DA nader hof om Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit te daag

Grace Mugabe. Foto: (Xinhua/Stringer) (zxj)

Die Demokratiese Alliansie het aansoek gedoen in die konstitusionele hof om direkte toegang te bekom om die besluit van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking om diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe toe te staan, te daag.

Die DA versoek dat die besluit in sy geheel tersyde gestel moet word, aangesien die besluit geen regsmeriete het nie en dus ongrondwetlik en onwettig verklaar moet word, het James Selfe, federale raadsvoorsitter van die DA, gesê.

“Die DA glo die besluit deur die minister was oorhaastig, onwettig en ongrondwetlik. Dit is ondenkbaar dat die ANC-regering weereens toegelaat het dat ʼn hoëprofielpersoon geregtigheid in Suid-Afrika ontduik ná die beslissing deur die konstitusionele hof oor die [Soedannese president Omar] Al Bashir-saak.

“Dit is duidelik dat [Zimbabwiese presidentsvrou] Grace Mugabe se immuniteit toegestaan is om haar te beskerm om nie in ʼn hof verhoor te word ná haar aanranding op Gabriella Engels en twee ander op 13 Augustus 2017 nie. Om hierdie tipe gedrag goed te keur is nie in die belang van Suid-Afrika nie.”

Selfe het bygevoeg Grace Mugabe is nie ʼn lid van die Zimbabwiese regering nie en sy was vir persoonlike redes in Suid-Afrika. “Daar is niks in Suid-Afrikaanse of internasionale wetgewing wat daarop dui dat diplomatieke immuniteit aan haar toegestaan moes nie.

“Dié voorval is maar net nóg ʼn voorbeeld van hoe die ANC-regering die elite van Afrika beskerm deur sy statutêre magte te misbruik ten koste van die geregtigheid van gewone Suid-Afrikaners.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Alida ·

Hulle mors hul tyd. Nader eerder grapjas nar Filile en hoor watse plan het die pateet met plaasaanvalle.

Wet&Orde ·

Wel gedaan DA, hoog tyd dat jul iets doen oor die huidige regering wat nie meer Wet&Orde handhaaf nie. Dit is nou meer belangrik as ooit om die sake op te volg en dit duidelik maak wat onaanvaarbaar is, anders gaan dinge verseker nog erger raak in die land.

John ·

Dit wil voorkom of die ANC dmv hofsake ook buitepartye bankkrot bestuur. Hoftoe… hoftoe… en geen geld vir eiebelange nie. Die oposisie gaan ook geen stemme en ledegeld ontvang vir grootdoenerigheid nie. AfriForum sal moet besin oor sy rol of dupliseer hy net die DA?
En wanneer die groot-skrik kom is die geldlaai leeg… en dit kom…

Leahim ·

Wanneer nader die DA die hof om plaasmoorde n prioriteit misdaad te maak.

Chris Ws ·

Hier gaan dadels van kom.Dis soos om ‘n wind te los in ‘n orkaan.Fikile Mbulula het op tv gese hulle sal haar verhoed om die land te verlaat en wat gebeur toe dieselfde nag?Die DA mors hul tyd.

SARIE VAN HEERDENs ·

Chris WS, tog so waar. En as hulle nou alles gedoen het teen reuses onkostes en hulle kry die groenlig om die meddem te vervolg, wat dan? Hond het nou die bus gejaag, die bus gevang, en wat dan nou? Spaar julself en julle/ons geld.

pie in the sky ·

Tipiese voorbeeld van alles wat tans verkeerd is in die SA politiek.
Hier’s ons geagte DA, wat hulself ophou met n onbenullige diplomatieke saak en waar Madam Grace vanselfsprekend immuniteit geniet het (allermins, haar man is boesempelle met ons ons prez). Intussen het SA baie groter probleme as iemand wat n ‘nag vriendin’ met n strykyster neuk.

Coenraad ·

Ek verstaan nie mooi nie: Hoe verskil hierdie aksie van die AfriForum-een wat reeds geloods is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.