DA neem ANC-wyk af in die Wes-Kaap

Argieffoto: www.apliac.abadosalfa.com

Die DA het ʼn plattelandse ANC-wyk in die Wes-Kaap afgeneem en ʼn stedelike wyk met ʼn heelwat kleiner meerderheid behou, terwyl die ANC ʼn stedelike wyk in Kaapstad gemaklik behou het.

Woensdag se drie tussenverkiesings in uiteenlopende dele van die Wes-Kaap het aangetoon dat sowel die DA as die ANC sukkel om hul kernkiesers te motiveer, dat die politieke stryd op die Wes-Kaapse platteland hewig gaan wees, maar dat die DA se fut nog nie uit is nie. Aanduidings is ook dat die ACDP van êrens af baie geld gekry het, wat hulle op omstrede wyse aanwend.

Die tussenverkiesing wat die fynste dopgehou is deur waarnemers, was in Kaapstad wyk 31, wat dele van Bonteheuwel en Bishop Lavis, maar ook die welvarender Valhallapark, Montana en Montevideo insluit.

Theresa Thompson (DA) het gewen met 2 427 stemme. In ʼn ietwat verstommende wending was die ACDP tweede met 808 stemme, gevolg deur die ANC met 531, die EFF met 119 en die Democratic Independent Party met 41.

Vier punte was duidelik uit hierdie uitslag. Eerstens het die DA teruggesak van 81% steun na 61% steun. Tweedens was die stempersentasie ʼn ongehoorde lae 26,7%. Derdens kon die ANC nie juis munt slaan uit die DA se agteruitgang nie – ANC-steun het slegs van 10% tot 14% toegeneem. Laastens was daar die dramatiese verbetering van die ACDP – van 1% na 16%.

Dit was duidelik dat die ACDP van iewers af ʼn redelike geldelike inspuiting gekry het. Daar was ontsettend baie ACDP-plakkate op en daar was dosyne ACDP-werkers in kraaknuwe wit T-hemde. Dit het ook aan die lig gekom dat die ACDP voedselbewyse aan arm kiesers gegee het – iets wat die ACDP erken, maar wat hulle aanvoer in die haak is.

Die kwessie word tans deur die OVK ondersoek. Sonder ʼn streng uitspraak bestaan die gevaar dat Wes-Kaapse verkiesings in voedselverskaffingsorgies kan ontaard.

Die tussenverkiesing wat die tweede meeste belangstelling gaande gemaak het, was in wyk 5 van die Bergrivier-munisipaliteit, wat setel in Velddrif aan die Weskus. Die wyk sluit die dorpe Eendekuil, Redelinghuys en omliggende plase in, net waar die Swartland oorgaan in die Sandveld.

Die wyk se uitslag was nog altyd ʼn groot stryd tussen die ANC en die DA, en vanjaar was geen uitsondering nie. Die onlangse geskiedenis is dat die DA die wyk in 2016 gewen het, dat die ANC dit in 2018 afgeneem het en dat die ANC-raadslid toe geskors is nadat hy drie stadsraadsvergaderings na mekaar misgeloop het.

Hierdie week het Ampie van Wyk (DA) die wyk teruggewen met 943 stemme, gevolg deur die ANC met 826. Die ACDP met ʼn nogmaals uiters sterk vertoning van 292 stemme, ʼn onafhanklike kandidaat met 37 stemme en die EFF met 11.

Die stempersentasie was ʼn gesonde 55%.

Die laaste tussenverkiesing was in Kaapstad se wyk 101, naamlik die plakkerskampe Bloekombos en Wallacedene buite Kraaifontein. Siyabonga Duka (ANC) het die wyk behou met 2 850 stemme, gevolg deur die DA met 267 en die EFF met 179 stemme.

Dit is byna presies dieselfde uitslag as in 2016, met die verskil dat die stempersentasie slegs 18% was. Dit beteken dat ook die ANC sukkel om hul Wes-Kaapse kiesers gemotiveer te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Lourens ·

Daar wag vir die DA n reuse ontnugtering die jaar. Al ons familie en vriende is klaar met hulle.

Johan ·

Tradisionele DA kiesers in die Wes-Kaap wat hul frustrasie met die DA wil uithaal, moet dit maar op die nasionale stembrief doen. Provinsiaal is al manier om die ANC uit te hou, deur om die DA aan bewind te hou. Kan nie aanvoer die VF+ sal n koalisie vorm met DA in Wes-Kaap indien nodig want hul het vorige verkiesing nie n enkele setel hier ingepalm nie. So ook nie Cope nie en die ACDP net 1.

Nettie ·

Die DA, dink ek, gaan báie hard moet veg om in die Wes-Kaap aan geheer te bly. De Lille het ‘n paar DA-stemme saam met haar gevat, maar die DA gaan die MEESTE stemme verloor van blanke voormalige-DA-ondersteuners wat net eenvoudig (uiteindelik?) tot die gevolgtrekking gekom het dat die DA hulle lede- en borggeld aanvaar, maar lankal nie meer ‘n ware party vir die blanke gemeenskap is nie.

