DA – Nóg ʼn mosie van wantroue aan vooraand van verkiesing

Mmusi Maimane en Helen Zille.

Aan die vooraand van ʼn potensieel verdelende interne verkiesing vir die DA is ʼn interne mosie van wantroue in ʼn leiersfiguur van die party net-net afgeweer deurdat dit verbied is. Dit terwyl ʼn paneel wat die DA se toekomsopsies moet ondersoek, aanbeveel het dat partyleier Mmusi Maimane bedank.

Die mosie van wantroue sou Maandagoggend in die DA-koukus van die Kaapse metro-streek dien en is ingedien deur Courtney van Wyk, senior DA-stadsraadslid van Delft, teen JP Smith, burgermeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit. Van Wyk voer aan Smith saai verdeeldheid in die party en dat hy mense opstook om kollegas uit te werk.

Die Wes-Kaapse leier van die DA, Bonginkosi Madikizela, het die mosie van wantroue egter verbied en gesê daar is ander maniere om probleme op te los. Dit is ʼn ratverwisseling vir Madikizela, wat saam met Smith aan die voorpunt was van die DA-mosies van wantroue in Patricia de Lille as burgemeester van Kaapstad.

Sowel Madikizela as Smith word beskou as hegte ondersteuners van die voormalige DA-leier Helen Zille, wat haarself nou verkiesbaar gestel het as voorsitter van die DA se federale raad.

Dié potensieel verdelende verkiesing vind die komende naweek plaas.

Tony Leon. Foto: Reint Dykema

Die DA-verkiesing se reëls is anders as die van ander politieke partye. Elkeen van die ongeveer 180 stemgeregtigdes moet hul keuse in rangorde van een tot drie stel en dit word dan verreken om die wenner aan te wys – dis nie bloot ʼn geval dat die een wat die meeste mense se eerste keuse is, wen nie.

Die stelsel is juis ontwerp om verdeeldheid teen te werk, maar verdeeldheid is deesdae een van die eienskappe waarmee die DA skynbaar sinoniem geword het.

In ʼn vertroulike verslag wat die komende naweek voor die party se federale raad dien, maak paneellede Ryan Coetzee (voormalige DA-strateeg), Tony Leon (voormalige DA-leier) en die sakeman Michiel le Roux verskeie aanbevelings, onder meer dat Maimane bedank. Hy weier egter om dit te doen.

Maimane is in die spervuur, onder meer oor die koste van die huis waarin hy in Kaapstad woon en ʼn motor wat hy gebruik het en wat deur die maatskappy Steinhoff geborg is. Hoewel ʼn ondersoek deur die DA se tesourier, dr. Dion George, bevind het alles is daarmee in orde, is daar na bewering nóg modder wat eersdaags na Maimane geslinger kan word – ʼn teken van ʼn party in krisis.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Mark ·

Die DA se probleem is dat mense soos JP Smith hoog aanbeveel word deur die party maar min mense na die party gebring het. Hulle almal het in die botter geval en die mense uitgewerk wat die party se nommers in gebring het.

An ·

Hierdie dag moes voor die verkiessing gekom het.. ek hoop regtig Moesie kry die boodskap

Gewese DA ondersteuner ·

Zille is maar die enigste een met die regte pille!

Anti DA ·

Die DA/anc light is besig om dood te gaan net soos die np gesneuwel het , en ek voel goed daaroor.

Hennie Prinsloo ·

Ek verstaan hoekom so menige mense hulle aardsebesittings in vraghouers pak en dit êrens weer oor die landsgrense gaan leegmaak..
Die kommentaar en visie van soveel oningeligtes (dalk onkundiges) gaan my verstand spreekwoordelik te bowe.
Sien julle regtig ń uitkoms in die absoluut handjievol wat redding sien in die VF se pogings.
Probeer verstaan (en dit mag verander). Die DA is die enigste REGTE oposisie vir die huidige politieke gemors. Ongelukkig kon die “boerenasie” reeds nie eers met die GROOT TREK saamgestaan het nie. Die boerenasie kon nie eers in een KERK saam aanbid nie. Ek het “raad”, kom ons bou voort op ons splintergroepies en vat die oormag aan. In die bokswêreld word altyd gesê dat “ń goeie grote klop altyd ń goeie kleintjie”.
Dalk kan ons, maar ek glo nie dit is moontlik nie, soos ń Gideon van ouds die oormag aandurf en ons stukkie “TUISLAND” afpen.
Mens mag mos droom. Die sogenaamde boerenasie sal egter eers moet leer (en dit is onmoontlik) om saam te staan en begrip te toon.
My ken is gereed vir al die houe wat kom.

