DA ondersoek hantering van Elana Barkhuizen-rasseherrie

Elana Barkhuizen. Foto: Verskaf

Die federale raad van die Demokratiese Alliansie (DA) het die afgelope naweek besluit om ondersoek in te stel na die party se jeugleier, Luyolo Mphithi, se hantering van die Schweizer-Reneke-voorval in Noordwes in Januarie vanjaar.

Volgens die DA se nasionale woordvoerder, Solly Malatsi, het die federale raad dié besluit geneem in reaksie op die aanbevelings van die verslag van ’n hersieningspaneel wat die voorval ondersoek het.

Maroela Media het in Januarie berig dat Elana Barkhuizen, ʼn gr. R-onderwyseres aan Laerskool Schweizer-Reneke, weens ʼn beweerde rassistiese voorval geskors is. Die voorval het tot rassespanning op die dorp gelei. Die Johannesburgse arbeidshof het egter Barkhuizen se skorsing ter syde gestel en regter Connie Prinsloo het beslis dat haar skorsing onwettig was.

Mphithi het kort ná die voorval die Schweizer-Reneke-rasseherrie wyd veroordeel en het dié voorval soos volg beskryf: “Dit is skandelik dat ’n klaskamer in 2019 volgens ras geskei kan word.  Dit dien slegs om jong kinders vanaf dag een te leer om mekaar anders en afsonderlik te sien. Dit is gewetenloos.”

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se regsdienste, sê Solidariteit het reeds op 15 Januarie vanjaar die DA versoek om Mphithi se hantering van dié voorval te ondersoek. Hulle het ook versoek dat sanksies teen hom toegepas moes word.

“Ons is bly die DA het uiteindelik besluit om verdere ondersoek in te stel. Mphithi het ’n groot aandeel gehad in die rassespanning wat op die Schweizer-Reneke-debakel gevolg het en hy sal daarvoor verantwoording moet doen,” sê Van der Bijl.

Van der Bijl meen dit kan ’n les wees vir ander individue wat die onlangse Southdowns College-voorval vir goedkoop politieke punte wil gebruik. Anita Malan, ʼn geskiedenisonderwyseres aan Southdowns College, is geskors nadat sy ʼn opmerking oor apartheid op ʼn leerder as antwoordstel gemaak het. “Solidariteit tree nou namens ons lid Anita Malan op. Net soos in die geval van Elana Barkhuizen, sal ons daarop wys dat die konteks van ʼn situasie in ag geneem moet word alvorens dit as rassisme uitgemaak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Martie ·

Sjoe DA uiteindelik….siestog agteros kom ook in die kraal ne.

Grietjie ·

Ja kyk…. nou kan ek nie help om te wonder nie gasn dit ook ‘n hele paar maande vat om te besin daaroor?

Abe ·

Marthie,
Baie goeie nuus. Goed dat iemand me. Barkhuisen se hantering ondersoek. Hoekom het Vryheidsfront + nog nie die saak oordentlik ondersoek nie?

Werner ·

Hulle kruip nou net om die blanke se stem weer terug te kry jy kan hulle nie meer vertrou nie

Charles ·

Jip, sonder enige twyfel. My taal is klaar afgetakel en verlore, so dis nou bietjie laat om te begin kruip! Dit moes hulle 10 tien jaar terug reeds gedoen het.

Jannie van Niekerk ·

Dis nou TIEN maande na die voorval en die DA stel NOU eers onderdoek in?! Hulle het seker hulle alies afgeskrik toe hulle sien hoeveel steun hulle verloor het as gevolg van die jonge heer Mphithi, spesifiek in Schweizer Reneke. Die DA is in elke geval die ANC se tweede span soos wat die EFF hulle Baba span is.

Frikkie ·

Ja ek stem , dit is waar wat jy se, is die selfde as anc, Moet se die VF moet wakker word,

sioux ·

Nou n bietjie laat. Het julle agter gekom julle verloor teveel steun???

JOHNIE ·

Mens bly maar ‘n produk van sy omgewing. Arm van gees sal met ons wees tot in lengte van dae

Outoppie ·

DA kan maar nou probeer. Daai jeugleier het klaar sy skade gedoen en nog tot nou toe nie verskoning gevra nie. Kry vir julle

schaun ·

Nou hardloop hulle rond om stemme te werf die hele sa behalwe die klomp wat vir julle stem weet teen die tyd waar julle lojaliteit en prioriteite lê en dit is definitief by my die huidige benaadeelde burgers nie.

JamesTwee ·

Lyk my Mevrou Zille is terug, en reg om die sweep te kom klap! Op sigwaarde, sou ‘n mens opgewonde kon raak hieroor, en die DA “nog ‘n kans gee.”

