DA ondersoek beweerde skenking aan Dlamini-Zuma

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: ANA/David Ritchie

Die DA het onderneem om alles in sy vermoë te doen om agter die kap van die byl te kom van bewerings dat R55 miljoen van Bloemfontein se belastingbetalersgeld aan dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se veldtog om in 2017 leier van die ANC te word, geskenk is.

Alle bewerings dat belastingbetalersgeld vir die interne partyveldtog aangewend is, word tans deur die betrokke ANC-hooggeplaastes ontken.

Hardus Viviers, die DA se leier in die Mangaung-metroraad in Bloemfontein, maak werk van die gedetailleerde bewerings wat op sosiale media die ronde doen dat ’n vergadering onder meer in die Bram Fischer-gebou in die Bloemfonteinse middestad gehou is om planne te beraam en geld in te samel vir Dlamini-Zuma se mislukte veldtog teen pres. Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa se eie veldtog het tot ’n verdoemende verslag deur die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, gelei wat bevind het korrupsie het plaasgevind en geldwassery kan nie uitgesluit word nie.

Die verslag is tans op hersiening voor die hooggeregshof, met Ramaphosa wat aanspreeklikheid vir alle moontlike ongerymdhede ontken.

In politieke kringe word die wenkbroue gelig dat Mkhwebane, wie se mandaat oor die ondersoek van misbruik van belastingbetalersgeld gaan, so vinnig was om bewerings van private donasies aan Ramaphosa te ondersoek en te publiseer, maar so traag is om bewerings van belastingbetalersgeld se kennelik onwettige wanaanwending ten gunste van die Zuma-kamp met dieselfde haas en erns onder die loep te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

colleen ·

Waar ‘n rokie trek, brand ‘n vuurtjie. Ek het nog nooit gesien dat een van die kaders toegesluit word nie. Dit sake sloer jare lank en daar kom niks van nie en so dok ons belasting betalers op vir die een na die ander.

James ·

Hierdie foto is een te veel vir my.
Dit lyk soos ‘n feetjie gone terribly wrong.

Sarel ·

Julle dkop teen die prikkels,dasr gaan niks van kom nie. Al hierdie kamtige ondersoeke moes jare terug gedoen gewees het. Hoekom nou, soos gewoonlik skrik almal wakker voor verkiesing. Politieke foeffies

Liendempers ·

Intussen lyk Bloemfontein soos n omgekeerde asblik! Die bosse groei skouerhoogte op die sypaadjies, die grond en stof wat in die paaie ophoop word soos n motorfiets ge-“ramp” as jy bo-oor dit ry per ongeluk. Die papiersakke pryk soos die nasionale blom teen draadheinings soos jy die stad binnery. Sies man! Dis n skande! En intussen eet die dikkes in die munisipaliteit hulle net nog dikker aan R800 per kop se ontbytte! Wat de hel eet mens vir R800 op n ontbyt in Bloem?? Die besighede maak toe omdat die munispaliteit nie hulle rekenings vir dienste gelewer betaal nie, die water word toegemaak want hulle betaal nie, maar dan GEE hulle geld weg??? Wat de Hel mense??? O ja…..en hier is nie meer rose nie, want hulle het dit ook opgefoeter.

Kallie ·

En Moodys het Bloem se kredietgradering sommer drie vlakke laat daal tot diep in rommelstatus.

jean ·

@ Liendempers….”n ou weet die land is op sy knieëe…maar wragtig kan ‘n “mens” dinge so agteruit laat gaan?. Dis om van naar te word…. lees ek nou die dag “…order imposed on Africa by a neat and fastidious people…but finally savagery won”. Nouja, die “won” het hulle reeds gedoen met tragiese an hartseer gevolge aan die land.. Sterkte aan almal wat Bloem geken het….

Magda ·

Sy is n Zuma en OBis sekerlik ind ei zuma kamp – dit se alles – nog altyd gewonder oor haar betrokkenheid en vinnige oordeel oor almal behalwe enige een wat betrokke is of was by die zuma regie. Sy moet WAAI en vinnig ook – DA ek hoop julle kry daai R55miljoen terug en gooi die zuma ding ook in die tronk of stop haar in haar vrot voetsole bitter vinnig.

Tarzan ·

Dit wil voorkom asof daardie verkiesing eerder bepaal word deur hoeveel fondse die kandidate ontvang van die stokvel. Die wenner het met R1bn ingestap om te verderl onder die armes.
Hoe in jou lewe spandeer jy soveel asn ‘n veldtog?
En die skenkers het niks skenkings belasting verklaar. Privaat of te not.
Dis weereens afrika. Niks gaan gebeur. Jaaaare en jaaaare se ondersoek indien hulle dit wil ondersoek…. daar is nie wette vir hierdie goete nie

Emma ·

Liewe genade maar dit gaan jollie in s.a. Ek dink nie die mense besef die geld is besig om op te raak nie, ons jan alle man krimpeer ma hoe sal hulle nou dit weet gee nie om nie solank hulle soos konings leef.