Waarheid ·

Dankie tog ek is nie deel van die DA sirkus nie.
Hulle is n voorbeeld van hoe om jouself en jou party te vernietig! Stap vir stap met al die gepaste reels!
Mooi man!

John ·

… sy dra ‘n bollatjie om statig te kyk en woeps na die plastiekwinkel en ‘n nuwe kapsel soos die arend wat in die son staar vir ‘n nuwe lewe… net ongelukkig het elke sirkus ook ‘n einde. Soms waai die tent ook om en dan is die show verby. Trolip hoop verniet en… wie is die ander ou nou weer? En binnekort sit ons met ‘n eenpartystaat, wat dit eintlik is… Dan gaan die beleggings inrol soos in Zim, veral in 2020 as grond sonder vergoeding gestroop word… Wat ‘n land!

Rina ·

As maimane.loop is DA se dae getel…. jul maak die pad oop vir EFF …… politiek is n sirkus …

Melanie ·

Die DA se wiele is al lankal besig om af te kom. Hulle het gedink hulle is onaantasbaar maar hul einde is vinnig op pad.

Lourens ·

Die wiele is klaar af. Hulle hardloop op die briekdromme, dít is hoekom die vonke so spat, en hulle nie meer kan rem nie.
;-()

Vra net? ·

Nou vir wie wil jul dan as opisisie hê EFF? want daar is geen ander een nie dink mooi ????

Kerneels ·

@Vra net, as dit die rede is hoekom jy vi DA stem, is jy net so ruggraadloos soos hulle.

susan ·

Raak ontslae van die verkeerde mense dit het julle alreeds baie stemme gekos

Johanna Botha ·

DA moet sokkies optrek want hulle spat uitmekaar en die VF groeie net te wonderlik …kyk maar wat het in Bethal gebeur

Dries du Toit ·

As ek nog vir die DA sou stem is dit na die maan as daai toi toi hop skip en jump Zille ooit weer hulle leier sal word. Musi het baie meer klas as wat sy het

Dries du Toit ·

Gelukkig het hulle manewales n goeie invloed op die VF+

Kobus ·

So word gespeel reg in die hande van die Regerende Party
DA die ander Partye lrk hulle lippa af want sreun gaan julle verloor, dit is verseker. Julle gaan Kaspland oorhandig aan die anc

Daan Erasmus ·

As ons mense stem soos hulle spel, dan is ek seker die meeste stem vir die verkeerde party. In die poletiek is elke letter belangrik.

Anoniem ·

Daan Erasmus. Jy is dan seker maar een van hulle met die poletiek.

Jerry ·

“Maimane/Mashaba must fall”. Die DA is tans besig om huis skoon te maak, iets wat na die volgende verkiesing vir die VF nog voorle. “So, dont count your chickens before they hatched”!

Judge Dredd ·

……moet jy nie versoenend en samewerkend optree nie? – “Practice what you Preach”
Hehehehehehe..

Kraai ·

Waaaaaar gaan alles tog eindig, vra ek julle? Die politieke figure like van aandag en media sensasie

Rupert Ashford ·

So kan iemand met meer kennis verduidelik oor die verkiesinsmetode asb? Is dit “preferential voting” soos die Aussies se stelsel?

Michael P ·

Onthou Mmusi het sy opleiding in die ANC gekry Onthou net een ding hulle verwoes alles .So hoe gouer die D A ontslae raak van hom hoe beter vir die D A

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.