DA na MRK oor slakkepas met inenting

(Argieffoto: GCIS)

Die DA het hom tot die Menseregtekommissie (MRK) gewend om ondersoek in te stel na die regering se “trae en misdadig stadige” Covid-19-entstofverspreidingsplan.

Siviwe Gwarube, die DA se woordvoerder oor gesondheid, sê die party is intussen steeds besig om verdere regsopsies teen die regering oor die saak te ondersoek.

Suid-Afrika het sewe weke gelede begin om die Johnson & Johnson-entstof (J&J) ingevolge die Sisonke-program te versprei. Dit is veronderstel om te oorvleuel met fase 1 van die regering se entstofprogram wat daarna mik om 1,2 miljoen gesondheidswerkers teen die virus in te ent.

Tot dusver is 269 000 gesondheidwerkers ingeënt, ʼn breukdeel van die teiken.

Gwarube sê ʼn halfmiljoen gesondheidswerkers is veronderstel om ingevolge die proefneming ingeënt te word, maar die proses is tot dusver “onmoontlik stadig”.

“Die afgelope vier dae is nie ʼn enkele dosis entstof toegedien nie,” sê sy.

Gwarube sê die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, pak deurlopend die skuld op eksterne en buitelandse faktore vir die gebrek aan voorraad. Volgens haar was Suid-Afrika se pogings om entstof te koop egter uit die staanspoor stadig en kom dit in horte en stote hier aan.

“Daar word die afgelope paar maande by Suid-Afrikaners gepleit om geduldig te wees terwyl misleidende woorde soos “versekerde dosisse” rondgegooi word om ʼn vals sin van produktiwiteit deur die regering te skep.

“Dit gebeur terwyl daar ʼn werklike bedreiging van ʼn derde vlaag infeksies is wat deur die winter vererger kan word.”

Sy sê Suid-Afrikaners kan nie aanhou om in hoop te leef nie.

Die DA wend hom nou tot die MRK om ondersoek in te stel na Suid-Afrika se hele inentingsprogram.

Gwarube sê die reg tot gesondheid is verskans in die Grondwet en die MRK is in die beste posisie om ʼn ondersoek daarna te doen en bindende aanbevelings te doen.

Sy sê die MRK het lanklaas enige tande oor menseregteskendings gewys en hierdie is sy kans om geregtigheid te laat geskied.

“As die amptelike opposisie is dit ons verantwoordelikheid om te verseker die regering word aanspreeklik gehou vir die grootste en belangrikste openbare gesondheidsprogram sedert die aanvang van demokrasie. Suid-Afrikaners wat kwesbaar vir die virus is maak staat op ʼn funksionerende regering wat sal doen wat nodig is om die entstof so gou moontlik beskikbaar te stel,” sê Gwarube.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ilze ·

Eks soooooo bly die proses is vertraag. IVERMEKTIEN NOU WETtIG EN TOEGANKLIK VIR ALMAL OP DOKTER VOORSKRIF.

Dirk Mostert ·

Absoluut! Hoe langer daar gesloer word, hoe meer newe-effekte gaan tevoorskyn kom. Buitendien, wat help dit om geent te word met ‘n entstof wat nie vir die volgende variant werk nie.

Marianna ·

Dankie tog dis so stadig. Hoekom hoor ons nie van die ander kant van die saak van die vaccines nie?? As iemand praat oor die newe-effekte word hulle geignoreer. Daar gaan baie mense daaraan dood en baie sal vir die res van hulle lewens newe-effekte daarvan oorhou, maar dit word nie aan die mense vertel nie. |Almal word net die een kant van die storie vertel, soos met alle dinge. Hoekom is die mediese wereld so stil oor die behandeling van covid met natuurlike produkte? Nee, jy moet gevaccine word. Hoekom???

Carel Aaron ·

WANT, jy moet die geld kettang volg om dit te verstaan. Die inhoud is ñ geen veranderings stof en nie n vaksien nie.

Joggie ·

Die MRK is maar net nog ‘n afdeling van die cANCer regering, moet niks van hulle verwag nie…

Persheks Adri ·

Die rassistiese MRK? Nee wat hulle werk nie gaan al jare so aan gggmmmfff pateties

Carel Aaron ·

Ek is baie seker die sogenaamde “entstof” voldoen nie aan die definisie van ñ entstof nie. Daar is dan nog nie n C19 virus geisoleer nie. Hoe dan nou?

Dirk Mostert ·

Dit maak twee van ons wat weet die bestaan van die virus is nog nie bewys nie.

Johann ·

The people loop al dekades agter leë beloftes aan…hoekom sal hulle nou begin vrae vra? Dis een van die voordele van n massa ongeskoolde slaafse navolgers kweek.

Johanncb ·

Ontstellend dat die proses so stadig verloop! Wanneer gaan die man op straat dit ontvang? Sien daarna uit om immuniteit op te bou!

jzjz05 ·

Waar is die regering en ANC manne wat so lof gesing oor hoe goed die regering met die inenting ?,of het die kraaie hul tonge uit gepik. Nou die MRK vergeet dit hulle het tandpyn.i

Jakes ·

Kan die regering n dronkparty in n biersaal reel? Ek glo nie. Ek sal 2 keer dink voor ek my laat inspuit met n entstof, veral in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.