DA nooi Cele na vuurwapenberaad

Bheki Cele, minister van polisie (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die DA het Bheki Cele, minister van polisie, genooi om as ’n spreker op te tree by sy vuurwapenberaad wat volgende week gehou word.

“Die DA is van mening dat dit belangrik is dat die minister aan hierdie geleentheid deelneem om hom die geleentheid te bied om die regering se standpunt oor die omstrede wysigingswetsontwerp oor vuurwapenbeheer te verduidelik,” het Andrew Whitfield, DA-LP en die party se woordvoerder oor polisie, gesê.

Die vuurwapenberaad sal Dinsdag plaasvind en volgens die DA sal burgerlike organisasies, akademici, verskillende belangegroepe en lede van die publiek deel van die aanlyn geleentheid wees.

“Die beraad sal die geleentheid bied om die wetgewing volledig uit te pak, te verstaan en te bespreek. Ons vertrou dat die minister politiek opsy sal skuif en ons uitnodiging sal aanvaar.”

Volgens Whitfield is die DA sterk gekant teen die “drakoniese” wysigingswetsontwerp en het 73 000 Suid-Afrikaners ook reeds hul teenkanting daarvoor gewys deur ’n DA-petisie te onderteken.

“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is in ’n toestand van wanorde en versuim klaaglik om misdaad in hierdie land te beveg. Dit is net verbysterend dat enige regering met ’n wetsontwerp vorendag sal kom wat wetsgehoorsame burgers aan die genade van misdadigers oorlaat.” Die DA se vuurwapenberaad sal om 10:00 Dinsdag regstreeks op die party se sosialemediakanale uitgesaai word.

Ian Cameron.

Ian Cameron, stigter van firearms.co.za en woordvoerder van Safe Citizen, het die DA se beraad verwelkom. “Die beraad is heeltemal nodig vir die meerderheid van wetsgehoorsame burgers om ’n stem te kry in hierdie saak van groot kommer.”

Oor kritiek teen Whitfield omdat hy as lid van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie só ʼn beraad reël, het Cameron gesê dít moet die DA nie verhinder om aan regmatige belanghebbendes en die breë publiek die belangrike geleentheid te bied om gehoor te word nie.

Volgens Cameron word belangrike belanghebbendes in die vuurwapendebat al jare lank uitgesluit van sinvolle konsultasie, terwyl diegene wat gekant is teen privaat vuurwapenbesit voorkeur geniet.

“Wetsgehoorsame burgers het die geleentheid om te verenig in hierdie baie belangrike stryd vir hul grondwetlike regte wat veiligheid en sekuriteit betref. Die voorgestelde wysigingswetsontwerp, wat in die openbaar deur Cele geborg word, het die potensiaal om die brose veiligheid van wetsgehoorsame burgers te ondermyn in ’n land wat deur die minister self as ’n oorlogsone beskryf is.”

Tina Joemat-Peterson. (Foto: SAPA)

Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, het vroeër haar kommer uitgespreek oor die DA se beplande vuurwapenberaad.

“Die komitee is bekommerd dat Whitfield gekies het om die kwessie van vuurwapens te politiseer wanneer alle lede van die komitee saamwerk sonder om sake wat ons raak, te politiseer.”

Volgens Joemat-Pettersson sal die DA se vuurwapenberaad ʼn aantal mense en belanghebbendes uitsluit, onder wie lede van die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie wat tans met die kwessie getaak is.

“Ons het die kwessie van ʼn beraad deurgaans geopper tydens die portefeuljekomiteevergaderings waarvan Whitfield deel was.” Joemat-Pettersson het gesê daar is tydens ’n vergadering op 22 April, wat Whitfield nie bygewoon het nie, ooreengekom dat ’n beraad gehou moet word.

“Whitfield het egter voortgegaan met die DA se beraad sonder om navraag te doen oor die beraad wat deur die komitee beloof is. Hy mislei die publiek oor die aangeleentheid.” Volgens Joemat-Pettersson sal die komitee se vuurwapenberaad in Julie plaasvind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Hennie ·

Die DA het high hopes! Die ou piesanghoed sal net ‘n klomp stats voor gooi wat hy uit sy vrot duim gesuig het!

melaney ·

Indien cele ‘n paar minute het in sy besige lewe om aan die DA af te staan……maar ek glo nie. Hy drentel op die strand rond op soek na ‘n swemmer.

Louwrens ·

Die wetgewing van hoed is belaglik. Hy homself kan nie sonder gewapende lyfwagte rondgaan nie want hy is bang vir sy eie mense. Hy het geen cooking clue van wat ons as publiek moet deurmaak nie. Ek het al met heelwat anderskleuriges gepraat en selfs hulle se die hoed tas daai man se brein sleg aan.
Ek sê doen weg met hom, hy gaan nog baie mense onnodig laat seerkry ….

Persheks Adri ·

Presies Louwrens! Hy moet sonder sy wagte loop en kyk of hy veilig voel in die misdaad hool. Hy sal nie 1 dag oorleef nie. Hy’t werklik nie ‘n idee hoe onveilig ons is nie! Hel hy wil ons kriminele maak

Nie Verbaas ·

“Die komitee is bekommerd dat Whitfield gekies het om die kwessie van vuurwapens te politiseer wanneer alle lede van die komitee saamwerk sonder om sake wat ons raak, te politiseer.” Die ANC het alreeds die kwessie van vuurwapens verpolitiseer. Waarvoor wil hulle wetsgehoorsame burgers se wapens om hulself teen kriminele mee te verdedig wegneem?

daniel ·

Al wat hierdie wetgewing gaan regkry is om wettige wapeneienaars te swing om onwettige wapens aan te skaf.

