTKRAG!

Cherokee ·

Dankie Thomas. En die Afrikaanse woord selfs meer beskrywend.

Andre ·

Weer mooi praatjies van die “sales man” voor die verkiesing, maar tegnies gaan dit baie moeilik wees. Jammer ou maat jy kry nie my stem nie.

TN ·

Ons voel nie veel vir jou nie maar wil onsself minder afhanklik van Eskom maak . Dit gaan my R 130 , 000 kos om NOOIT weer Eskom se strooi te hoef te verduur nie en BAIE goedkoper krag vir die res van my lewe te hê .

Henry ·

Nog nooit fout gewees met gesonde kompetisie nie, Eskom sal dan moet besnoei……….

lorita ·

Al rede hoekom daar nie beurtkrag die week is nie, is omdat BTW betaalbaarbaar is!! Hul maak seker niemand gee Beurtkrag die skuld vir nie-betalings. Belaglik!!

Jerry ·

Enige alternatief wat kan dien as n oplossing om nie net Eskom nie, maar alle staatsentiteite te sink en daarmee saam die selfverryking van die ANC te stop word op hierdie stadium van die geveg verwelkom. Hierdie situasie raak n geveg om lewe of dood van die belastingbetalers teen die selfverryking van die ANC. Die ANC is na staatskaping glad nie van plan om deur staatsentiteite n diens te lewer nie, maar om voort te gaan om die ANC elite en revolusionerestrukture te verryk ten koste van die belastingbetalers wie in die proses moet verarm, omrede ideologies gesproke verdien slegs revolusionere kaders dit om ryk te wees, maak nie saak waar die geld vandaan kom nie! Die minister sal daarom nooit instem tot Maimane se versoek nie, want geen geld mag weg gekanaliseer word vanaf die ANC nie, maar na die ANC toe! Hierdie mag nou weliswaar n Mmusi foefie wees voor die verkiesing, maar dit kan ook die begin wees van alternatiewe idees om die ANC te verhoed om hulself verder te verryk ten koste van belastingbetalers! Die ANC het met staatskaping hoogverraad gepleeg, troef die ANC se staatskapinghoogverraad met belastingweerhoudinghoogverraad! Wat goed is vir die een is ook goed vir die ander een! Dit is al taal wat verstaan word, draai die krane toe!

Oujongvrou ·

Maak nie saak wat die DA se of doen nie, elke keer moet ons van die suur druiwe hier hoor hoe hulle nie gaan stem vir Mmusie nie. Nou moenie, asb moet ook nie later kaap toe wil trek nie. Ons is DA country, en hier werk meeste dinge nog. En as hulle nou verby die ANC se dinge kan kom gaan ons saamwerk om volhoubare krag te kan he.

Stripes ·

Sonderkrag, baie dankie vir die inligting oor die registrasie. Soos ek die ding sien gaan jy betaal, of jy nou krag van eksdom af trek of jou eie opwek, maak nie saak nie. Die da het nou maar net hul eie manier uitgevind om die belastingbetalers verder uit te buit.

aj ·

As elke huis / besigheid homself omskep in ‘n klein selfonderhoudende kragstasie dan kan SA homself BEVRY van die EKSDOM MONOPOLIE!

En ons self tegelykertyd beveilig teen ontwrigtende kragonderbrekings.

Nick ·

Blah Blah Blah, dink die DA is elk geval net hardop om stemme te wen,even malema gaan meer stemme as die blah blah blah party kry!!!!!!!

Sarel ·

Verkiesing 2019. Daarna sal dit stil word. Net Politiek dis al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.