Jy sien, wat gebeur het is die volgende: Die DA het GROOT skrik gevang oor sy verliese – wat korreleer met die VF se winste – en NOU moet daar teruggekrabbel word.

Te laat. Onthou – ALTYD: Helen Zille, volgens haar eie erkenning, het Umkhonto We Sizwe operateurs – met ander woorde gewapende terroriste – in haar huis versteek terwyl die Polisie na hulle gesoek het. Die mense wat die kleefmyne in die restaurante, en die landmyne op die plaaspaaie geplant het – Helen Zille het hulle in haar huis weggesteek.

Sy’s maar net daar om te probeer om “wit” steun terug te rokkel van die VF af. Dis al.

Cherokee ·

Jy wys iets uiters belangrik uit. Desnieteenstaande het sy steeds verraderlike Afrikaanssprekende ondersteuners.

Jan ·

Nee dankie DA (Progresiewe Party). Sal nie weer so ‘n fout maak om julle te ondersteun nie.

Ongelukkig. ·

Ongelukkig te laat,DA. My stem sal julle nie weer kry nie

Jack Sadie ·

Too little, too late. Sedert die nuwe bedeling het ons samelewing verval in ‘n ” môre is nog ‘n dag” modus. Daarom ondersteun ek, wat in die sestigerjare ‘n aktiewe liberaal was, die laaste twee verkiesings die VF+. Hulle het nie slaapsiekte nie. Maar dan, wat weet oumense tog……

Johan ·

Die DA kan maak net wat hulle wil, ek sê julle nou, hulle voel n veer vir ons, reg en regverdigheid. Mag is hulle god, net soos die ANC, en hulle sal gewetenloos optree om mag te kry. Vergeet van die DA, hulle staan met die een voet in die graf.

Gerrit ·

DA, jul het lankal bewys dat jul selektief is wie en wat jul wil aanspreek. Jul openlike vyandigheid teenoor Afrikaners het duidelik hier na vore getree. Ongelukkig nog te veel wat dink jul is opreg en die oplossing vir hierdie land.

TN ·

Nie net die oplossing vir die land nie maar die ENIGSTE oplossing vir die land __ polarisering gaan ons nêrens bring nie !

Pietman ·

Te laat. Julle beleid, beginsels en waardes is verhandelbare kommoditeite.

Gert van Wierdapark ·

Die DA se voete sleep en gesukkel in JHB met die Burgemeester se onderdagte besluit, gaan/kan maak dat ons as verbruikers/belastingbetalers weer oor-gelewer gaan word aan die a en see se manewales op plaaslike vlak!! Eish

Feite ·

n Lang pad van herstel le voor vir die DA. Helen Zille sal die herstel aansienlik versnel soos met die bedanking van Mashaba, wie oor haar terugkeer bedank het. Dit is nou nog net Maimane, die jeugleier en van Damme van wie korte mette gemaak moet word, dan sal die DA herstel, want wragtig die VF kan nie die antwoord vir die meerderheid Afrikaners wees nie. Hoe laat die VF as n politieke party toe sy burgerregte frontorganisasie daaraan aandadig is dat jou grootste erfenis, nl. afrikaanse universiteite, verengels net sodat jy n sakeryk kan stig en geld maak uit die afrikaner met die stig van privaat universiteite as enigste heenkome vir afrikaans. Dit is blatante boereverneukery en bedrog! Die VF en sy frontorganisasies kan dus nie die belange en regte van die afrikaner langer verteenwoordig nie!

Pieter Groenewald ·

Ek reageer gewoonlik nie om mense se menings nie, maar u het beslis die kat aan die stert. Die VF Plus veg nog al die jare vir Afrikaans en teen verengelsing v ons universiteite. Onder Helen Zille as premier het sy die vertaling vd Hansard in die WK parlement in Afrikaans afgeskaf. As jy dink sy gaan Afrikaans red mislei jy jouself. Sy skaf dit af!

Gerhard Kotze ·

Dankie Dr. Groenewald.

Dit is nog meer tragies oor HANSARD.

GRIET ·

WONDERLIK!!! Eerder laat as nooit! Uhhmmm…VAT HULLE VAS helen!!

HPV ·

Die DA moet maar lekker voort kruip om stemme terug te wen, ongelukkig te laat. Ons weet nou waar ons met julle (DA) staan.

BlinkStephaans ·

Dis goed en wel en oulik om nou te wil ondersoek instel… maar dis bietjie laat ouens… julle het n klomp mense se respek verloor met jul uit die water staan houding. Julle bring jul agteruitgang oor julself. As daar nou een ding is wat die Afrkaner nie duld nie is dit om deur die ore gewerk te word en ek weet nie eens of tannie helen julle met die een gaan kan help. Sterkte… maar ek is bevrees dis te laat.