Willem ·

Ek sal graag wil weet PRESIES WAT DOEN daai nuttelose hoedjie nar om kriminele van die strate af te kry, en PRESIES WAT DOEN hy om onwettige wapens uit die hande van kriminele te rky. Dan kan hy sy bek rek.

Persheks Adri ·

Willem, hoed doen NIKS omtrent dit nie ek dink al hulle verkies dit dat ons blankes geslag word… Pateties verby hoor

Hendrik Marthinus ·

Hy werk vir die regerende party nie die DA nie.
Dus nie Sy werk nie, as ek hy is se ek betaal my as ek n spreker moet wees vir n vergadering wat deur die DA gereel word, O ja en eks Baie duur.

Hennie J ·

Hy doen in elk geval niks konstruktiefs nie en kry n vet pay. Dan natuurlik is daar ook die onbekende ‘byvoordele’!

George ·

Die vrou is, sekerlik een van die mees onbevoegde in die regering. Pleks sy eerder verduidelik presies wat gebeur het en wie watse finansiële korrupte voordeel getrek het tydens haar verkoop van ons oliereserwes teen belaglike lae pryse? Aan wie is dit verkoop en hoekom? En dalk kan sy sommer verduidelik wat die huidige regering se beheptheid met die ontwapening van wetsgehoorsame burger is en wat dit dryf? Dis natuurlik as sy ooit in staat is, om die waarheid te praat oor, enige iets. Ek twyfel.

Nicholaas ·

Hy sal nie gaan dit nie belangrik vir hom, hy gaan eerder met sy hele mag om n enke branderplank ryer te arresteer.

Jr ·

Hey patterson go fly a kite. Wie’s jy wanneer jy niemand is.

Kobus ·

Ag aarde Liewe DA. Wat wil julle nou eintlik bereik? Julle maak dit nie as oposissie nie,nou wil julle met Cele vergader? Die besluit is klaar gemaak, en die die agbare Joemat-Peterson straal van onkunde

jzjz05 ·

Ek is nie n lid van die DA nie maar wil hul bedank dat hul iets daadwerklik aan die saak probeer doen,die saak raak ons almal.

Pieter ·

Hoe wil die DA met iemand praat wat nie eers graad een klaar gemaak het nie. Daaris net een woord vir jou en jou ANC loop VOETSEK.

Walter ·

I have not read this article, but the DA is run by puppets, thinking the man in the street is a fool.

Persheks Adri ·

Hoed jy krap ne! Jy gaan ons NIE ontwapen NIE! Julle is lekker bang vir ons wat wel wapens het en weet ons gaan baklei vir ons regte! Gaan speel buite êrens en druk jou wet tsek man

Boon ·

DA het volste reg om die drakoniese voorneme in die open bar te gesprek. Sie ANC weet nie wat denokratiese deelname en deursigtigheid beteken nie. Hulle dwing hulle maal ides net op burgers af. Verwerp hulle by stem bus.

gatgogga ·

Mooi so, en dankie, DA.
Onthou net een ding – niks verkeerd om Cele aan te vat nie, maar Cyril sit agter alles. Hy is in beheer. Hy is egter die soort lafaard wat altyd agter ander wegkruip om sy vuilwerk vir hom te verdedig. Hy is kamtig nooit by enigiets betrokke nie – net soos hy as visie president nie van staatskaping geweet het nie, of selfs op daardie soustrein was nie.

Mariana ·

Hierdie wetsontwerp is reeds bespreek en besluite is geneem. Die ANC wil ons ontwapen en niks en niemand gaan dit keer nie. Ons is uitgelewer aan hulle en hul kriminele wat mos nou voorkeur geniet. Die ding sal deurgevoer word, nes al die ander dom besluite wat ons in hierdie land al moes aanskou en elke dag aan geonderwerp word.

Alleen Wolf ·

So, jy het klaar oorgegee, die geveg is nog lank nie verby nie.

SjN ·

Hoedeman en Jou ma Peterson kompeteer oor die onbevoegde trofee.

Ian ·

Ja die ontwapening gaan nog n tamelekie raak. Dis ondeurdag en is moedswillg aangepak met n haatlike plan gedryf deur iemand wat skaars behoorlik praat en dan wanneer hy praat 80% van die tyd lieg. Nou vir die mense is dit niks om openlik te lieg nie want hulle lieg straight faced onder eed ook omdat hulle ontasbaar is.

Willem ·

Ek sal graag wil hê die hoedjie nar moet asseblief geverifieerde syfers ter tafel lê, en bewys lewer van die studies waarna hy gedurig bewys?
En vir Joemat, JOE MA….

Jack ·

JP se reputasie is juis nie te wonderlik nie so haar beraad sou plaasvind nadat die wetgewing deur R onderteken is.

Stefaan ·

Hulle moet hulle maak maak sodat die Burgers kan maak wat ons gaan maak

Nico ·

Hierdie vrou Joemat-Petterrson is dieselfde minister wat die voorraad olie teen ‘n weggee prys verkoop het, nou wil sy hier ook kom vinger in die pie steek. Sy moet ook eers kyk na die hoeveelheid onwettige vuurwapens in SA is, sy het ook haar lyfwagte wat die belasting betaler moet betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.