Johan Maritz ·

Ons moet nou begin om dit die korrekte naam te gee dit is nie verkiesings maar omkoop geld. Hulle sal niks doen as jy hulle nie betaal nie. Indien jy hulle stem wil he moet daarvoor betaal word.Dit is net ongelooflik hoe korrup die spul is en die ergste is hulle dink dit moet so wees.

Jef ·

Dit sou mooi wees as al die miljarde rande by die anc terug gevorder kon word en alle korruptes uit SA verban word en ons n regering kan he wat daar is vir alle mense in die land.
Al die geld aanwend vir die wederopbou van SA, werkgeleenthede te skep met bevoegde mense aan die stuur.
Ja ek weet ek droom want dit sal nie gebeur nie dus sal ek maar verder droom.

HPV ·

Sou die DA Mangaung die bewyse kry, wat gaan hulle daaraan doen? Niks, soos al die jare waar die stad, in hul teenwoordigheid, in bankrotskap bestuur is.

wilma ·

Ons woon in Afrika. Alles gan ten gronde want die heersers dink hul is aan bewind net om genoeg geld vi hulself bymekaar te maak. Ek stel my tevrede en weet en weet hul sal tot verantwoording geroep word na hul dae op aarde. nix maar nix floreer meer nie en die massas te onnosel. hul sien net “Allpay”

John ·

Die 4 miljard wat mis-sing is, is iewers heen. Dis bewys. Wat nou ook bewys word, is dat niks verander het sedert Zuma se heerskappy nie. Wat uiters sad is, is dat Afrika-leiers skynbaar hul kiesers moet omkoop om bo uit te kom: Hoeveel sal jy my betaal vir my stem? Dit laat mens wonder of witmense in Afrika weer skynbaar betaal moet word om boedel oor te gee en hul volk oor te lewer.

Pieter ·

In die 1990/1994 oorgawe het heelwat geld gevloei na baie bekende Afrikaanse politiese elite. Dit het gewetes ook doodstil gesalf en niks het het gekom van die wigte en teenwigte nie.

Johan Maritz ·

Jef as dit kan gebeur dan sal die buiteland by ons geld leen. As hulle net wil erken en aanvaar hulle kan nie en dit is tans n mislukking dan sal alles weer na normaal terugkeer maar die is ook maar net n droom . Die wat nog “army” opleiding ontvang het onthou julle koparaal ek kan nie meer nie

Slagyster ·

Al wat hulle gaan doen is om vas te stel of die DA die inligting wettig verkry het of onwettig. Dit gaan bepaal of die bewerings ondersoek gaan word of nie, as daar deur die
DA op ‘n onwettig manier inligting verkry is, wat die “files” deur die hof gegrendel.(gesluit) word

Slagyster ·

Al wat hulle gaan doen is om vas te stel of die DA die inligting wettig verkry het of onwettig. Dit gaan bepaal of die bewerings ondersoek gaan word of nie, as daar deur die
DA op ‘n onwettig manier inligting verkry is, word die “files” deur die hof gegrendel.(gesluit)

Michael P ·

Hierdie mense moet geleer word wat die waarde van geld is. N mens werk vir geld. Die ANC en kaders dikk geld groei aan bome.Hulle praat asof n miljard kleingeld is.

aj ·

Die 260 ANC afgevaardigdes wat die nuwe president kies vra geld vir hulle stem!

As elke afgevaardigde R1 milj. kry dan kos dit slegs R260 miljoen om die PREZ te word.

Maar uit al die geld wat bestee is op die presidensiële ‘campaigns’ vir die prez se verkiesing raai ek dat elke afgevaardigde R10 miljoen rand ontvang het.

DEMOKRASIE se voet …. ! KLEPTOKRASIE ….(regering deur diewe) … dis wat SA se STRUGGLE opgelewer het.

‘Die berg het ‘n muis gebaar!’ (Groot lawaai maar niks (baie min) opgelewer nie!)

HENDRIKUS ·

waneer kry ons van belasting geld rug wat hulle by ons gevat het

Skoolgeld ·

Hulle praat van Miljoene Rande elke dag vir die laaste paar maande! SA moet darem ñ baie ryk land wees!

nabetragting ·

As hierdie bewerings waar bewys word, word die klagstaat teen die ANC net langer en langer en langer. Maar helaas al is daar bewyse van alles wat hulle reeds in Randterme verduister en gemors het is daar geen regsbank in Suid-Afrika wat ‘n hofsaak ten gunste van die belastingbetaler sal kan maak of uitspreek nie. ‘n Demokratiese bestel werk nie so nie, net die stembus sal hulle kan verwyder. Sal ons ooit die koppe van die meerderheid mense in hierdie land kan swaai voordat dit werklik te laat is? As ons moet wag vir die volgende verkiesing, is daar baie minder van Suid-Afrika oor as nou. Om wettig te mobiliseer met motiewe wat nie Suid-Afrika totaal sal vernietig nie het ons wit en swartmense nodig en dit is die enigste beskaafde manier om hierdie vermorsing te verminder en as ons gelukkig is, te stuit. Ons almal moet begin dink aan die regte ding om te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.