Te realisties ·

Sjoe die DA is nou in politieke niemandsland. Hulle het almal kwaad gemaak. So sterkte met 2021

Bloues ·

Ek myself en ek glo baie ander DA ondersteuners het na daardie episode my rug op die DA gedraai. Hulle kan doen en sê wat hulle wil, huk ware kleure is gewys. Nooit weer sal ek DA ondersteun nie.

Liz ·

Nee wat DA het my stem finaal verloor, hulle staan nie verniet bekend as ANC Lite nie. As Helen oor geskuif het na VF sou ek miskien weer na haar luister, maar vir DA, talk to the hand because the ears ain’t listening.

Johann cb ·

Net soos wat sy geskors is, kan Mnr Mphiti gerus afgedank word vir sy negatiewe bydra!

Adam ·

Heeltemal te laat. Die gras groei lankal oor die ou koei in die sloot en die DA kan nie die skade ongedaan maak nie,ongeag of Zille weer deel van die span is. Beide die DA, VF+, ACDP en wie ook al anders beweer, beteken weinig vir blanke kiesers.

HEVW ·

TN het die Barkhuizen – geval dan niks met polarisering te make nie??????????????

Tante ·

Te laat Helen skade is nie net met Elana alleen aangedoen teen ons nie. Die DA het baie klappe in ons Afikaner blanke en bruin gesigte uitgedeel ons het weggedraai van julle terug waar ons hoort waar daar omgegee word vir ons nee dankie DA, FF+ hier kom ons…….

Trots RSA ·

Jammer DA – dit is hopeloos te laat, ek het julle klaar ge – Spur in die laaste verkiesing

Alta ·

Julle klomp draadsitters.DA het nie julle steun nodig. Kry vir julle.Bly asb by VF. Hulle sal nooit regeer nie…

Gerhard Kotze ·

Stem nie saam nie Alta. Van wanneer af is mense wat vir hulle volk stem, draadsitters?

Cherokee ·

Sy weet nie eens wat ‘n draadsitter is nie.
Onkunde is nie oorgeërf nie. Dit is eie skuld.

Swart Piet ·

Ek is van mening dat indien die DA vir Mphithi gefire het oor sy optreede oor hierdie saak voor die algemene verkiesing vroeer vanjaar, dan sou hulle stemme verseker nie so swak gewees het nie.

Christa ·

Jy Kon hulle inelk geval van die begin af nie vertrou het nie. VF+ het beter vooruitsigte vir my ou Nasie.

Sonja ·

Die DA neig na ANC en EFF. Sal nooit ooit vir hulle stem nie. Kyk na die Phumzile geval by Waterfront – wat laat julle dink hulle is vir die Afrikaners? Nee dankie Auntie Helen kan maar gaan aftree, die DA se dae is getel. Rassisties en dink die son skyn uit hulle uit

Gerhard Kotze ·

Goeie punt Sonja

Die DA gebruik net die Afrikaner as stemvee

Marius ·

Aag shame DA. Too little too late. Julle soek seker nou julle stemme terug. TE LAAT!

Kobus ·

Alta = so wanneer jy ‘n persoon wat onskuldig is verdedig is jy nou ‘n ” draadsitter” mooi man.

Roekeloos ·

Dis mosterd na die maal,
dis te laat ou maat.
Die koëel is deur die kerk.
Jy ken ñ kat aan sy snor.

Dankbaar ·

As ek die kommentaar hierbo lees neem ek aan almal woon nie in n DA regerende party Munisipaliteit nie. Ek woon in een en sal dit vir geen ander Party verruil nie. Ons sit ook met probleme maar nie naastenby soos in ander plekke nie. Almal wat hierheen kom vertel hoe dankbaar ons moet wees. Maar die DA word altyd uitgekryt vir als wat sleg is. Ek word ook vies oor sekere uitlatings wat die DA doen maar waardeer die DA wat my dorp beheer. Die DA was ook 25 jaar gelede waar die VF+ nou is en kyk hoe het dinge verander. So moenie die VF+ op n kroontjie plaas nie.

Attie. ·

Die Joodse tannie van Black Sash is terug en wil die Afrikaanse stemme terugwen. Tannie, jy kan op jou kop staan maar ons stem nie vir jou nie.

Berna ·

Ek stem saammet “Dankbaar” bly in weskus wat deur DA regeer word en ons het niks om oor te kla teen Gauteng en noord wes nie, een ding wat ons afrikaans sprekende mense nie regkry is om almal saam te staan en verby al die kleiner dinge te kyk net om in beheer te kan kom en dan kan mens sodra die regering nie so korrup is en dinge eintlik werk begin met opdeel in kleiner partye…..Ek stem eerdee v DA en kom erens as om stem te mors op kleiner partye. Ons hospitale , skole, paaie als is goed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.