Ek stem al vir jare lank nie, omdat ek glo dat ek maar moet werk vir wat ek wil hê. Geen politieke party gaan vir my ‘n huis, werk, inkomste, klere, kos ….. watookal …. voorsien nie. As ek nie werk nie, kan ek nie ‘n inkomste verdien nie en as ek nie inkomste verdien nie, kan ek nie ‘n huis, my kar, kos, klere bekostig nie.

Jerry ·

Voedselverskaffingsorgies is reg, gegewe die vuilspel wat politiek in elk geval is. Dit behoort n vereiste en n instelling te wees dat alle politieke partye op so n manier moet uitreik na die armes. Die VF moet maar solank kennis neem dat ek my bestelling plaas vir een kospakkie vir die tussenverkiesing in my wyk en dan vir nog twee kospakkies, een om te stem vir plaaslik en een vir nasionaal tydens die verkiesing! Skud jou sak Mnr. Groeneveld, dan skud ek my biscuit! Hier moet ons bly, want hier gaan dit nog lekker raak!

bollie ·

Hoeveel stemme het die VF+ gekry. Het hulle ooit deelgneem?

Manie, ·

Seker niks,ek sukkel nou al 3 maande om lid te raak maar niks gebeur nie, welliswaar verskoning oor internet probleme. Nogal jammer, hulle gooi geld weg so

pieter ·

Eks nie n DA fan nie maar kyk na die weskaap paaie pragtig geen potholes,5meter van paaie is dit skoon,geen as hope in dorpe nie ,geen papiere, baie verkeersbeamptes op paaie en baie vriendellik en behulpsaam en so kan ek aangaan ,maar kan ons dieselfde sien in vrystaat , vaaldriehoek ens ens nee ons kan nie hou dit so DA eks binnekort in weskaap permanent

Neutraal ·

Die ANC in Newcastle KZN. ook nie slaggate, geen kragonderbrekings, skoon dorp ens ens. Wie hou hul op hul tone. Ek verneem geld raak daar weg en niemand weet hoe. Daar is organisasies soos bv. sakekamer en belastingbetalers. Ek stem VF PLUS en klaar.

ANNA ·

?? yessss….??? GO ACDP…
GO…!!!? mét of sonder kospakkies, EK ONDERSTEUN JUL CHRISTELIKR GRONDSLAG…!!! 100 x beter asi DA +ANC

Ilze Mostert ·

Prys die Here-vir ACDP wat stadig maar seker sal opklim met die politieke leer.

nico k ·

Dit lyk nie of daar te veel verander het in die Kaap na al hul drama nie. Die Bruin stem in die plattend gaan steeds na die DA, maar in die stedelike plakkerskampe na die ANC. Soos dit voorheen was.

Willie ·

Kyk na Pretoria, dit lyk maar sleg onder die DA beheer… verval…

kolla ·

Volgende verkiesing neem ANC weer oor dan kry julle weer die voortreflike, korrupsievrye diens waaraan julle gewoond was vantevore. LOL

korrelkop ·

Is die VF+ nie ‘n koalise-vennoot daar en deel van die regering nie?

Thinus Erasmus ·

Willie dit mag wees dat die DA(koalisie) die raad beheer, soos dit in Modimolle was, maar die ANC slaat die kitaar al die pad in die muni, die provinsie en nasionaal.
En so gaan niks regkom of verander nie, die ANC amptenare en werkers sorg dat chaos en korrupsie gedy ten koste van die belasting betaler, en dit is hoekom alles verval – behalwe in die Wes-Kaap.

Thinus Erasmus ·

Waarom die bohaai oor die ACDP se kos koepons? Die ANC doen dit nog altyd openlik!
Ek onthou nog toe ek klein was, was daar pannekoek en tee/koffie by party stalletjies vir kiesers gegee. Dit was nooit as omkopery beskou nie en was lekker gesellig al het stemmers soos hond en kat gestry.
Kom ons praat eerder oor leuens – verkiesings beloftes wat nooit nagekom word nie, dit is ‘n baie groter euwel!

At ·

Weet nie of mens moet lag of huil nie?! Stadig oppad na nêrens en steeds is daar mense wat DA en ANC stem!!

Oom Kaspaas ·

Ai ou Jan Jan Joubert. Dat ‘n wit man nou soos ‘n ver-linkse LBGT aktivis met ‘n papnat fluweel-bokser kan moan oor die ACDP se verkiesingsveldtog. Geld wat hulle op “omstrede wyse aanwend” … “kraakvars T hemde” … ek dink jy moet jou “black first land first” plakker op jou Citigolf Mark 1 se buffer plak en dit net oor en verby kry.

Aangaande plakkerskamp-inwoners wat dieselfde stemreg het as multi-miljoener besigheidsmanne wat honderde duisende Rande se belasting aan die land betaal, hier is ‘n voorstel : Basseer stemreg op die hoeveelheid belasting wat ‘n burger betaal het in ‘n jaar. R250 se belasting per jaar kry vir jou 0.1 stemme, terwyl R250 000 jou sommer 2 stemme gee. Die land sal binne ‘n enkele verkiesing in die regte rigting oppad wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.